Effectiveness of user-curated filtering as coping strategy for information overload on microblogging services

Date
2014-04
Authors
De la Rouviere, Simon
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: We are living in an increasingly global and connected society with information creation increasing at exponential rates. The research sets out to help solve the problem of mitigating the effects of information overload in order to increase the novelty of our interactions in the digital age. Online social-networks and microblogging services allow people across the world to take part in a public conversation. These tools have inherent constraints on how much communication can feasibly occur. Become too connected and a user will receive too much information to reasonably process. On Twitter (a microblogging service), lists are a tool for users to create separate feeds. The research determines whether lists are an effective tool for coping with information overload (abundance of updates). Using models of sustainable online discourse and information overload on computer-mediated communication tools, the research found that lists are an effective tool to cope with information overload on microblogging services. Quantitatively, individuals who make use of lists follow more users and when they start using lists they increase the amount of information resources (following other users) at a greater rate than those who do not use lists. Qualitatively, the research also provides insight into the reasons why people use lists. The research adds new academic relevance to ‘information overload’ and ‘online sustainability’ models previously not used in the context of feed-based online CMC tools, and deepens the understanding and importance of usercurated filtering as a way to reap the benefits from the increasing abundance of information in the digital age.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Ons leef in ’n toenemend globale en gekonnekteerde samelewing waarin inligtingskepping toeneem teen ’n eksponensiële koers. Hierdie navorsing het ten doel om die newe-effekte van die oorvloed van inligting te verlig sodat daar meer waarde uit ons interaksies in die digitale era kan geput kan word. Aanlyn sosiale-netwerke en mikroblog-dienste laat mense wêreldwyd toe om deel te neem in ’n openbare gesprek. Hierdie aanlyn gereedskap het egter inherente beperkinge op hoeveel kommunikasie prakties moontlik is. Wanneer gebruikers té gekonnekteer raak, word daar te veel ingligting ontvang om redelikerwys verwerk te kan word. Op Twitter (’n mikroblog-diens) is lyste ’n hulpmiddel waarmee gebruikers afsonderlike strome van inligting kan skep. Deur die gebruik van modelle van ‘volhoubare aanlyn diskoers’ en ‘inligtingoorlading’, bewys hierdie navorsing dat lyste ’n doeltreffende hulpmiddel is om die oorvloed van inligting te verlig op mikroblog-dienste. Kwantitatief volg gebruikers wat lyste gebruik meer gebruikers vergeleke met die wat nie lyste gebruik nie. Wanner hul lyste begin gebruik, volg hulle gebruikers teen ’n hoër koers as dié wat nie lyste gebruik nie. Kwalitatief bied die navorsing ook insig oor die redes vir die gebruik van lyste. Die navorsing onderstreep die akademiese relevansie van ‘inligtingoorlading’ en ‘aanlyn volhoubaarheid’ modelle wat nie voorheen gebruik is in die konteks van stroom-gebaseerde aanlyn gereedskap nie, en verdiep die begrip en belangrikheid van gebruiker-saamgestelde filtrering as ’n manier om die voordele te trek uit die toenemende oorvloed van inligting in die digitale era.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
Information overload, Microblogging, Online social networks, Information filtering, UCTD, Dissertations -- Information science, Theses -- Information science
Citation