Revisiting the use of art, imagery and symbolism in the Presbyterian Liturgical tradition in Korea : a practical-theological research

Lee, Keonsoo (2013-12)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Aesthetics has a theological calling: The beauty (or ugliness) in the world and art incites us to long for the divine eternal beauty. The earthly beauty is revelatory and analogous to the beauty of God. Imagination, i.e. making an image, whether mental or physical, is an inherent faculty of human beings who were created in the image of God. It is an insuppressible human activity. Besides, the search for meaning, which is a universal human quest for the purpose in life, is a concern common in both religion and art. Aesthetics (art and beauty) thereby should be a theological locus, a graceful partner of theological dialogue. But how much are aesthetic dimensions incorporated in the Korean Presbyterian theological/liturgical context? Visual art, imagery and symbolism are considered marginal or even dangerous in the Korean Presbyterian churches while preaching is given a dominant position in their worship services. As a result, they are losing sight of the essential implications that aesthetic, embodied experiences of art, imagery and symbolism have for liturgical richness. Art, imagery and symbolism are fundamental components in Christian life and worship as demonstrated with numerous evidences throughout the Christian history. They are never discordant with the tradition of the Word, but rather, have critical importance to theology for five reasons – the human as embodied being, a manifestation of imago Dei, the integrative characteristic of our thinking and perceiving, the Bible as book of images, and the contemporary culture of images. Against this backdrop, aesthetic expressions of art, imagery and symbolism are claimed to have five features significant to Christian worship: The revelatory power of the beauty in nature or works of art displays something of God; aesthetic expressions of art, imagery and symbolism speak to the human totality as an intelligent-affective-sensate-corporeal being; people necessarily become participants in the performative nature of art and its claim of truth; the beauty, truth and goodness manifested in works of art may be a reminder of our responsibility to work for the transformation of the world; an artwork can serve an eloquent mode of hoping for the present absent reality of the Kingdom of God. In terms of these qualities, an implication that aesthetic experiences in worship have the power to reframe, taking us to the encounter with the divine beauty, goodness and truth, is drawn, and a fusion of the verbal and non-verbal is claimed conclusively.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Estetika het 'n teologiese roeping: Die skoonheid (of lelikheid) in die wêreld en kuns moedig ons aan om na die goddelike ewige skoonheid te verlang. Die aardse skoonheid is openbarend en ooreenkomstig tot die skoonheid van God. Verbeelding, dit wil sê die maak van 'n beeld, óf dit geestelik of fisies is, is 'n inherente fakulteit van die mens wat in die beeld van God geskape is. Dit is 'n menslike aktiwiteit wat nie onderdruk kan word nie. Buitendien, die soeke na betekenis, wat 'n universele menslike soektog na die doel van die lewe is, is 'n belangstelling wat algemeen in godsdiens en kuns voorkom. Estetika (kuns en skoonheid) moet daarmee 'n teologiese lokus wees, 'n bekoorlike vennoot in die teologiese dialoog. Hoeveel van estetiese dimensies word egter in die Koreaanse Presbiteriaanse teologiese / liturgiese konteks opgeneem? Visuele kuns, beelde en simboliek word as marginaal of selfs gevaarlik in die Koreaanse Presbiteriaanse kerke beskou, terwyl prediking 'n dominante posisie in hul eredienste beklee. Die gevolg is dat die belangrikste implikasies wat die estetiese, beliggaamde ervarings wat kuns, beelde en simboliek vir liturgiese rykdom inhou, uit die oog verloor word. Kuns, beelde en simboliek is fundamentele komponente van die Christelike lewe en aanbidding soos verskeie getuienis in die Christelike geskiedenis demonstreer. Hulle is nooit teenstrydig met die tradisie van die Woord nie, maar dit is eerder van kardinale belang vir die teologie vir vyf redes – die mens as beliggaamde wese; 'n manifestasie van die Imago Dei; die geïntegreerde kenmerk van ons denke en waarneming; die Bybel as boek van beelde, en die huidige kontemporêre kultuur van beelde. Die estetiese uitdrukking van kuns, beelde en simboliek besit op hierdie gronde vyf eienskappe van belang vir die Christelike aanbidding naamlik: Die openbarende krag van skoonheid in die natuur of kunswerke wat iets van God vertoon; die estetiese uitdrukking van kuns, beelde en simboliek praat tot die menslike totaliteit as 'n intelligente-affektiewe-sintuiglik-waarnemende-liggaamlike wese; mense word noodsaaklike deelnemers in die performatiewe aard van kuns en sy eis van die waarheid; die skoonheid, waarheid en goedheid wat in kunswerke te sien is, kan vir ons tot 'n herinnering wees van ons verantwoordelikheid om vir die transformasie van die wêreld te werk; 'n kunswerk kan as 'n welsprekende beeld van hoop vir die hede dien in die afwesige werklikheid van die Koninkryk van God. Die implikasie van die mag om verandering te weeg te bring wat estetiese ervarings in aanbidding mag hê, word volgens hierdie eienskappe veronderstel. Dit neem ons na ʼn ontmoeting met die goddelike skoonheid, goedheid en waarheid en die samesmelting van die verbale en nieverbale word gevolglik opgeëis.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/85728
This item appears in the following collections: