Die assesseringspraktyke van laerskoopopvoeders in respons tot die verwagtinge van die nasionale kurrikulumverklaring
Date
2013-12
Authors
Truter, Linley Clive
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The political dispensation in South Africa after 1994 experienced a complete change in different spheres of life. Not only was the country greeted with a new democratic government system, but also with widespread educational reform, of which curriculum reform in schools was one of its main drivers. This study focuses on implementation dynamics related to the latest iteration of curriculum reform namely the National Curriculum Statement (NCS) that was introduced in all public schools in 2005. Educators were sent for in service training in order to implement the new curriculum in their classrooms. Continuous assessment (CASS) became the operative on everybody’s lips, though learners would be assessed according to continuous assessment activities. These assessment marks or codes, obtained by the learners, would determine progression to the next grade. This resulted in a new educator practice, namely an assessment practice. Their initial encounter was somehow problematic because they found it difficult in marrying this new practice with their teaching and learning practices due to various reasons. One of the main reasons was that the NCS was never part of their tertiary education.
The study’s main point of departure is that the assessment practices of primary school educators are diverse and divergent in response to the expectations of the NCS. The study uses the analytical lenses of forward and backward mapping as well as the ambiguity-conflict model in order to investigate and ascertain the underlying relationship between educator’s assessment practices and the assessment policy. The study belongs within the qualitative interpretative paradigm, as I attempt to form an understanding of the nature and range of their assessment practices. It emphasises the manifestation of the assessment practices of educators. Qualitative research instruments, which include individual interviews, were used to answer the research question and achieve the research objectives of the thesis.
The research shows how these educators experience, interpret and implement the assessment policy in unique ways. It indicates how they, in striving to adhere to the expectations of the NCS, respond by tackling their respective assessment practices in a diverse and divergent way and at times deviate from what is expected of them as set out in the NCS.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die politieke bestel in Suid-Afrika het na 1994 ‘n ommeswaai op vele terreine beleef. Die land was nie net begroet met ‘n nuwe demokratiese regeringstelsel nie, maar ook met grootskaalse onderwyshervorming, met spesifieke verwysing na kurrikulum- hervorming, wat een van die vernaamste dryfvere sou wees. Hierdie studie fokus op die implementeringsdinamieke van die Nasionale Kurrikulumverklarin (NKV) wat in 2005 ingefaseer was en wat eintlik ‘n heromskrywing of herhaling van bestaande kurrikulumhervorming is. Opvoeders was bekend gestel en van nuuts af opgelei om ‘n nuwe kurrikulum in hul klaskamers te implementeer. Deurlopende assessering (DASS) was die nuwe wagwoord op almal se lippe, want leerders sal voortaan aan die hand van deurlopende assesseringsaktiwiteite geassesseer word. Hierdie assesseringspunte of kodes sal bepaal of leerders na ‘n volgende graad vorder. Dit het ‘n nuwe opvoederpraktyk, naamlik ‘n assesseringspraktyk, genoop en opvoeders het dit problematies gevind om hierdie nuwe praktyk met die onderrig- en leerpraktyk te laat trou. Die hoofuitgangspunt is dat hierdie laerskoolopvoeders se assesseringspraktyke divers en uiteenlopend tot die verwagtinge van die NKV is. Die studie gebruik die analitiese lense van voorwaartse en terugwaartse kartering asook die dubbelsinnige konflikmodel ten einde ondersoek in te stel na die onderliggende verwantskap tussen opvoeders se assesseringspraktyke en die assesseringsbeleid. Die studie hoort tuis binne ‘n kwalitatief-interpretivistiese paradigma, aangesien ek ‘n verstaan rondom die aard en omvang van hul assesseringspraktyke probeer vorm en verstaan. Die klem val op hoe hierdie assesseringspraktyke sigself in die klaskamerpraktyke van opvoeders manifesteer. Kwalitatiewe navorsingsinstrumente, wat individuele onderhoude van laerskoolopvoeders insluit, is gebruik om die navorsingsvraag te beantwoord en die navorsingsdoelwitte van die tesis te bereik. Die navorsing toon hoe hierdie opvoeders die assesseringsbeleid op unieke maniere ervaar, beleef, interpreteer en gevolglik in hul klaskamers implementeer. Dit lewer verder bewys hoe elkeen, in hul strewe om aan die verwagtinge van die NKV te voldoen, hul assesseringspraktyke divers en uiteenlopend aanpak en tot volvoering probeer bring en by geleenthede daarvan afwyk.

Description
Thesis (MEd)-- Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Education (Primary) -- South Africa -- Evaluation, Competency-based education -- South Africa -- Evaluation, Theses -- Education, Dissertations -- Education, Theses -- Education policy studies, Dissertations -- Education policy studies