Health service utilization by patients with common mental disorder identified by the SRQ-20 in a primary care setting in Zomba, Malawi : a descriptive study

Udedi, Michael Mphatso MacDonald (2013-12)

Thesis (MPhil)-- Stellenbosch University, 2013.


ENGLISH ABSTRACT: Background: Health service utilization by people with mental health problems seem to be a large public health issue, especially in low-income countries. In Malawi, the situation is not different from other developing countries in Sub-Saharan Africa as far as access to services for people with mental health problems is concerned. Non specialized health care workers provide mental health services in the primary care settings in Malawi and, given the workload at primary health care (PHC) setting level, little time is available to screen for mental disorders, hence these may go unrecognized. Therefore, there is a possibility that a significant proportion of patients attending primary care in Malawi may have common mental disorders (CMD) and may be deprived of routine screening. Consequently, the possibility of misdiagnosis may lead to higher service utilization by people with common mental health problems. However, no study has been carried out to assess the health service utilization by people with common mental disorders in Malawi. Aim: The aim of the study was to evaluate health services utilization patterns of patients with CMDs in primary care clinics. Methods: This was a quantitative study employing a cross-sectional descriptive design. The study was conducted in two primary health care clinics in one of the 28 districts in Malawi. The study included all consecutive patients aged 18 years and older who attended the primary health care clinics for any reason. Face-to-face interviews using the Self-Reporting Questionnaires (SRQ-20) were conducted in a sample of 323 primary health care attendees. Findings: The prevalence of probable CMD was 20.1%. People with CMD had a higher average number of health facility visits in the previous three months compared to those without probable CMD thus 1.6 vs. 1.19 (p-value 0.02). There was no significant difference in the average number of traditional healer visits in the previous three months between those with probable CMD and those without thus 0.05 vs. 0.08 (p-value = 0.565). The total average number of both health facility and traditional healer visits was 1.68 vs. 1.24 (p-value 0. 019), people with probable CMD having a higher average compared to those without a probable CMD. It was found that people who have visited the health care facility repeatedly in the past 3 months were likely to be suffering from CMD. The odds of probable CMD increased with each visit to a health facility by 1.2 (p-value=0.024). Almost all those who had probable CMD had no treatment prescribed for CMD by PHC clinicians. Conclusion: The study reveals high utilization of health services for people with CMD, as well as a treatment gap of mental health care in primary care settings. PHC workers are misdiagnosing patients with CMDs leading to high utilization of PHC services. There is need for PHC workers to improve skills in diagnosing patients with CMD to make PHC services more effective by reducing re-attendances and improving patient outcomes. There is also need to direct effort towards creating awareness about mental health and encourage patient disclosure of psychological or mental health problems.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond: Dit blyk dat veral in lae-inkomste lande, die gebruik van gesondheidsdienste onder mense met geestesgesondheidsprobleme `n kwellende gesondheidskwessie te wees. Malawi, soos ander ontwikkelende lande in Sub-Sahara Afrika, ervaar die probleem van toegang tot gesondheidsdienste vir mense met geestesgesondheidsprobleme. In die primêre gesondheidsdienste in Malawi, word pasiënte met geestesgesondheidsprobleme behandel, deur algemene gesondheidswerkers wat nie gespesialiseerd is in geestesgsondheid. Verder veroorsaak die arbeidslas in primêre gesondheidsorg dat daar nie altyd tyd is om pasiënte voldoende vir geestesgversteurings te ondersoek nie. Dit is daarom moontlik dat `n merkwaardige aantal pasiënte wat gebruik maak van primêre gesondheidsorg in Malawi aan algemene geestesversteurings lei, maar hulle word nie voldoende ondersoek nie en gevolglik word hulle of nie gediagnoseer nie of verkeerdelik gediagnoseer. Dit kan daartoe lei dat `n groter aantal pasiënte, met algemene geestesversteurings, gebruik maak van primêre gesondheidsdienste. Die probleem is dat daar nog geen navorsing in Malawi gedoen is, oor die gebruik van gesondheidsdienste onder mense met algemene geestesversteurings. Doelwit: Die doel van die studie is om pasiënte, met algemene geestesversteurings, se gebruik van primêre gesondheidsorg klinieke te ondersoek. Metodes: `n Dwarssnee kwantitatiewe beskrywende studie-ontwerp was gebruik. Data-insameling het by twee primêre gesondheidsorg klinieke, in een van die 28 distrikte in Malawi, plaasgevind. Pasiënte, 18-jaar en ouer, wat die primêre gesondheidsklinieke vir enige rede besoek het, was ingesluit in die studie. Die steekproef het bestaan uit 323 pasiënte wat gebruik gemaak het van primêre gesondheidsorg klinieke. Onderhoude was met pasiënte gevoer deur middel van `n self-relaas vraelys (ook verwys na as „Self-Reporting Questionnaires‟). Bevindinge: Daar was `n voorkomssyfer van 20.1% pasiënte wat waarskynlik aan algemene geestesversteurings gelei het. Mense wat waarskynlik aan algemene geestesversteurings gelei het, het in `n tydperk van drie maande gemiddeld meer gebruik gemaak van gesondheidsdienste, in vergelyking met diegene wat waarskynlik nie aan algemene geestesversteurings gelei het nie, dus 1.6 teenoor 1.19 (p-waarde van 0.02). In die gegewe drie maande was daar geen betekenisvolle verskil in die gemiddelde aantal besoeke afgelê aan tradisionele geneeshere deur pasiënte wat waarskynlik aan algemene geestesversteurings gelei het, in vergelyking met diegene wat waarskynlik nie aan geestesversteurings gelei het nie, dus 0.05 teenoor 0.08 (p-waarde= 0.565). In totaal het diegene met geestesversteuring ook gemiddeld meer besoeke, 1.68 teenoor 1.24 (p-waarde 0.019), aan beide gesondheidsorg en traditionele geneeshere afgelê het, as diegene wat waarskynlik nie aan geestesversteurings gelei het nie. Die bevindinge dui daarop dat mense wat in die afgelope drie maande herhaaldelik gebruik gemaak het van gesondheidsdienste, waarskynlik aan algemene geestesversteurings gelei het. Die moontlikheid dat `n pasiënt aan `n algemene geestesversteuring gelei het, het met 1.2 (p-waarde=0.024) verhoog met elke besoek aan die gesondheidsdienste. Byna al die pasiënte wat waarskynlik aan `n algemene geestesversteuring gelei het, het nie behandeling ontvang nie. Gevolgtrekking: Daar is bevind dat mense met algemene geestesversteurings geredelik gebruik maak van gesondheidsdienste en dat daar `n gaping is in die voorsiening van geestesgesondheidsdienste in primêre gesondheidsfasiliteite. Primêre gesondheidsorg personeel se hantering van pasiënte lei daartoe dat pasiënte met algemene geestesversteurings meer geredelik gebruik maak van primêre gesondheidsorg. Daar is `n behoefte aan die verbetering van primêre gesondheidsorg personeel se vaardighede en vermoë om pasiënte met geestesversteuring te diagnoseer en sodoende ook herhaaldelike besoeke te verminder en die gesondheidsuitkomste van pasiente te verbeter. Daar is `n behoefte aan groter bewusmaking van geestesgesondheid en om pasiënte aan te moedig om hulle sielkundige en geestesgesondheidsprobleme aan personeel te openbaar.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL:
This item appears in the following collections: