’n Ondersoek na toegepaste teater as medium vir gemeenskapsontwikkeling in die Stellenbosch-omgewing
Date
2013-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this research paper an investigation into applied theatre as medium for community
development in the Stellenbosch area is conducted. An initial investigation was launched to
determine whether there are currently organizations in the Stellenbosch area that uses applied
theatre for the purpose of community development. This investigation concluded that there are
organizations currently in the Stellenbosch area that make use of community theatre, but not
necessarily for the purpose of community development. After further research, it was found that
there are organizations in the greater South Africa who make use of other forms of applied theatre
as a medium for community development such as theatre for development and theatre-ineducation.
Consequently, brief overviews of the different forms of applied theatre are given, explained and
discussed under the following three categories: applied theatre in education, applied theatre in the
community and applied theatre in the workplace. From this description it was determined that
community theatre and theatre in education is the most appropriate forms of applied theatre for
community development.
An empirical study was launched to investigate existing and/or completed applied theatre projects
in the Stellenbosch area as well as the greater South Africa to determine which projects have been
undertaken, which forms of applied theatre has been used and what the focus and outcomes of the
projects was. Interviews were conducted with specific organizations to determine how applied
theatre is being applied as medium for community development.
Following the existing projects and the identified forms of applied theatre that could be used for
community development, it was decided to conduct and launch a theatre for development project
in the Stellenbosch area. There is currently no similar theatre for development projects and the
feasibility of such a project has been questioned in a practical manner in a case study. The case
study was launched at a school in the Stellenbosch area where a project that deals with the
importance of school attendance were undertaken with a group of Grade 7 students. After completion of the research study it has been determined that applied theatre can be used as
a medium for community development in the Stellenbosch area. Although there are several
challenges to face such as finance and planning associated with the execution of an applied
theatre project, it is possible for such a project to be potentially successful.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie navorsingstudie word daar ondersoek ingestel na toegepaste teater as medium vir gemeenskapsontwikkeling in die Stellenbosch-omgewing. Hierdie navorsing rus op drie bene, naamlik ’n literatuurstudie, ’n empiriese ondersoek in die vorm van onderhoude en ’n gevallestudie in die vorm van ’n teater vir ontwikkeling-projek. Eerstens word ’n bondige oorsig van die verskillende vorme van toegepaste teater gegee. Die verskillende vorme word uiteengesit en bespreek onder die volgende drie kategorieë, naamlik: toegepaste teater op onderwysgebied, toegepaste teater in die gemeenskap en toegepaste teater in die werkplek. Uit hierdie omskrywings is bepaal dat teater vir ontwikkeling, gemeenskapsteater en teater-in-die-onderwys oënskynlik die mees gepaste vorme vir gemeenskapsontwikkeling is, alhoewel die begrip toegepaste teater oor die algemeen verandering van een of ander aard ten doel stel. ’n Empiriese ondersoek is geloods na bestaande en/of afgehandelde toegepaste teaterprojekte in die Stellenbosch-omgewing, sowel as die groter Suid-Afrika om te bepaal watter projekte is reeds aangepak, watter vorme van toegepaste teater gebruik word en wat die fokus en uitkomste van die projekte is. Daar is gevind dat organisasies in die Stellenbosch-omgewing wat wel teater as medium vir ontwikkeling gebruik, meestal fokus op gemeenskapsteater. Organisasies in die groter Suid-Afrika maak egter ook gebruik van ander vorme van toegepaste teater vir gemeenskapsontwikkeling, soos byvoorbeeld teater vir ontwikkeling en teater-in-die-onderwys. Na aanleiding van die bestaande projekte en die geïdentifiseerde vorme van toegepaste teater vir gemeenskapsontwikkeling is daar besluit om ’n teater vir ontwikkelings-projek in die Stellenbosch-omgewing te loods. Daar is tans geen soortgelyke teater vir ontwikkeling-projekte nie en die lewensvatbaarheid van so ’n projek is op praktiese wyse ondersoek in ’n gevallestudie. Die gevallestudie is geloods by ’n skool in die Stellenbosch-omgewing waar daar met Graad 7- leerders ’n projek aangepak is wat handel oor die belangrikheid van skoolbywoning. Na afloop van die navorsingstudie is daar bepaal dat toegepaste teater wel suksesvol as medium vir gemeenskapsontwikkeling in die Stellenbosch-omgewing gebruik kan word en in sommige gevalle reeds gebruik word. Daar is wel verskeie uitdagings, onder andere met betrekking tot finansies en beplanning, wat gepaard gaan met die uitvoering van ’n toegepaste teaterprojek. Alle aanduidings is egter dat sulke projekte ’n beduidende impak op ’n gemeenskap kan hê.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Community theater, Community development -- Stellenbosch -- South Africa, Drama in education, Theses -- Drama, Dissertations -- Drama