The legal regulation of construction procurement in South Africa

Anthony, Allison Megan (2013-03)

Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2013.



ENGLISH ABSTRACT: In order for the government to function, it needs goods and services. It may acquire these goods and services by using its own resources, or by contracting with outside bodies. The latter method is generally referred to as public or government procurement. Government procurement usually contributes a large deal to a country’s economy and is therefore of great importance. With South Africa’s political transformation in 1994, the construction industry was used as the model for public sector procurement reform. The industry regulates all infrastructure and constituted 3.8% of the country’s gross domestic product (GDP) in 2011 with the private sector as its biggest client. The legal regulation of construction procurement in South Africa is therefore significant. Section 217 of the Constitution¹ sets the standard for government procurement in South Africa. Section 217(1) provides that organs of state in the national, provincial or local sphere of government or any other institutions identified in national legislation when contracting for goods or services must do so in accordance with a system which is fair, equitable, transparent, competitive and cost-effective. Organs of state are not prevented from implementing procurement policies which provide for categories of preference in the allocation of contracts and the protection or advancement of persons, or categories of persons, disadvantaged by unfair discrimination in terms of section 217(2). Section 217(3) in turn provides that national legislation must prescribe a framework in terms of which section 217(2) must be implemented. The rules for construction procurement in South Africa are found in the Construction Industry Development Board (CIDB) Act² and the Regulations to the Act.³ The Construction Industry Development Board has been established by the Act and is empowered to regulate construction procurement in terms of the Act and to publish best practice guidelines for further regulation and development of construction procurement. This thesis aims to answer the question as to whether the legal regulation of construction procurement complies with section 217 of the Constitution. Chapter one sets out the research question to be answered, the hypothesis on which the thesis is based and the methodology employed. Chapter two establishes the constitutional standard for government procurement in South Africa and is the standard against which the rules discussed in subsequent chapters are tested. Following this, the procurement procedures in terms of which supplies, construction works and services are procured are described and analysed in chapter three. It appears that the Regulations to the CIDB Act exclude contracts for supplies and services in the construction industry. Therefore, the qualification criteria for construction works contracts are examined in chapter four. Thereafter, the evaluation and award of construction works, supplies and services contracts are explained and analysed in chapter five. Government procurement may further be used for objectives not directly connected to the main goal which is the procurement of goods and services at the best possible price. It may also be used for the promotion of socio-economic objectives, for example. Therefore, in the sixth chapter, the use of government procurement as a policy tool in the South African construction industry is discussed and analysed. The concluding chapter collectively refers to what was discussed in the preceding chapters including the conclusions and attempts to answer the research question as to whether the legal regulation of construction procurement in South Africa complies with section 217 of the Constitution.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die staat het goedere en dienste nodig om te funksioneer. Dit kan hierdie goedere en dienste verkry deur die staat se eie bronne te gebruik, of dit kan instansies van buite kontrakteer. Daar word oor die algemeen na laasgenoemde metode verwys as staatsverkryging. Gewoonlik lewer staatsverkryging ‘n groot bydrae tot ’n land se ekonomie en dit is dus van groot belang. Met Suid-Afrika se politieke transformasie in 1994 is die konstruksiebedryf as die model voorgehou vir die hervorming van die staatsverkrygingstelsel. Die konstruksiebedryf reguleer alle infrastruktuur in die land en het in 2011 3.8% tot Suid- Afrika se Bruto Binnelandse Produk (BBP) bygedra, met die private sektor as die grootste kliënt in die bedryf. Dit is dus noodsaaklik dat staatsverkryging in die Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf wetlik gereguleer word. Artikel 217 van die Grondwet4 stel die standaard vir staatsverkryging in Suid-Afrika. Artikel 217(1) bepaal dat staatsorgane in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsvertakkings, of enige ander instelling in nasionale wetgewing vermeld, wat vir goedere of dienste kontrakteer, sodanige goedere of dienste moet verkry ooreenkomstig ’n stelsel wat regverdig, billik, deursigtig, mededingend en koste-effektief is. Staatsorgane word verder nie verhinder of belet om staatsbeleid te implementeer wat voorsiening maak vir die bevordering van sekere mense, of kategorieë mense, wat ingevolge artikel 217(2) deur onbillike diskriminasie benadeel is nie. Artikel 217(3) bepaal dat nasionale wetgewing ’n raamwerk moet voorskryf ingevolge waarvan artikel 217(2) geïmplementeer moet word. Die Wet op die Ontwikkelingsraad vir die Konstruksiebedryf (Construction Industry Development Board Act)5 en die Regulasies tot die Wet6 omskryf die regsreëls vir staatsverkryging in die Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf. Die Ontwikkelingsraad vir die Konstruksiebedryf het ingevolge hierdie Wet tot stand gekom en is gemagtig om staatsverkryging in die konstruksiebedryf te reguleer. Dit mag ook goeie praktykriglyne publiseer vir verdere regulering en ontwikkeling van staatsverkryging in die konstruksiebedryf. Hierdie tesis het ten doel om die vraag te beantwoord of die wetlike regulering van staatsverkryging in die konstruksiebedryf aan artikel 217 van die Grondwet voldoen. Hoofstuk een gee ‘n uiteensetting van die navorsingsvraag wat beantwoord sal word, die hipotese waarop die tesis berus en die metodologie wat aangewend word. Hoofstuk twee omskryf die grontwetlike standaard vir staatsverkryging in Suid-Afrika en word as standaard gebruik waarteen die regsreëls vir staatsverkryging in die konstruksiebedryf in die daaropvolgende hoofstukke getoets word. Vervolgens word die verkrygingsprosedures ingevolge waarvan voorraad, konstruksiewerk en dienste verkry word, in hoofstuk drie bespreek en ontleed. Dit blyk dat die Regulasies tot die Wet op die Ontwikkelingsraad vir die Konstruksiebedryf (CIDB Act) kontrakte vir die verkryging van voorraad en dienste uitsluit. Gevolglik word die tendervereistes vir konstruksiewerk in hoofstuk vier bespreek. Vervolgens word die evaluering en toekenning van konstruksiewerk, voorraad- en dienskontrakte uiteengesit en ontleed in hoofstuk vyf. Dit blyk verder dat staatsverkryging gebruik mag word vir doelwitte wat nie direk verband hou met die primêre doel, naamlik die verkryging van goedere en dienste teen die beste prys, nie. Dit mag byvoorbeeld ook gebruik word vir die bevordering van sosio-ekonomiese doelwitte. Gevolglik word staatsverkryging as ’n beleidsinstrument in die Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf in hoofstuk ses bespreek en ontleed. Die laaste hoofstuk gee ‘n opsomming van wat bespreek is in vorige hoofstukke, maak gevolgtrekkings en probeer die navorsingsvraag beantwoord of die regsreëls wat staatsverkryging in die konstruksiebedryf reguleer, voldoen aan artikel 217 van die Grondwet.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL:
This item appears in the following collections: