The narrativization of post-2000 Zimbabwe in the Shona popular song-genre : an appraisal approach

Musiyiwa, Mickias (2013-03)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The study explores the post-2000 popular song genre (expressed in Shona) in order to analyze its rhetorical potential in its appropriation as a medium for the construction and contestation of meanings concerning land, history and selected (political, social and religious) identities. The goal is to discover how the turbulent post-2000 period in Zimbabwe is narrativized through the lyrics of popular songs. The rationale to focus on popular songs in the context of this period was my observation of the uniquely high level of appropriation of the popular song in the Zimbabwean public sphere by political parties and the ordinary people to communicate various discourses (of their interest). The period surpasses by far the pre-2000 era in its rate of output of songs. Old songs were revived and new ones composed while new musical genres emerged and existing ones thrived. I also noted in previous researches gaps in both theoretical and coverage of the analyses of popular songs in Zimbabwe. There is little in terms of linguistically-rooted approaches while analyses are largely limited to politically-inspired songs. I therefore, besides the politically-oriented songs, also explore socially and religiously-oriented songs. I adopt a multi-perspective approach combining APPRAISAL, genre, “small stories/voices” and the “rediscovery of the ordinary” frameworks to study the rhetorical property and capacity (to communicate) of the popular song. I employ the APPRAISAL theory to deal with the songs’ language of evaluation in terms of the authorial stances and ideological positions singers adopt. I utilize the genre theory in making a typology of the various popular song texts on the basis of their communicative properties (which determine their rhetorical purposes). I employ the remaining theories to classify the songs into three clusters (‘grand narrative songs’; ‘small stories/voices songs’ and ‘songs of ordinary life’) based the sources of their ideological concerns. In pursuit of the connection between the songs’ language and its communicative effects, I note in chapters two, four, five and six, the high level of intertextuality the post-2000 popular song has assumed. I argue that the unique intertextuality can be explained in relation to the high demands being placed on the language of the song texts by composers and singers in a context in which the state and opposition are pitted in an intense competition for the “power to mean”. The state appropriates the popular song to demonize and delegitimate the opposition at the same time legitimating its hegemony, based on patriotic discourses derived from chimurenga (nationalist) grand narrative values. On the other hand, the opposition manipulates the popular song to legitimate its struggle for change through counter-state discourses exposing Zanu-PF’s political vices and debasing its power. The ordinary people also appropriate the popular song in their struggle to resolve issues of personal concern in their attempt to give meaning to their lives. It is therefore the study’s main thesis that the popular song in post-2000 Zimbabwe narrativizes the period in unique ways as illustrated through the manipulation of its rhetorical potential to construct meanings concerning land, history and identities.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie het die populêreliedjiegenre (in Shona uitgedruk) ná 2000 verken om die retoriese potensiaal by die aanwending as ʼn medium vir die konstruksie en omstredenheid van betekenisse rakende grond, geskiedenis en geselekteerde (politieke, maatskaplike en godsdienstige) identiteite te ontleed. Die doel was om vas te stel hoe die turbulente tydperk ná 2000 in Zimbabwe deur die lirieke van populêre liedjies aangebied word. Die rasionaal om op populêre liedjies teen die agtergrond van hierdie tydperk te fokus was my waarneming van die buitengewoon hoë vlak van aanwending van die populêre liedjie in die Zimbabwiese openbare sfeer deur politieke partye en gewone mense om verskillende diskoerse (tot eie voordeel) te kommunikeer. Die tydperk oortref verreweg die tydperk voor 2000 wat betref die spoed waarteen liedjies verskyn. Ou liedjies is opgediep en nuwes is gekomponeer terwyl nuwe musiekgenres na vore gekom en bestaandes floreer het. Ek het ook leemtes in vorige navorsing opgemerk, beide ten opsigte van die teoretiese ontledings van populêre liedjies in Zimbabwe en die dekking daarvan. Daar bestaan min inligting ten opsigte van linguisties-begronde benaderings terwyl ontledings hoofsaaklik beperk is tot polities-geïnspireerde liedjies. Ek het dus, afgesien van die polities-georiënteerde liedjies, ook liedjies wat sosiaal en godsdienstig geïnspireer is, ondersoek. Ek het ʼn multiperspektiefbenadering ingeneem en raamwerke met betrekking tot WAARDEBEPALING, genre, “klein stories/stemme” en die “herontdekking van die gewone” gekombineer om die retoriese eienskap en kapasiteit (om te kommunikeer) van die populêre liedjie te bestudeer. Ek het die teorie van WAARDEBEPALING aangewend ten einde aan die liedjies se evalueringstaal ten opsigte van die standpunte wat die skrywers inneem en ideologiese posisies van die sangers aandag te gee. Ek het die genreteorie gebruik om ʼn tipologie van die verskillende populêre liedjietekste op grond van hulle kommunikatiewe eienskappe (wat hulle retoriese doelwitte bepaal) op te stel. Ek het die oorblywende teorieë gebruik om die liedjies in drie groepe te klassifiseer (‘meesternarratief-liedjies’, ‘liedjies oor klein stories/stemme’ en ‘liedjies oor die gewone lewe’) gebaseer op die bronne van hulle ideologiese besorgdhede. In ʼn soeke na die skakeling tussen die taal van die liedjies en die kommunikatiewe effekte daarvan, wys ek in hoofstukke twee, vier, vyf en ses op die hoë vlak van intertekstualiteit wat die populêre liedjie ná 2000 aangeneem het. Ek voer aan dat die unieke intertekstualiteit verklaar kan word in verhouding met die hoë eise wat deur komponiste en sangers aan die taal van die liedjies se tekste gestel word in ʼn konteks waarin die staat en opposisie in konflik verkeer in ʼn intense wedywering om die “mag om te beteken”. Die staat eien hulle die populêre liedjie toe ten einde die opposisie te demoniseer en te delegitimeer en terselfdertyd sy hegemonie te legitimeer, gebaseer op patriotiese diskoerse afgelei van chimurenga (nasionalistiese) waardes van die meesternarratief. Aan die ander kant, die opposisie manipuleer die populêre liedjie om sy stryd om verandering te legitimeer deur diskoerse te weerlê en so Zanu-PF se politieke gebreke aan die kaak te stel en sy mag te verminder. Jan Alleman en sy maat eien hulle ook die populêre liedjie toe in hulle stryd om kwessies van persoonlike kommer uit die weg te ruim in hulle poging om betekenis aan hulle lewens te gee. Dit is dus hierdie studie se hoofhipotese dat die populêre liedjie in Zimbabwe ná 2000 die tydperk op unieke wyses beskryf soos geïllustreer deur die manipulasie van die retoriese potensiaal daarvan om betekenisse rakende grond, geskiedenis en identiteite te konstrueer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/80237
This item appears in the following collections: