Interpreting within a South African psychiatric hospital : a detailed account of what happens in practice

Kilian, Sanja (2013-03)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: It is more than 18 years since South Africa became a democratic country. However, many South Africans are still discriminated against when accessing state services, such as healthcare services (Drennan, 1999). The problem is that healthcare practitioners, in the higher positions of the healthcare system, are commonly made up of professionals who speak only one or at most two of South Africa’s official languages (Swartz, 1998). Due to the lack of funding ad hoc arrangements are made for interpreter-services (Drennan, 1999). Anyone available that can speak even a fragment of the patient’s language, such as nurses, household aides and security guards are called to act as interpreters (Drennan, 1999; Smith, 2011). In many clinical settings, although not ideal, it is possible to treat patients even if there are minimal shared communicative resources (Anthonissen & Meyer, 2008). However, in psychiatric care, language is the primary diagnostic tool, and is one of the central instruments through which patients voice their symptoms (Westermeyer & Janca, 1997). In the Western Cape (one of the nine provinces in South Africa), clinicians working in psychiatric care are mainly fluent in English and Afrikaans. Many Black isiXhosa-speaking patients are not proficient in these languages. The aim of this dissertation is to gain a better understanding of the language barriers facing isiXhosa-speaking patients by focusing on natural conversations, which take place during psychiatric interviews within a particular psychiatric institution in the Western Cape. I made video-recordings of interpreter-mediated psychiatric interviews (n=13) as well as psychiatric interviews (n=12) conducted without the use of an interpreter. In addition, I had discussions (i.e. through semi-structured interviews) with registrars, interpreters and patients to understand their views about issues related to language barriers and interpreting practices. I used an ethnographic approach and the method of Conversation Analysis to understand the study findings. The findings, derived from the psychiatric interviews that were not interpreter-mediated, suggest that the Limited English Proficient (LEP) patients had great difficulty communicating with the registrars. The findings (emerging from the interpreter-mediated encounters and semi-structured interviews), strongly suggest that the haphazard use of hospital employees, who are not trained and employed to act as interpreters, have a significant impact on the goals of the psychiatric interview. In some instances, the use of ad hoc interpreters positively contributed to the successful achievement of the goals of the psychiatric interview. In most instances, the use of ad hoc interpreters inhibited the successful achievement of the goals of the psychiatric interview. One of the most significant findings was that interpreters’ interpretations of patients’ words at times suggest that patients appear to be more psychiatrically ill (increasing the risk for over-diagnosis) than it appears when looking at patients’ original responses. In essence, the lack of language services is unjust towards patients, clinicians, hospital staff acting as ad hoc interpreters, and LEP patients caught in a system, which construct them as voiceless, dependent, powerless, healthcare users.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is vir die afgelope 18 jaar `n demokratiese land, maar ongeag die afskaffing van apartheid word daar steeds teen baie Suid-Afrikaners gediskrimineer. Dit is veral die geval wanneer Suid-Afrikaners gebruik maak van gesondheidsdienste (Drennan, 1999). Baie gesondheidspraktisyne of dokters is alleenlik vaardig in een of op die meeste twee offisiële Suid-Afrikaanse tale (Swartz, 1998). Ongelukkig weens `n gebrek aan fondse, is die meeste hospitale nie instaat om amptelike tolke in diens te neem nie. Gevolglik word ad hoc reëlings getref wanneer pasiënte tolkdienste benodig. Gewoonlik word enige iemand, insluitende verpleegsters, skoonmakers en sekuriteitswagte, wat selfs net tot `n sekere mate die pasiënt se taal kan praat, gebruik as tolke (Drennan, 1999; Smith, 2011). Die gebrek aan tolkdienste is veral problematies wanneer dit kom by psigiatriese dienste. Dit is omdat in psigiatrie word taal en kommunikasie as primêre diagnostiese instrument gebruik, en pasiënte gebruik hoofsaaklik taal om hul simptome en ervaringe met die dokter mee te deel (Westermeyer & Janca, 1997). In die Wes-Kaap (een van Suid-Afrika se nege provinsies) is die meeste dokters wat in psigiatriese instansies werk hoofsaaklik Engels en / of Afrikaans-sprekend. Baie Swart isiXhosa-sprekende pasiënte, wat gebruik maak van psigiatriese staatsdienste, is egter nie vlot in Afrikaans en Engels nie. Die doel van my proefskrif is om hierdie probleem, wat baie siXhosa-sprekende pasiënte in die gesig staar, beter te verstaan. Ek het besluit om dit te doen deur te fokus op `n spesifieke aspek – natuurlike gesprekke tussen dokters en isiXhosa-sprekende pasiënte. Dokters en pasiënte kommunikeer onder andere gedurende psigiatriese onderhoude, en ek het besluit om video opnames van psigiatriese onderhoude te maak. Ek het die video opnames in `n spesifieke hospitaal in die Wes-Kaap gemaak. Die video opnames het ingesluit psigiatriese onderhoude (n=12) waarin die dokter en pasiënt in Engels kommunikeer, sowel as onderhoude (n=13) waarin die dokter en pasiënt deur middel van (d.m.v) `n ad hoc tolk kommunikeer. Ek het ook gesprekke gevoer (deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude) met pasiënte, dokters, en ad hoc tolke om hulle insigte en opinies rakende die bogenoemde taalkwessies beter te verstaan. Verder het ek `n ethnografiese benadering en gespreksanaliese gebruik om die data te benader en verstaan. Die bevindinge wat voortgevloei het uit die psigiatriese onderhoude (beide waarin daar nie `n tolk gebruik was nie, sowel as die waarin daar `n tolk gebruik was) suggereer dat die gebrek aan tolkdienste dikwels die doel van psigiatriese onderhoud ondermyn. Dit komvoor dat in die psigiatriese onderhoude, waarin daar nie tolk gebruik was nie, die pasiënte dit baie moeilik gevind het om met die dokters in Engels te kommunkeer. Dit is waarskynlik omdat hulle nie oor die nodige taalvaardighede beskik om hulleself ten volle in Engels uit te druk nie. Dit kom wel voor dat in sommige gevalle gedurende die psigiatriese onderhoude, waarin die dokters en pasiënte d.m.v.`n tolk gekommunikeer het, het die gebruik van `n tolk `n positiewe impak gehad. Die probleem is egter dat in baie gevalle het dit geblyk het die gebruik van tolke `n ongewenste impak gehad. Een van die belangrikste voorbeelde hiervan is dat die tolke se weergawes van die pasiënte se woorde, dit dikwels laat voorkom asof pasiënte nie juis veel insig in hulle psigiatriese versteurings gehad het nie. Wanneer daar egter gekyk word na die pasiënte se oorspronklike weergawes is dit duidelik dat sommige pasiënte wel insig gehad het. Die bevindinge suggereer hoofsaaklik dat die gebrek aan offisieel en opgeleide tolkdienste onregverdig is teenoor die pasiënte, ad hoc tolke, en die dokters. Dit dra ook by tot `n gesondsheids-sisteem waarin isiXhosa-sprekende pasiënt uitgebeeld word as afhanklik, tot `n groot mate magteloos en sonder `n sê.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/79918
This item appears in the following collections: