Factors impacting on adherence to antiretroviral treatment at False Bay Hospital
Date
2013-03
Authors
Vanqa, Nosivuyile
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this research was to investigate factors impacting on adherence to antiretroviral treatment on people living with HIV and to further explore challenges they come across with adherence. The primary focus of this investigation relates to the following four themes.
(i)To evaluate demographic factors such as age, gender and socio-economic factors and the influence they have or contribution to adherence, in correlation with the effects of cultural and health beliefs in this context. (ii) To establish the significance of counselling and review critical challenging issues that needs consideration. (iii) To investigate the nature of reception (negative or ( positive) that patient receives in this local health facility, including the nature of perceived youth friendliness as it may act as a deterrent for confidentiality with regard to referrals. (iv) To determine perceived relationship between health care providers and patients, by patients in terms of support system, referral systems and the prevention of stigma and discrimination.
This study comprises of the literature analysis on adherence globally and in the South African context, reviewing the challenges experienced by many South Africans and people living in this country. The study was implemented at a Government’s facility in a health care sector “False Bay Hospital” in the Western Cape, through one focus group and ten semi-structured interviews with patients. The findings of the study reveal that stigma and discrimination is one of the leading causes to poor adherence on antiretroviral treatment including social problems experienced by PLWA. Support and counselling programmes provided at False Bay Hospital were significant but did not necessarily help PLWA in other challenges they came across with. This study also demonstrated the importance of health education and good relationship with patience has a positive effect towards adherence and improves chances of better health.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie navorsing was om faktore te ondersoek wat ’n impak het op die nakoming van antiretrovirale behandeling deur mense wat met MIV leef en om voorts uitdagings te ondersoek wat hulle met betrekking tot nakoming ervaar. Die hooffokus van hierdie ondersoek hou met die volgende vier temas verband. (i) Om demografiese faktore soos ouderdom, geslag en sosio-ekonomiese faktore en die invloed daarvan op of bydrae tot nakoming te ondersoek met betrekking tot die invloed van kulturele en gesondheidsoortuigings in hierdie verband. (ii) Om die noodsaaklikheid van berading te bepaal en om kritieke uitdagings te ondersoek wat oorweeg moet word. (iii) Om die aard van ontvangs (negatief of positief) wat pasiënte in hierdie plaaslike gesondheidsfasiliteit ontvang, te ondersoek, met inbegrip van die aard van waargenome vriendelikheid van die jeug, aangesien dit ’n afskrikmiddel vir vertroulikheid met betrekking tot verwysings kan wees. (iv) Om waargenome verhoudings tussen gesondheidsorgverskaffers en pasiënte deur pasiënte met betrekking tot ondersteuningstelsels, verwysingstelsels en die voorkoming van stigma en diskriminasie te bepaal. Hierdie studie bestaan uit ’n literatuurstudie oor nakoming in die internasionale asook Suid-Afrikaanse konteks, met ’n oorsig van die uitdagings wat deur talle Suid-Afrikaners en mense wat in hierdie land woon, ervaar word. Die studie is by ’n regeringsfasiliteit, Valsbaai Hospitaal, in ’n gesondheidsorgsektor in die Wes-Kaap uitgevoer deur een fokusgroepbespreking en tien semigestruktureerde onderhoude met pasiënte. Die bevindings van die studie toon dat stigma en diskriminasie die grootste oorsake van swak nakoming van antiretrovirale behandeling is, met inbegrip van maatskaplike probleme wat ervaar word deur mense wat met vigs leef. Ondersteunings- en beradingsprogramme wat by Valsbaai Hospitaal gebied word, is beduidend, maar bied nie noodwendig hulp aan mense wat met vigs leef wat ander uitdagings waarvoor hulle te staan kom, betref nie. Die studie toon ook die belang van gesondheidsopvoeding en dat goeie verhoudings met pasiënte ’n positiewe uitwerking op nakoming het en die kanse op beter gesondheid verhoog.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Dissertations -- Industrial psychology, Theses -- Industrial psychology, Assignments -- Industrial psychology, Dissertations -- HIV/AIDS management, Theses -- HIV/AIDS management, Assignments -- HIV/AIDS management, Patient compliance -- South africa -- Cape Town, HIV infections -- Treatment -- South Africa -- Cape Town, Antiretrovirals