Pastoral care as community care : towards an intergrative approach to healing and well-being within the HIV and AIDS discourse

Date
2012-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study, in addition to problematizing a one-dimensional approach to health and well-being within the HIV and AIDS discourse, also aims to highlight the need and promote the idea for integrative community pastoral care as fundamental in responding to the HIV and AIDS epidemic. In developing such a framework for an integrative approach to healing and care, it becomes clear that a number of paradigmatic shifts in pastoral care are called for. In the past most of the prevention and intervention strategies within the discourse on healing within the HIV and AIDS epidemic, focused on the people living with HIV and AIDS (PLWHA) and the medical science in its search for cure and effective antiretroviral medication. Little attention use to be given to issues of care as the primary focus appeared to have been on behaviour change strategies. However, as the complex nature of the epidemic and its impacts became more apparent, it gradually dawned on all disciplines that the virus entails more than an individual ailment as a medical concern. With the realization that the epidemic penetrates the quality of life and the basic structures for livelihood and meaningful living on all levels, came the acknowledgement that it has become a systemic and community issue. Any endeavour to be engaged with the epidemic should therefore shift from a merely personal (individual focus) and a medical (pharmaceutical focus) approach, to a community approach. Healing and prevention must also become a systemic and communal endeavour, and thus the reason to connect, in this research project, healing with a community approach to the HIV and AIDS epidemic. In the process of developing a framework for integrative care and counselling, the study explores the notions of health and well-being and provides a theological framework for understanding these concepts from a community perspective. This framework necessitates a number of paradigmatic shifts, particularly with regards to understanding the ecclesial identity of the church as a community of care. Both the understanding of health and well-being and that of an identity of care culminates from the understanding of God‘s passionate involvement in the human predicament of suffering, as implied by a theopaschitic approach. In order to develop an inclusive framework of care to be taken up in the ecclesial identity of the church, a number of metaphors for a community of care are explored as alternatives to the traditional kerygmatik model of the church.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie lug nie net die problematiek rondom 'n eendimensionele benadering tot gesondheid en welstand binne die MIV en VIGS diskoers uit nie, maar poog ook om die behoefte aan 'n integrerende gemeenskaps-benadering tot die MIV en VIGS epidemie te beklemtoon en sodanige benadering te bevorder. Dit word duidelik dat sodanige raamwerk vir 'n integrerende benadering tot heling en sorg sekere paradigmatiese skuiwe binne pastorale sorg vereis. In die verlede het voorkoming en intervensie strategieë met betrekking tot die MIV en VIGS diskoers meestal gefokus op die mense wat met MIV en VIGS leef, asook op die mediese wetenskap se pogings om 'n geneesmiddel en effektiewe antiretrovirale medisyne te vind. Min aandag was gegee aan die kwessies wat verband hou met versorging, en dit wil voorkom asof die klem eerder primêr geplaas was op strategieë om gedrag te verander. Groter bewuswording van die komplekse aard van die epidemie en sy gevolge het egter geleidelik gelei tot die besef onder alle dissiplines dat die virus meer as net 'n individuele siekte van mediese belang is. Die besef dat die epidemie lewenskwaliteit, en die basiese strukture van menslike bestaan en 'n betekenisvolle lewe, op alle vlakke binnedring, het uiteindelik gelei tot die begrip dat dit 'n sistemiese en gemeenskap probleem geword het. Enige poging dus om die epidemie aan te spreek moet daarom beweeg van 'n persoonlike/individuele en mediese/farmaseutiese benadering na 'n gemeenskaps-benadering. Genesing en voorkoming moet daarom 'n sistemiese en gemeenskaplike poging wees, en daarom ook die rede om, in hierdie projek, genesing in verband te bring met 'n gemeenskaps-benadering tot die MIV en VIGS epidemie. Ten einde 'n raamwerk vir 'n integrerende benadering tot versorging en berading te ontwikkel, ondersoek die studie die konsepte van gesondheid en welstand, en poog om 'n teologiese raamwerk te ontwikkel wat hierdie konsepte verstaanbaar maak vanuit 'n gemeenskaps-perspektief. Hierdie raamwerk noodsaak sekere paradigmatiese skuiwe, veral met betrekking tot die verstaan van die ekklesiale identiteit van die kerk. Die verstaan van beide gesondheid en welstand asook die van 'n identiteit van versorging spruit voort uit die verstaan van God se passievolle betrokkenheid by die menslike dilemma van lyding, soos geïmpliseer deur 'n theopaschitiese benadering. Ten einde 'n inklusiewe raamwerk van versorging te ontwikkel wat uiteindelik deurslaggewend in die ontwikkeling van die ekklesiale identiteit van die kerk kan wees, ondersoek hierdie studie 'n aantal metafore vir 'n versorgende gemeenskap as alternatiewe tot die tradisionele kerygmatiese model van die kerk.
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Pastoral care, AIDS (Disease) -- Religious aspects -- Christianity, HIV infections -- Religious aspects -- Christianity, Dissertations -- Practical Theology and Missiology, Theses -- Practical Theology and Missiology, Dissertations -- Theology, Theses -- Theology
Citation