International media portrayals of the 2010 FIFA World Cup™ : an analysis of British and American print media, 2004-2010

Moloi-Siga, Kgothatso (2012-12)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012.

Includes bibliography

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The onset of democracy in South Africa in 1994 was accompanied by the rise in bids for, and the hosting of sports mega-events so as to accomplish national interests and goals. This was done with the purpose of rebranding the South African image to the international community through national and international campaigns that sought to highlight the country’s aspirant status as a rainbow nation and its pan-Africanist ideals. This study investigates how, as host for the 2010 FIFA World Cup™, South Africa was reported on by two international online media newspapers, The New York Times (United States of America (USA)) and the Guardian (United Kingdom (UK)). The aim is to address an understudied aspect of South Africa’s hosting of the 2010 FIFA World Cup™ by reflecting systematically on the tone and content of international media portrayals of the event, both before and during the tournament. The study has two focuses. Firstly, it considers the motives for South Africa’s bid to host the 2010 FIFA World Cup™. Secondly, it appraises the content and nature of reporting in the two overseas newspapers. The study uses a mix of secondary and primary sources, which include academic journals, books, websites, newspaper articles and government and the FIFA websites. The findings of this study suggest that the bid to host the 2010 FIFA World Cup™ was based on the country’s positive experience from hosting previous sports mega-events. Additionally, South Africa wanted to showcase its commercial maturity, its development of physical infrastructure, and the presence of human skills. The motives underpinning the bid aimed at dispelling and challenging international misconceptions of the African continent. The novelty of an African country bidding to stage and hosting a sport mega-event such as the FIFA World Cup™ resulted in the country gaining extensive international media coverage from The New York Times and the Guardian. The qualitative and quantitative content analysis from these two newspapers yielded some commonality and recurrence of words such as: “stadium”, “tickets”, ‘vuvuzela”, “crime”, and “security”. The differences between the two newspapers were minimal, supporting the liberal-pluralist theoretical claim that the media acts as an agenda setter, and in line with the Marxist theory of the ideological role of the media. Media coverage of sports mega-events is important and influential in determining the way in which the host country is branded, and future studies are necessary to address the

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die koms van demokrasie in Suid-Afrika in 1994 het gepaard gegaan met die toename in tenders en die gasheerskap van megasportgebeure om nasionale belange en doelwitte te bereik. Die doel was die herposisionering van die Suid-Afrikaanse beeld in die internasionale gemeenskap deur middel van nasionale en internasionale veldtogte wat daarna gestreef het om die land se reënboognasiebeeld en sy pan-Afrikanistiese ideale te beklemtoon. Hierdie studie ondersoek hoe Suid-Afrika, as gasheer vir die 2010 FIFA Wêreldbeker, deur twee internasionale aanlynmediakoerante, The New York Times (Verenigde State van Amerika) en die Guardian (Verenigde Koninkryk) uitgebeeld is. Die doel is om die meer onverkende aspekte van Suid-Afrika se gasheerskap onder oë te neem, en voorts om sistematiese peiling te doen van die toon en inhoud van internasionale media-uitbeeldings van die sport gebeurtenis. Die studie het twee fokuspunte. Eerstens word ondersoek ingestel na die motiewe van Suid-Afrika se bod om die 2010 FIFA Wêreldbeker aan te bied. Tweedens beoordeel dit die inhoud en aard van verslaggewing in die twee oorsese koerante. Die studie gebruik ’n mengsel van sekondêre en primêre bronne, insluitend akademiese tydskrifte, boeke, webwerwe, koerantberigte en die regering en FIFA se webwerwe. Die bevindinge van hierdie studie beklemtoon dat die motiewe van Suid-Afrika se bod om die 2010 FIFA Wêreldbeker aan te bied, gegrond was op die bewese positiewe prestasierekord wat die land as gasheer in vorige megasportgebeure opgebou het. Voorts wou Suid-Afrika sy kommersiële volwassenheid, die ontwikkeling van fisiese infrastruktuur, en die teenwoordigheid van mensvaardighede ten toon te stel. Die motiewe vir die bod was ook daarop gemik om internasionale wanopvattings oor die Afrika-vasteland uit te daag en uit die weg te ruim. Die ongekendheid van die aanbied van ’n megasportgebeurtenis soos die FIFA Wêreldbeker deur ’n Afrikaland, het daartoe gelei dat die land uitgebreide internasionale mediadekking in The New York Times en die Guardian geniet het. Die kwalitatiewe en kwantitatiewe inhoudontleding het getoon dat daar ’n mate van gemeenskaplikheid en herhaling van woorde was, soos: “stadium”, “tickets”, “vuvuzela”, “crime” en “security”. Die verskille tussen die twee koerante was minimaal en ondersteun liberaal-pluralistiese teorie wat die media as ’n agenda steller uitwys. Dit ondersteun ook Marxistiese teorie oor die ideologiese rol van die media. Mediadekking van megasportgebeure is belangrik en invloedryk in die bepaling van die manier waarop die gasheerland as handelsmerk voorgestel word, en toekomstige studies is nodig om die onderbestudeerde aspekte van die 2010 FIFA Wêreldbeker ™ te ontleed. Dit sluit onder andere in, ontleding van die langtermyn ekonomiese, politieke en maatskaplike nalatenskappe van so ’n gebeurtenis.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/71922
This item appears in the following collections: