The pastoral letter in early Christianity up to the early fifth century C.E.
Date
2012-12
Authors
Kim, Joohan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This dissertation aims to trace a Christian letter tradition, i.e. the pastoral letter type, during the first
five centuries of this era. With this in mind I outlined the problem statements, goals, theoretical
points of departure, research questions, hypotheses, methodologies and structures in Chapter I of the
dissertation.
I surveyed the history of modern studies on Greco-Roman epistolography in Chapter II. There I
looked at how the study of Christian letters was related to Greco-Roman epistolography and what it
contributed to the history of modern study on Greco-Roman epistolography. In the process I also
focused on the study of the Christian letter tradition that flourished especially during the middle of
the twentieth century. I pointed out some weaknesses in the preceding studies, such as limiting the
analysis of letters to certain periods, failure to consider generic features and lack of attention to
psychagogical intention. At the end of the chapter I concluded by pointing out what still remains to
be done, such as considering a broader range of sources and periods, and paying more attention to
how the pastoral letter continued to function during the first five centuries of our era.
On the basis of the preceding survey I then focused in Chapter III on the generic features of Greco-
Roman hortatory letters and their psychagogical functions to provide the background of a broader
hortatory tradition for explaining the generic features and functions of the earliest Christian letters,
i.e. the letters in the NT. From this research I concluded that Greco-Roman hortatory letters
followed the pattern of common Greco-Roman letters in terms of structural and formal features.
However, they not only focused on the guidance or education of the recipients in terms of function,
but for effective persuasion the authors also employed various rhetorical devices which are often
found in the other genres of hortatory works.
In Chapter IV I analysed the letters in the NT in order to show that these letters resonate with the
hortatory letters that were composed for psychagogy (viz. pastoral care). Firstly, I focused on the analysis of Paul’s first letter, i.e. 1 Thessalonians, to show that the author of the first Christian letter
was as pastor above all concerned with pastoral care, and for effective pastoral care he borrowed
from the Greco-Roman hortatory letter tradition. From this analysis I concluded that 1
Thessalonians can be located in the hortatory letter tradition, but has its own distinct character
differing from common hortatory letters. These features must have resulted from Paul’s efforts to
take care of his believers in the Christian faith. In the remainder of this chapter I analysed the rest of
the letters in the NT, considering the outcome of the analysis of 1 Thessalonians together with the
broader hortatory tradition. I found that the rest of the letters in the NT could be classed as hortatory
letters for the purpose of psychagogy, i.e. pastoral letters, in terms of both their structural and
formal features, and of their composition, purpose and function.
In Chapter V I analysed a number of selected pastoral letters from early Christian authors. Firstly, I
surveyed the history of Christian letters and their authors to provide a general background for this
chapter. From these authors and their letters, I chose sixteen pastoral letters from fifteen Christian
leaders based on stated criteria, and analysed them, considering both the earliest Christian pastoral
letters (viz. the letters in the NT) and the broader Greco-Roman hortatory letter tradition. As a result
of this analysis I found that these selected letters had features in common with the earliest Christian
pastoral letters, especially in terms of their purpose and function, as well as distinctly Christian
characteristics. I then compared the outcome of this analysis with selected letters from non-pastoral
Christian letter types (viz. the festal or paschal letter type, the synodic letter type, the papal letter
type and the “essay in letter form”). I found that, though the selected pastoral letters and nonpastoral
letters had some literary features in common, such as structure and form, and employed
rhetorical devices, they nevertheless differed in terms of purposes and function.
In the last chapter, Chapter VI, I briefly summarised the entire dissertation
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif het ten doel om die bestaan van ’n Christelike brieftradisie, nl. die pastorale brieftipe, in die eerste vyf eeue van hierdie era na te spoor. Vir hierdie doel het ek die probleem- en doelstellings, teoretiese uitgangspunte, navorsingsvraagstukke, hipoteses, metodologieë en strukture van die proefskrif in Hoofstuk I uiteengesit. In Hoofstuk II het ek ’n oorsig gegee van moderne studie oor die Grieks-Romeinse epistolografie. Ek het ook nagevors hoe die studie van Christelike briewe aansluiting vind by die Grieks-Romeinse epistolografie, en watter bydrae hierdie studie tot die ontwikkeling van moderne studie oor die Grieks-Romeinse epistolografie gemaak het. Bykomend hiertoe het ek gefokus op die studie van ’n Christelike brieftradisie wat veral gedurende die middel van die twintigste eeu gefloreer het, en het sekere leemtes in hierdie vooraafgaande studies uitgewys, nl. die feit dat die analise van briewe tot slegs sekere periodes beperk is, en die versuim om generiese eienskappe en pastorale oogmerke in aanmerking te neem. Daarna het ek aan die einde van die hoofstuk aangedui wat nog gedoen behoort te word, soos om ’n breër spektrum van bronne en tydperke te benut, en om aandag te gee aan volgehoue tendense in die teorie en praktyk van psigagogiese briewe gedurende die eerste vyf eeue van hierdie era. In die lig van bogenoemde oorsig het ek in Hoofstuk III gefokus op die generiese eienskappe van Grieks-Romeinse hortatiewe briewe en hulle psigagogiese funksies, om die agtergrond te skets waarteen die generiese eienskappe en funksies van die vroegste Christelike briewe, nl. die briewe in die NT, teen ’n breër hortatiewe tradisie bestudeer kan word. Na aanleiding van hierdie ondersoek het ek tot die slotsom gekom dat Grieks-Romeinse hortatiewe briewe die algemene patroon van Grieks-Romeinse lettere met betrekking tot strukturele en formele eienskappe gevolg het. Nietemin was die funksie daarvan nie net gemik op die voorligting of onderrig van die ontvangers nie, maar die skrywers het ook vir die doel van oorreding verskeie retoriese middels ingespan wat dikwels in ander genres van hortatiewe werke gebruik is. In Hoofstuk IV het ek die briewe in die NT ontleed om aan te toon dat hierdie briewe behoort tot die hortatiewe briewe wat opgestel is vir die doeleindes van psigagogie, d.w.s. pastorale sorg. Eerstens het ek gefokus op die analise van Paulus se eerste sendbrief, nl. 1 Tessalonisense, om uit te wys dat hierdie eerste Christelike skrywer as pastor boweal gemoeid was met pastorale sorg, en vir die doeleindes van effektiewe pasorale sorg deels gesteun het op die Grieks-Romeinse hortatiewe brieftradisie. Uit hierdie analise kon ek aflei at 1 Tessalonisense geskaar kan word by die hortatiewe brieftradisie, maar tog die eiesoortigheid behou waardeur dit verskil van algemene hortatiewe briewe. Hierdie eienskappe moes voortgespruit het uit Paulus se bemoeienis om te sorg vir sy volgelinge in die Christelike geloof. In die daaropvolgende deel van hierdie hoofstuk ontleed ek die ander sendbriewe in die NT teen die agtergrond van die resultate van die analise van 1 Tessalonisense asook die breër hortatiewe tradisie, en geraak tot die gevolgtrekking dat die ander sendbriewe in die NT ook geklassifiseer kan word as hortatiewe briewe vir psigagogie, d.w.s. pastorale briewe, beide wat hulle strukturele en formele eienskappe aanbetref, en die doel van hulle samestelling en funksie. In Hoofstuk V het ek probeer om ’n aantal geselekteerde pastorale briewe van vroeë Christelike skrywers te ontleed. Eerstens het ek die geskiedenis van Christelike briewe en hulle skrywers as algemene agtergrond vir hierdie hoofstuk uitgelig. Uit hierdie skrywers en hulle briewe het ek sestien pastorale briewe van vyftien Christelike skrywers, leiers van mede-Christene, gekies, gebaseer op bepaalde kriteria. Dié het ek geanaliseer teen die agtergrond van die vroegste Christelike pastorale briewe, nl. die briewe in die NT, asook die breër Grieks-Romeinse hortatiewe lettere tradisie. Deur hierdie analise kon ek vasstel dat hierde geselekteerde briewe behalwe hulle Christelike eienskappe ook ooreenkomste met die vroegste Christelike pastorale briewe toon, veral met betrekking tot hulle doel en funksie,. Daarna het ek die resultate van hierdie analise vergelyk met geselekteerde briewe van nie-pastorale Christelike brieftipes, nl. die feesbrief, die sinodale brief, die pouslike brief en die essay in briefformaat. Alhoewel die geselekteerde pastorale briewe en die nie-pastorale briewe ooreenkomste getoon het wat literêre eienskappe soos struktuur, formaat en retoriese gebruike aanbetref, verskil hulle van mekaar in terme van doel en funksie. In die laaste hoofstuk, Hoofstuk VI, word die proefskrif kortliks opgesom

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Pastoral letters, Patristics, Epistolography, Letter writing -- Religious aspects -- Christianity, Dissertations -- Ancient studies, Theses -- Ancient studies