Critical thinking : perspectives and experiences of critical care nurses

Hendricks, Lucia Elizabeth (2012-12)

Thesis (MCurr)--Stellenbosch University, 2012.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The increasingly complex role of the critical care nurse in an intensive care environment demands a much higher level of critical thinking and clinical judgment skill than ever before. Critical thinking in nursing practice may be defined as the cognitive ability to analyse, predict and transform knowledge, ensuring quality nursing care. To reason from a nurse’s perspective requires that we learn the content of nursing; this includes the concepts, ideas and theories of nursing. The aim and objectives of the study were to explore critical care nurses’ perspectives and experiences with regards to the concept of critical thinking, facets influencing the application of critical thinking skills in clinical practice and how these impact on the delivery of quality nursing care. A qualitative approach, using a case study design was utilised. A sample of six participants, who met the study inclusion criteria and consented to participate, were interviewed individually. Subsequently, five of these six participants took part in a focus group discussion to capture additional data to clarify and enrich the individual interview data. A field worker was present during the interviewing processes to note non-verbal data and later verify transcribed data. Feasibility of the proposed study was established by conducting a pretest which elicited relevant information. Ethical approval for the study was obtained from the Health Research Ethics Committee at the Faculty of Medicine and Health Sciences, Stellenbosch University. Permission and consent was obtained from the relevant hospital group to interview nurses working in the intensive care units. Qualitative content analysis, which focuses on the content or contextual meaning, was used to analyse interview data. Coding of the data through emergent themes and sub-themes was done by the researcher and supported through independent coding to verify and strengthen the analysis and interpretation of the researcher. . The results depicted how the participants personally understood the concept of critical thinking and the components influencing the application of critical thinking skill in clinical practice. The study of the participants’ perspective of the concept of critical thinking and portrayed how they experience analytical and independent thinking, competence and confidence, as well as knowledge, skill and expertise, to influence the quality of patient care. The data revealed several themes that facilitated critical thinking in critical care nurses. These themes were ‘team support’, ‘experience and exposure’ and ‘empowering the mind’. Emergent themes elaborating the limitations of critical thinking included ‘being stressed’, ‘professional boundaries’ and ‘being busy’. Several recommendations and suggestions for future research were offered.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die toenemende komplekse rol van die kritieke-sorgverpleegster in ’n intensiewe-sorg omgewing verg ’n veel hoër vlak van kritiese denke en ’n kliniese oordeelvaardigheid as ooit tevore. Kritiese denke in ’n verplegingspraktyk kan gedefinieer word as die kognitiewe vermoë om te kan analiseer, om vooruit situasies te kan bepaal en die vermoë om kennis te omskep sodat kwaliteit verpleegsorg verseker kan word. Om soos ’n verpleegster te kan dink, stipuleer dat die inhoud van verpleging geleer moet word wat konsepte, idees en teorieë daarvan insluit. Die doel en oogmerke van die studie is om die ervarings en perspektiewe van kritieke-sorgverpleegsters te ondersoek, met betrekking tot die konsep van kritiese denke, fasette wat die toepassing van kritiese denkvaardighede in ’n kliniese praktyk beïnvloed en die impak daarvan op die lewering van kwaliteit verpleegsorg. Die metodologie wat toegepas is, is ’n kwalitatiewe benadering deur middel van ’n gevalle-studie ontwerp. ’n Steekproefgrootte van ses deelnemers wat aan die inklusiewe kriteria voldoen het, is mee onderhoude individueel gevoer en daarna is met vyf van hierdie ses deelnemers in ’n fokusgroep onderhoude gevoer ten einde data op te neem wat andersins verlore kon geraak het. ’n Veldwerker was teenwoordig gedurende die proses van onderhoudvoering om die opgeneemde en getranskribeerde data te verifieer. Die data-insamelingsinstrument is in die vorm van ’n onderhoudsgids ontwikkel om die navorser gedurende die onderhoudvoering te help. ’n Loodsondersoek is uitgevoer om die haalbaarheid van die voorgestelde studie te ondersoek en is sodoende geskep om relevante inligting te onthul. Etiese goedkeuring vir die studie is verkry van die Gesondheidsnavorsing Etiese Komitee aan die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch. Goedkeuring en toestemming is van die hospitaalgroep aan wie die hospitaal behoort verkry, waar die studie onderneem is om sodoende onderhoude te kan voer met verpleegsters wat in die intensiewe-sorgeenhede werk. ’n Primêre, kwalitatiewe inhouds analise is gebruik om omderhoud data te analiseer wat fokus op die inhoud of kontekstuele betekenis daarvan. Kodering van die data deur die toepassing van die temas en sub-temas wat voorgekom het, is deur die navorser gedoen. Die data is onafhanklik gekodeer om die analise en interpretasie van die navorser te verifieer en te bekragtig ten einde die akkuraatheid en getrouheid in die formulering van die betekenis en interpretasie van gebeure met juiste weergawe daarvan, te verseker. Die resultate wat as hooftemas vanuit die individuele onderhoude voortgespruit het, asook die van die fokusgroep het die deelnemers se eie begrip van die konsep van kritiese denke en komponente wat die toepassing van kritiese denkvaardigheid in ’n kliniese praktyk beïnvloed, getoon. Die konsep van kritiese denke het die wyse waarop analitiese en onafhankilke denke, bevoegdheid en selfvertroue, asook kennis, vaardigheid en kundigheid die kwaliteit van pasiëntsorg beïnvloed, uitgebeeld. Die voortkomende data het daartoe aanleiding gegee dat die faktore wat die fasilitering en beperking van kritiese denke beïnvloed, bespreek kon word. Data rakende fasilitering het getoon hoedat die ondersteuning van die span, ervaring, blootstelling en die verruiming van die gees, kritieke-sorgverpleegsters positief kan beïnvloed om kritiese denke in hulle daaglikse verplegingsaktiwiteite effektief te kan toepas. Data wat verband hou met beperkings het getoon hoedat stres, professionele kwessies en besigwees kritieke-sorgverpleegsters negatief kan beïnvloed in die toepassing van kritiese denke gedurende daaglikse verplegingsaktiwiteite. Verskeie aanbevelings vir toekomstige navorsing is voorgestel.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/71821
This item appears in the following collections: