Moeders se fasilitering van hul voorskoolse kinders se emosionele ontwikkeling : 'n kinderregte perspektief

Date
2012-12
Authors
Albertyn, Angelique
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The emotional development of a preschool child is of great importance, since it serves as a basis for later emotional development. South African policy and legislation emphasizes the protection of preschool children and the provision of programmes that support the development of preschool children. Mothers are often the caregivers of preschool children and need to facilitate the emotional development of their preschool child. Therefore a study that examines mothers’ knowledge of the facilitation of preschool emotional development was conducted. An exploratory and descriptive study was conducted with 30 mothers that served as the primary caregiver of a preschool child or children. A semi-structured interview was conducted with each mother where quantitative as well as qualitative questions were asked. These questions were based on basic preschool emotional development in order to study mothers’ knowledge, perception and needs regarding preschool basic emotional development. Mothers’ knowledge of the Child Care Act 38 of 2005 was also researched. In this study mothers had good knowledge of basic preschool emotional development, but regardless of this knowledge, most mothers still had a need to learn more about preschool emotional development. Since only basic preschool emotional development was assessed, a study that investigates secondary emotional development needs to be conducted in order to create programmes that enhance knowledge of preschool emotional development. Regardless of mothers’ good knowledge of basic preschool emotional development, knowledge of the Child Care Act 38 of 2005 was poor. The Child Care Act 38 of 2005 is a national legal document that is applicable to all mothers and therefore it is important that mothers have knowledge regarding the content of this document. In this study mothers also indicated a need to learn more about the Child Care Act 38 of 2005, therefore the improvement of knowledge of the Child Care Act 38 of 2005 is a recommendation for service delivery for social workers at welfare organisations.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die emosionele ontwikkeling van ‘n voorskoolse kind is belangrik omdat dit dien as ‘n basis vir latere emosionele ontwikkeling. Suid-Afrikaanse beleid en wetgewing beklemtoon ook die beskerming van voorskoolse kinders en die voorsiening van programme wat ontwikkeling in hierdie ouderdomsgroep fasiliteer wat op die belangrikheid hiervan dui. Moeders is dikwels die versorgers wat emosionele ontwikkeling van voorskoolse kinders fasiliteer. Daarom is ‘n studie na die kennis wat moeders oor beskik om hierdie ontwikkeling te fasiliteer uitgevoer om areas vir vermeerdering van kennis te kan identifiseer. ‘n Verkennende en beskrywende studie is met 30 moeders wat die primêre versorgers van hul voorskoolse kinders is, onderneem. ‘n Semi-gestruktureerde onderhoud is met elke moeder gevoer, waarin kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe vrae gevra is oor basiese voorskoolse emosionele ontwikkeling om moeders se kennis, persepsies en behoefte aan kennis te ondersoek. Moeders se kennis van die Suid-Afrikaanse Kinderwet 38 van 2005 is ook ondersoek. Daar is bevind dat moeders oor goeie kennis beskik rakende die basiese emosionele ontwikkeling van ‘n voorskoolse kind. Alhoewel kennis van basiese emosionele ontwikkeling goed was, het meeste moeders meegedeel dat hulle oor ‘n behoefte aan verdere kennis beskik. Deurdat slegs basiese emosionele ontwikkeling ondersoek is, moet verdere studies onderneem word om sekondêre ontwikkeling te ondersoek en daarvolgens moet programme saamgestel word om areas waar kennis onderbreek, aan te vul. Ten spyte daarvan dat moeders se kennis van basiese voorskoolse emosionele ontwikkeling in hierdie studie goed was, was kennis van die Kinderwet 38 van 2005 min. Die Kinderwet 38 van 2005 word nasionaal toegepas op moeders met kinders en daarom is dit belangrik dat moeders van hierdie Wet kennis dra. In hierdie studie is‘n behoefte aan hierdie kennis rakende die Kinderwet 38 van 2005 aangedui en is die verbetering van kennis ten opsigte van die Kinderwet 38 van 2005 as ‘n aanbeveling vir dienslewering deur maatskaplike werkers by gesinsorgorganisasies gemaak.
Description
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Child development, Emotions in children, Social interaction in children, Social skills in children, Dissertations -- Social work, Theses -- Social work
Citation