Socioeconomic implications of global oil depletion for South Africa : vulnerabilities, impacts and transition to sustainability

Wakeford, Jeremy J. (2012-12)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Oil is the quintessential resource in the modern industrial economy. It accounts for a third of world primary energy, fuels 95% of global transport systems, sustains a highly mechanised agribusiness and food distribution industry, and provides the feedstock for a staggering array of petrochemical products. Historically, global economic growth has been closely coupled with consumption of energy in general and oil in particular. Yet oil is a finite resource subject to depletion, which has profound implications for the long-term sustainability of industrial civilisation. This dissertation addresses a serious dearth of attention given to this vital subject within South African energy, economic and policy discourses. The overarching aims are to understand the implications of global oil depletion for socioeconomic welfare in South Africa and to propose viable strategies and policies for mitigating and adapting to potential negative impacts. A comparative evaluation of three fields of study found that neoclassical economics is limited by its monistic and reductionist approach and its failure to adequately incorporate energy into its key theoretical models, whereas ecological economics and the socioecological systems approach together provide an appropriate, holistic lens for analysing the role of energy in socioeconomic systems. In this view, energy is the master resource: it is a pre-requisite for economic activity and societal complexity. A review of the literature on global oil depletion finds that a peak and decline in world oil production appears imminent, while world oil exports most likely peaked in 2005. Moreover, the energy return on (energy) investment (EROI) for global oil production is on a declining trend. The world oil peak thus marks the end of the era of cheap and abundant oil. Increasing oil scarcity will likely be reflected in oil prices following a rising trend with heightened volatility. While there are many potential substitutes for oil, all have significant limitations, most have lower EROI than oil, and it may take decades to scale them up sufficiently. Many aspects of the South African socioeconomic system are either directly or indirectly dependent on petroleum fuels, while structural features of the economy and society render them vulnerable to external shocks. Historical evidence and empirical models suggest that oil price and supply shocks will have debilitating socioeconomic impacts. Under business-as-usual policies and behaviours, future oil scarcity will likely lead at best to a gradual contraction in the economy with rising unemployment and inflation, and at worst to systemic collapse of interconnected critical infrastructure systems. A comprehensive range of mitigation measures are proposed, including accelerated investments in renewable energy and electrified mass transport, agro-ecological farming, greening the economy, monetary system reform, and rationing schemes to protect the most vulnerable members of society. Together these measures can build resilience to shocks and gradually decouple economic activity from petroleum consumption. A successful societal transition from a fossil fuel based industrial regime to a sustainable socioeconomic regime requires purposive government intervention, the promotion of sustainability-oriented innovations in technology and institutions, and the political will to surmount obstacles such as powerful vested interests and socio-technical lock-in.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Olie is die kern-hulpmiddel in die moderne bedryfsgerigte ekonomie. Dit is verantwoordelik vir ’n derde van die wêreld se primêre energie, verskaf die aandrywing vir 95% van alle vervoerstelsels, onderhou ’n hoogs gemeganiseerde landboubedryf en voedselverspreidingsnywerheid, en voorsien die voerstof vir ’n verstommende reeks petrochemiese produkte. Histories beskou, is globale ekonomiese groei ten nouste gekoppel aan die verbruik van energie oor die algemeen en aan olie in die besonder. Tog is olie ’n beperkte hulpbron wat onderworpe is aan uitputting en lediging, en dit hou gevolglik onmeetlike implikasies vir die algemene langtermyn volhoubaarheid van nywerhede in. Dié verhandeling neem die ernstige gebrek aan aandag binne Suid-Afrikaanse diskoerse oor energie, ekonomie en beleidsrigtings wat betref hierdie lewensbelangrike onderwerp, in oënskou. Die oorkoepelende doelwitte is om die implikasies van globale olie-uitputting op sosio-ekonomiese welvaart in Suid-Afrika te begryp, en om lewensvatbare strategieë en beleidsrigtings voor te stel waarvolgens potensiële negatiewe invloede getemper en by aangepas kan word. ’n Vergelykende evaluering van drie studieterreine het bevind neoklassieke ekonomie is beperk weens sy monistiese en verlagingsbenadering en sy mislukking om energie doelmatig in te sluit by sy sleutel teoretiese modelle, terwyl die benaderings van die ekologiese ekonomie en die sosio-ekologiese stelsels saam ’n toepaslike holistiese lens bied vir die analisering van die rol van energie in sosio-ekonomiese stelsels. In dié opsig is energie die meester-hulpmiddel: dit is ’n voorvereiste vir ekonomiese bedrywigheid en gemeenskapsverbondenheid. ’n Oorsig van die literatuur oor globale olie-lediging toon dat ’n toppunt en daling in wêreldolieproduksie onvermydelik blyk te wees – globale olie-uitvoer het na alle waarskynlikheid sy toppunt in 2005 bereik. Voorts toon die energie-opbrengs op (energie) investering, ofte wel EROI, ten opsigte van wêreldolieproduksie ’n dalende tendens. Die wêreldolie-toppunt dui dus op die einde van die era van goedkoop en oorvloedige olie. Toenemende olieskaarste sal waarskynlik blyk uit oliepryse wat ’n stygende tendens volg gepaard met verskerpte veranderlikheid. Hoewel daar talle potensiële plaasvervangers vir olie bestaan, het almal beduidende beperkinge, die meeste se EROI is laer as olie s’n en dit kan dekades duur alvorens hulle genoegsaam opgegradeer sal kan word. Vele aspekte van die Suid-Afrikaanse sosio-ekonomiese stelsel is of direk of indirek afhanklik van petroleum-brandstowwe, terwyl strukturele kenmerke van die ekonomie en samelewing hulle kwesbaar vir eksterne skokke laat. Lesse uit die verlede en empiriese modelle dui daarop dat die olieprys en skokke rondom die voorsiening daarvan verlammende sosio-ekonomiese impakte en invloede tot gevolg sal hê. Onder ’n sake-soos-gewoonlik-beleid en optrede, sal toekomstige olieskaarste, optimisties beskou, waarskynlik aanleiding gee tot geleidelike inkrimping van die ekonomie met gepaardgaande stygende werkloosheid en inflasie – pessimisties beskou, kan dit die sistematiese ineenstorting van kritiesbelangrike en onderling verbonde infrastruktuurstelsels beteken. ’n Omvattende reeks verligtingsmaatreëls word voorgestel, insluitende versnelde investering in hernubare energie en geëlektrifiseerde massavervoer, agro-ekologiese landbou, vergroening van die ekonomie, monetêre stelselhervorming en rantsoeneringskemas om die mees kwesbare lede van die samelewing te beskerm. Saam kan dié maatreëls veerkragtigheid vestig teen skokke en ekonomiese bedrywigheid geleidelik van petroleumverbruik losmaak. ’n Geslaagde samelewingsoorgang van ’n fossielbrandstof-gebaseerde nywerheidsbestel na ’n volhoubare sosio-ekonomiese bestel vereis doelmatige regeringsintervensie, die bevordering van volhoubaar-georiënteerde innovasies in

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/71729
This item appears in the following collections: