Die benutting van maatskaplikewerksupervisie in die onderrrig van 'n diverse studentepopulasie

Von Schlicht, Helena (2003-03)

Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Internationally accepted opinion is that the education of social work students is currently under pressure to more effectively prepare the students concerned for service delivery in changing circumstances. Emphasis is placed on the role that social justice, relevance of theory, respect for human rights, cross-cultural competencies and diversity currently play in service delivery to the client system and therefore also within the educational situation. Social work educators must be equipped to provide students with effective education and to facilitate an effective learning process for a diverse student population. Various authors point out that during the learning process students must first be empowered to take control of their own life decisions before being able to successfully render services to a client system. Such empowerment in a diverse setting can be achieved through both the educators and students utilizing their diversity of cultures, backgrounds and experiences as resources to increase learning expenences. Education of social work students occurs amongst others through supervision, which a competent social work educator gives to the student. It is the purpose of this study to examine the nature of education by means of supervision in a diverse student population. Appropriate adult learning models that strive towards empowering students through supervision in a diverse setting, are discussed, as well as the nature of the multicultural competencies of the social work educator concerned. Finally practical and theoretical guidelines are provided according to which social work supervision can be used successfully in the education of a diverse student population.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Internasionaal word die mening gehuldig dat die onderrig van maatskaplikewerkstudente tans onder druk is om die betrokke studente meer effektief vir dienslewering in veranderende omstandighede voor te berei. Klem word geplaas op die rol wat sosiale geregtigheid, relevansie van teorie, respek vir menseregte, kruiskulturele kompetensies en diversiteit tans in dienslewering aan die kliëntsisteem en dus ook in die onderrigsituasie, vertolk. Maatskaplikewerkdosente moet toegerus wees om effektiewe onderrig aan studente te gee en om 'n effektiewe leerproses vir 'n diverse studentepopulasie te fasiliteer. Verskeie outeurs wys daarop dat studente tydens die leerproses eers bemagtig moet word om beheer oor hulle eie lewensbesluite te neem alvorens tot suksesvolIe dienslewering aan 'n kliëntsisteem oorgegaan kan word. Sodanige bemagtiging in 'n diverse opset kan bereik word deurdat beide dosente en studente hulle verskeidenheid van kulture, agtergronde en ervarings as hulpbronne gebruik om leerervarings te verhoog. Onderrig van maatskaplikewerkstudente geskied onder andere deur supervisie wat deur 'n kompetente maatskaplikewerkdosent aan die studente gegee word. Hierdie studie het ten doel om die aard van onderrig deur middel van supervisie in 'n diverse studentepopulasie te ondersoek. Geskikte volwassene onderrigmodelle wat tydens supervisie in 'n diverse opset die bemagtiging van studente nastreef, word bespreek, asook die aard van die multikulturele kompetensies van die betrokke maatskaplikewerkdosent. Ten slotte word praktiese en teoretiese riglyne daargestel waarvolgens maatskaplikewerksupervisie suksesvol benut kan word in die onderrig van 'n diverse studentepopulasie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/70155
This item appears in the following collections: