n Ondersoek na die verskynsel van aparte koerante vir die bruin bevolking in Suid-Afrika

Date
1986
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
INLEIDING: Aparte uitgawes van koerante, of die sogenamde Ekutra-uitgawes vir die nie-blanke bevolking, staan vandag in die brandpunt van die gemeenskapsorg. In die breë gesien, word hulle met agterdog bejeën -- in hoofsaak vanweë hul aanhangsel-aansien. Juis omdat die meeste Ekstras 'n losstaande byvoegsel van 'n "blanke koerant" is, word die motiewe van sulke publikasies dikwels bevraagteken - veral in die geval van Afrikaanse koerante wat die Regering goedgesind is. In akademise kringe word Ekstras beskou as "net nog 'n manier om die beleid van apartheid werkbaar te maak". In sportpolitieke kringe bespeur 'n mens 'n gevoel wat dieper loop as net agterdog. Dit sou meer korrek wees om te sê die koerante wek wrewel. Soos 'n Sacos-sportman dit verwoord het: "Ekstras is net nog 'n manier om die bitter pil van apartheid so te versuiker dat 'n afstootlike stelsel makliker verieerbaar raak".
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1986.
Keywords
Colored people (South Africa) -- Attitudes, South African newspapers, Newspapers -- Extra editions, Dissertations -- Journalism, UCTD
Citation