Die leerbekwaamheid van die Graaff-Reinetse kleurling, in vergelying met die van die blanke en die naturel

Date
1900
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: In sy vergelykende ondersoek na die Leerbekwaamheid van die Suid-Afrikaanse Naturel en die van die Blanke ,het van Rensburg (1) tot die gevolgtrekking gekom dat die Naturel waarskynlik nie die Leer bekwaamheid het om hom in staat te stel om op gelyke voet met die Blanke mee te ding nie, behalwe in take van 'n buitengewone eenvoudige aard. Omdat ons in Suid-Afrika nou ook, behalwe die genoemde twee groot bevolkingsgroepe, 'n derde -groep het - die Kleurlinge - wat saamgestel is uit die vermenging (2) van verskillende rasse, Blank sowel as Gekleurd , doen die volgende vrae hulle onwillekeurig voor: Hoe sal die Kleurling presteer met betrekking tot die funksies wat getoets word deur die toetse wat van Rensburg op Blankes en Naturelle toegepas het en wat sal sy posisie in hierdie verband dus wees ten opsigte van die van die Blanke en die Naturel? Verder, kan hierdie vrae en hulle oplossing lig werp op die vraagstuk van 'n rasseverskil tussen die groepe? Dit was die doel van hierdie ondersoek om bostaande vrae te probeer beantwoord met betrekking tot die Kleurlinge van Graaff-Reinet en omstreke.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, [1940?].
Keywords
Colored people (South Africa) -- South Africa -- Graaff-Reinet, Learning ability, Intelligence tests, Dissertations -- Psychology, UCTD
Citation