Die gesinsbelewing van die oudste kind oor twee generasies

Date
1992-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study was to investigate whether any tendencies in the multigenerational transmission of the family experience of opposite sexed first born children over two successive generations could be identified. Bene and Anthony's Family Relations Test (Children's Versions, 1957; Adult Version, 1965) was administered to obtain data concerning the family experience of a group of first born parents and their eldest children of the opposite sex on the following four dimensions: - positive feelings going towards other family members (“Out⁺”) - negative feelings going towards other family members (“Out⁻”) - positive feelings coming from other family members (“In⁺”) - negative feelings coming from other family members (“In⁻”) The data was analized in order to identify tendencies in the multigenerational transmission of relationship patterns of the eldest child over two successive generations. Multigenerational transmission of the same relationship patterns was found on the incoming negative (“In⁻”) dimension of family experience for first born fathers and their eldest daughters only. Significant differences in the multigenerational transmission of relationship patterns on the other dimensions of family experience were found for first born fathers and their eldest daughters as well as for first born mothers and their eldest sons. These findings suggest that the transmission of similar family relationship sexed eldest patterns over children can position in the family. two successive generations of opposite not be assumed on shared ordinal Recommendations for further research in the multigenerational transmission of family relationship patterns are discussed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om met behulp van gesinsbelewingsdata tendense in die multigenerasietransmissie van teenoorgestelde geslag oudste kinders se gesinsbelewing oor twee generasies te identifiseer. Bene en Anthony se "Family Relations Testil(Vorms vir Kinders, 1957; Volwasse vorm, 1965) is gebruik om data te verkry van In groep eersgebore ouers en hul oudste kinders van die teenoorgestelde geslag op vier dimensies van gesinsbelewing naamlik; - uitgaande positiewe gevoelens teenoor ander gesinslede ("Uit⁺") - uitgaande negatiewe gevoelens teenoor ander gesinslede ("Uit⁻") inkomende positiewe gevoelens vanaf ander gesinslede ("In⁺") inkomende negatiewe gevoelens vanaf ander gesinslede ("In⁻") Die data is geanaliseer ten einde tendense in die multigenerasietransmissie van die verhoudingspatrone van die twee generasies oudste kinders te identifiseer. Multigenerasietransmissie van dieselfde verhoudingspatrone is slegs op die inkomende negatiewe dimensie ("In⁻") van gesinsbelewing vir eersgebore vaders en hul oudste dogters gevind. Op die ander gesinsbelewingsdimensies is beduidende verskille in die multigenerasietransmissie van verhoudingspatrone van sowel eersgebore vaders en hul oudste dogters as eersgebore moeders en hul oudste seuns gevind. Hierdie bevindinge dui daarop dat die transmissie van soortgelyke gesinsverhoudingspatrone tussen twee generasies teenoorgestelde geslag oudste kinders nie op grond van hul gemeenskaplike geboorteorde geimpliseer word nie. Aanbevelings vir verdere navorsing in die multigenerasietransmissie van gesinsverhoudingspatrone word bespreek.
Description
Tesis (M. Ed.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1992.
Keywords
Parent and child, Families, Dissertations -- Education
Citation