Die kulturele aktiwiteite van D.I.C. (Dirkie) de Villiers
Date
1991
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: THE CULTURAL ACTIVITIES OF D.I.C. (DIRKIE) DE VILLIERS
- Edward Aitchison
In this thesis the varied cultural activities of D.I.C.
(Dirkie) de Villiers are discussed. This Afrikaner cultural
leader is known principally for his work as inspector of
music, and later as Head of Music of the Department of
Education of the Orange Free State.
An outline of the history of music education in the Free
State (1850-1980) is provided, highlighting De Villiers'
contribution to music instruction in general and the
founding and establishment of the Free State Youth Choir and
orchestral training programme in particular.
De Villiers' activities as a creative and performing
musician, a music critic and journalist, his association
with South African broadcasting and his membership of a
considerable number of committees and societies, inter alia
the Syncdic Commission for Church Music of the Dutch
Reformed Church of South Africa and the Federation of
Afrikaans Cultural Societies, are discussed within a cultural - historical context.
The thesis concludes that De Villiers made a meaningful
contribution to especially the Afrikaans music culture in
South Africa. This is confirmed in part by various prestige
awards he received, two of the most important being the Order
of Merit, Class 1: Gold for outstanding public service from
the State President in 1987, and the Medal of honour for his
sustained contribution to Afrikaans music from the F.A.K. in
1988.
AFRIKAANSE OPSOMMING: DIE KULTURELE AKTIWITEITE VAN D. I. C. ( DIRl<IE) DE VILLIERS - Euward Aitchison In hierdie tesis word die veelsoortige kulturele aktiwiteite van D.I.C. (Dirkie) de Villiers bespreek. Hierdie Afrikaner kultuurleier is veral bekend vanwe sy werksaamhede as inspekteur van musiek, later Hoof van Musiek van die Onderwysdepartement van die Vrystaat (1956-1980). In 'n oorsig van die geskiedenis van musiekonderrig in die Vrystaat (1850-1980), word De Villiers se bydrae tot musiekopvoeding in die algemeen en die vestiging en uitbouiing van die vrystaatse Jeugkoor en orkesopleidingprogram in die besonder aangestip. Daar word ook, in kultuurhistoriese konteks, aandag gegee aan De Villiers se aktiwiteite as skeppende en uitvoerende kunstenaar, musiekkritikus en -joernalis, sy verbintenis met die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese en sy lidmaatskap van 'n aansienlike aantal komitees en verenigings onder andere die Sinodale Kommissie vir kerssang en -musiek van die Nederduits-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika en die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings. Die tesis toon aan dat De Villiers 'n beduidende bydrae veral tot die Afrikaanse musiekkultuur gelewer het. Dit word onder meer bevestig deur verskeie prestige toekennings wat hy in hierdie verband ontvang het. Hiervan is veral van belang Die Orde vir Voortreflike Diens, Klas 1: Goud, vir die lewering van besondere diens in die algemene openbare belang, wat hy in 1987 van die Staatspresident ontvang, asook die F.A.K.Erepenning vir volgehoue bevordering van die Afrikaanse Musiekkuns wat in 1988 deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings aan hom toegeken word.

Description
Thesis (M. Mus.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1991.
Keywords
De Villiers, Dirkie, -- 1920-1993, Conductors (Music) -- South Africa -- Biography, Composers -- South Africa -- Biography, Dissertations -- Music, UCTD