Die inheemse reg van die Kavango

Date
1977-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vyf stamme van die Kavango het 'n matriliniêr-geordende sosiale sisteem. Matriliniêre sosiale ordening het sekere belangrike gevolge vir die navorser op die terrein van die in heemse reg. In hoofsaak kom dit daarop neer dat 'n man in 'n pat riliniêrgeordende sosiale sisteem beheer oor die reproduksie-vermoëns van sy vrou verkry en terselfdertyd ook absolute beheerreg oor sy kinders. Daar word gese dAt die kinders aan die man en sy linie behoort. In 'n matriliniêre sisteem het die man geen regte op sy kinders nie. Kinders behoort aan die vrou en haar linie. Die moedersbroer speel 'n groot rol in die beheer oor die kinders. Die sosiale band tussen broers en susters is veel sterker ( 'n man se broers het byvoorbeeld 'n sterk aanspra ak op sy besittings, terwyl 'n vrou se kinders deur haar broer beheer word. 'n Vrou se status in die sosiale sisteem is ook hoër as wat die geval in 'n patriliniêre sisteem is, so ook haar status voor die reg. ('n Vrou word byvoorbeeld in 'n patriliniêre sisteem nooit as geregtelik volwasse beskou nie. Voor haar huwelik bly sy onder voogdyskap van haar vader en na haar huwelik onder voogdyskap van haar man. Sou haar huwelik ontbind word val sy wveer onder voogdyskap van haar vader. In 'n matriliniêr-geordende sisteem word 'n vrou gereken net so veel geregtelik volwasse te wees as 'n man.)
Description
Skripsie (M.A.)--Stellenbosch University, 1977.
Keywords
Law, Primitive -- Namibia -- Kavango, Kavango (Namibia)
Citation