Biologie van die wingerdfilloksera Phylloxera vitifoliae (Fitch)(Homoptera: Phylloxeridae) in Suid-Afrika

Date
1970
Authors
De Klerk, C. A. (Christiaan Andreas)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Verskeie aspekte van die biologie van die wingerdfilloksera is bestudeer. Die ondergrondse lewensiklus is in spesiale teelbakke waargeneem en die ontwikkelingstydperk van elke stadium word afsonderlik aangegee. Dit is bepaal dat die ontwikkeling van n eier tot n volwasse radicicolae-wyfie gemiddeld 22 dae duur en dat die ontwikkeling van n eier tot n alata gemiddeld 30 dae duur. Die leeftyd en tydperk van eierlegging van n volwasse wyfie asook die aantal eiers wat geproduseer word, word aangegee. Verskillende gegewens wat in verband met oorwintering verkry is, word bespreek. Die tyd van voorkoms van die verskillende stadia van die radicicolae-siklus in die natuur, is bepaal. Die aktiewe · stadium duur vanaf September tot Mei, die oorwinterende stadium vanaf April tot Oktober en nimfe kom voor vanaf November tot April. Met die gegewens verkry, is die aantal generasies per jaar teoreties bepaal. Filloksera is tot op n diepte van 1.2 m in die grond gevind. Daar is vasgestel dat verskillende grondtipes n invloed op die fillokserabesmetting het. Die besmetting neem af soos die persentasie fyn plus medium sandinhoud van n grond styg. Opnames het getoon dat 95% van die wingerde met Jacquez as onderstok in die Stellenbosch-area besmet is en dat ongeveer 25% van alle wingerde in die Olifantsrivier-besproeiingsgebied besmet is. Met behulp van sekere vangapparate is alatae vir die eerste keer in Suid-Afrika in die natuur versamel. Die leeftyd en eierproduksie van alatae en verskillende aspekte van die voorkoms van die galicolae-siklus word bespreek. Twee metodes is toegepas om morfologiese rasse van filloksera·te onderskei. Met behulp van een van die metodes kon verskille tussen die populasies van die twee geografies verskillende areas wat ondersoek is, aangetoon word.
ENGLISH ABSTRACT: None
Description
Thesis (MScConsEcol)--Stellenbosch University, 1970.
Keywords
Phylloxera -- South Africa, Grapes -- Diseases and pests -- South Africa, Dissertations -- Entomology, Theses -- Entomology
Citation