Die streekpatrone van Suidwes-Afrika

Date
1964
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hoewel Suidwes-Afrika in terme van oppervlakte ‘n groot land is, toon dit nie dieselfde regionale verskeidenheid as by die Republiek van Suid-Afrika nie. Eerder as ‘n land van kontraste, is dit ‘n land van geleidelike oorgange. Regionale teenstellings is daar wel, maar die onderlinge begrensinge tussen streek en streek is selde skerp. Omdat die natuur dus self geen duidelike streekbegrensingspatroon kon daarstel nie, sou ‘n analitiese bespreking van streekpatrone uit ‘n metodiese oogpunt hoogs twyfelagtig wees. Die bree benadering in hierdie werk is dus sistematies, m.a.w. landvorme, klimaat, natuurlike hulpbronne, bevolking, landbou, mynbou, industries en verkeer word afsonderlik behandel. Binne hierdie afdelings word dan gepoog om presiese streeksbegrensinge vas te lê. Dit word feitlik altyd op ‘n sintetiese wyse gedoen. Die klimaatselemente word byvoorbeeld eers bespreek en daarna word die klimaatstreke afgebaken. Die verskillende bedryfsvertakkinge van landbou en mynbou word ook eers behandel, waarna die kriteria, met behulp waarvan streeksindelings gemaak kan word, duidelik na vore tree, sodat grondbenutting- en mynboustreke in die laaste hoofstuk- ge= kombineer word ten einde ekonomies-geografiese streke te verkry. Slegs in die geval van reliëfstreke is analities te werk gegaan, want landvorme kan slleen regionaal op ‘n doeltreffende wyse gesistematiseer word. Verder is daar ook deurgaans, dwarsdeur .die werk, gepoog om die perspektief op die Gebied as geheel te stel. Skrywer het die heel eerste keer in 1958 met Suidwes-Afrika kennis gemaak, toe hy vanaf Julie tot Oktober daardie jaar stof vir ‘n M.A.-verhandeling oor Staatkundig-geografiese Aspekte van Suidwes-Afrika versamel het. Dié werk is aan die einde van 1959 afgehandel. Hoewel navorsing vir die huidige onderwerp reeds in Januarie 1961 ‘n aanvang geneem het, is die meeste van die veldwerk tussen vanaf Januarie tot Junie, en in November en Desember 1962 gedoen. Waar enigsins moontlik is probeer om feite en statistieke tot aan die einde van 1963 op datum te bring, maar in hoofsaak bied hierdie werk, veral wat die ekonomies-geografiese hoofstukke betref ‘n beeld van toestande soos dit in 1962 was. Wat landbou betref, was hierdie jaar, vanwee droogte en bek-en-klouseer, ongelukkig nie ‘n goeie verteenwoordigende jaar nie.
Description
Thesis (PhD) -- Stellenbosch University, 1964
Keywords
Natural resources -- Namibia, Geology -- Namibia, Namibia, Namibia -- Economic conditions, Dissertations -- Geography
Citation