Der Einfluβ waldbaulicher Maβnahmen auf die Sproβgewichte von Naturverjungungspflanzen im Bergmischwald : biometrische Auswertung eines waldbaulichen Versuches
Date
1990-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die uitwerking van boskultuurbehandelings op die bogrondse biomassa van
die natuurlike verjonging in gemengde gebergtebosse: statistiese
ontleding van 'n boskultuureksperiment.
In Suid-Duitsland heers daar baie kommer oor die deur die mens
veroorsaakte omsetting van die gemengde loofhout-naal dhout bosse in
monokulture van fynspar. Veral tans, met die beklemtoning op die
bewaring van die omgewing, het dit dringend noodsaaklik geword aan
hierdie probleem, met sy veelsydige sosiale en politieke aspekte, aandag
te gee.
In 1976 het die Leerstoel vir Boskultuur aan die Universiteit Munchen 'n
omvattende studie onderneem in die gemengde gebergtebosse in die
oostelike Beierse Alpe. Die projek was gerig op 'n in-diepte studie van
die meervoudige aspekte van die natuurlike verjonging in daardie
bostipe. Die tesis behandel die ontleding en interpretasie van 'n
gedeelte van die eksperimentele data en is beperk tot die distrik
Ruhpolding die Kalkalpe.
Die vernaamste doel van die huidige studie is die kwantitatiewe
ontleding van die invloed van opstandsdigheid op die verjonging, asook
van die uitwerking van beskerming van die verjonging teen wildskade
(deur middel van omheining) en die invloed van grondbewerking op die
verjonginsproses. .
In 'n eksperiment met twee herhalings is drie kroonvrystellingsvariante, naamlik 'n kontrolebehandeling (waarby geen borne verwyder is
nie), 'n swak vrystelling (met 'n verwydering van 30% van die basale
oppervlak) en 'n sterk vrystelling (met 'n verwydering van 50% van die
basale oppervlak) verkry.
Die kroonvrystellingsvariant is op hoofpersele met 'n area van 0.5
hektaar getoets, maar slegs die binneperseel met 'n area van 33 x 33 m
is vir die jaarlikse metings gebruik; terwyl die res van die perseel as
bufferstrook gedien het. Vir die doel van hierdie studie is elke
afsonderlike plant op so 'n wyse gemerk, dat die. ontwikkeling van die
plante ondersoek kon word. Binne elke
hoofperseel is 96 sistematies
verdeelde kwadrate met 'n area van 1 m2 uitgele. In verband met die
toetsing van die variante "omheining" en "grondbewerking" is die
hoofpersele in subpersele onderverdeel. Twee subpersele is steeds
omhein terwyl die grondbewerkingsbehandeling in een van hierdie twee
subpersele getoets is. In die, subperseel buite die beskermde persele is
geen grondbewerking toegpas nie.
Gedurende die herfs van 1986 is 2999 plante, van 144 kwadrate afkomstig,
geoes. Die geoeste materiaal het ook die wortelsisteem ingesluit. Op
elke plant is ''n hele aantal veranderlikes gemeet, soos die droe gewig
van die bogrondse plant, die ontkiemingsjaar en die voorkoms en graad
van beskadiging asook ande rveranderlikes.
Daar is van twee kenmerke gebruik gemaak om die opstandsdigtheid te
kwantifiseer, naamlik die relatiewe beligting en die opstandsdigtheid.
Laasgenoemde veranderlike is gedefinieer as di e kwadraat van die aantal
borne (van die volwasse opstand), gedeel deur sy basale oppervlak. Die uitwerking van die behandelingsvariante is getoets met behulp van 'n
regressiemodel met omheining as dummy-veranderlike, grondbewerking as 'n
tweede dummy-veranderlike en met of opstandsdigheid 6f relatiewe
beligting as kontinue onafhanklike veranderlike. Die model het ook
interaksies tussen hierdie veranderlikes ingesluit. Die afhanklike
veranderlike is of as die bogrondse droe gewig van die plant of die
totale droe gewig per hektaar gedefineer.
Verskei e transformasies van die afhanklike veranderl ike is getoets om
die variansie te stabiliseer en om normaal-verdeelde residue te verkry.
Die model wat die beste result ate van die transformasie gel ewer het, is
nietemin vir die doel van skattingsmodelle gekies.
Dit is gevind dat opstandsdigtheid en ligintensiteit sterk gekorreleer
is. Die groei van die vier boomsoorte wat 'ondersoek is, het sterk op
die gemanipuleerde ligintensiteit gereageer. Daar was geen aanduidings
dat grondbewerking wel 'n invloed op die bogrondse massa gehad het nie.
Dit word daaraan toegeskryf dat die grondtoestande in elk geval gunstig
vir die ontwikkeling van die, plante was. Die bogrondse biomassa is wel
geaffekteer deur die omheinings wat die plante teen wildskade beskerm
het. Die silverden het as gevolg van wildskade heeltemaal verdwyn en
beskerming teen wildskade deur middel van omheining is absoluut
noodsaaklik om die silverden se uitsterwe te voorkom.
Die studie het belangrike leidrade vir die bestuur van hierdie bostipe
opgelewer en sal daartoe kan lei dat die gemengde bosse behou word en
herstelling intree.
Description
Thesis (M. Sc.) -- University of Stellenbosch, 1990.
Keywords
Forests and forestry, Dissertations -- Forestry