SUNScholar will be offline for maintenance from 10:00 SAST on Wednesday the 21st of November 2018.

Der Einfluβ waldbaulicher Maβnahmen auf die Sproβgewichte von Naturverjungungspflanzen im Bergmischwald : biometrische Auswertung eines waldbaulichen Versuches

El Kateb, Hany (1990-03)

Thesis (M. Sc.) -- University of Stellenbosch, 1990.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die uitwerking van boskultuurbehandelings op die bogrondse biomassa van die natuurlike verjonging in gemengde gebergtebosse: statistiese ontleding van 'n boskultuureksperiment. In Suid-Duitsland heers daar baie kommer oor die deur die mens veroorsaakte omsetting van die gemengde loofhout-naal dhout bosse in monokulture van fynspar. Veral tans, met die beklemtoning op die bewaring van die omgewing, het dit dringend noodsaaklik geword aan hierdie probleem, met sy veelsydige sosiale en politieke aspekte, aandag te gee. In 1976 het die Leerstoel vir Boskultuur aan die Universiteit Munchen 'n omvattende studie onderneem in die gemengde gebergtebosse in die oostelike Beierse Alpe. Die projek was gerig op 'n in-diepte studie van die meervoudige aspekte van die natuurlike verjonging in daardie bostipe. Die tesis behandel die ontleding en interpretasie van 'n gedeelte van die eksperimentele data en is beperk tot die distrik Ruhpolding die Kalkalpe. Die vernaamste doel van die huidige studie is die kwantitatiewe ontleding van die invloed van opstandsdigheid op die verjonging, asook van die uitwerking van beskerming van die verjonging teen wildskade (deur middel van omheining) en die invloed van grondbewerking op die verjonginsproses. . In 'n eksperiment met twee herhalings is drie kroonvrystellingsvariante, naamlik 'n kontrolebehandeling (waarby geen borne verwyder is nie), 'n swak vrystelling (met 'n verwydering van 30% van die basale oppervlak) en 'n sterk vrystelling (met 'n verwydering van 50% van die basale oppervlak) verkry. Die kroonvrystellingsvariant is op hoofpersele met 'n area van 0.5 hektaar getoets, maar slegs die binneperseel met 'n area van 33 x 33 m is vir die jaarlikse metings gebruik; terwyl die res van die perseel as bufferstrook gedien het. Vir die doel van hierdie studie is elke afsonderlike plant op so 'n wyse gemerk, dat die. ontwikkeling van die plante ondersoek kon word. Binne elke hoofperseel is 96 sistematies verdeelde kwadrate met 'n area van 1 m2 uitgele. In verband met die toetsing van die variante "omheining" en "grondbewerking" is die hoofpersele in subpersele onderverdeel. Twee subpersele is steeds omhein terwyl die grondbewerkingsbehandeling in een van hierdie twee subpersele getoets is. In die, subperseel buite die beskermde persele is geen grondbewerking toegpas nie. Gedurende die herfs van 1986 is 2999 plante, van 144 kwadrate afkomstig, geoes. Die geoeste materiaal het ook die wortelsisteem ingesluit. Op elke plant is ''n hele aantal veranderlikes gemeet, soos die droe gewig van die bogrondse plant, die ontkiemingsjaar en die voorkoms en graad van beskadiging asook ande rveranderlikes. Daar is van twee kenmerke gebruik gemaak om die opstandsdigtheid te kwantifiseer, naamlik die relatiewe beligting en die opstandsdigtheid. Laasgenoemde veranderlike is gedefinieer as di e kwadraat van die aantal borne (van die volwasse opstand), gedeel deur sy basale oppervlak. Die uitwerking van die behandelingsvariante is getoets met behulp van 'n regressiemodel met omheining as dummy-veranderlike, grondbewerking as 'n tweede dummy-veranderlike en met of opstandsdigheid 6f relatiewe beligting as kontinue onafhanklike veranderlike. Die model het ook interaksies tussen hierdie veranderlikes ingesluit. Die afhanklike veranderlike is of as die bogrondse droe gewig van die plant of die totale droe gewig per hektaar gedefineer. Verskei e transformasies van die afhanklike veranderl ike is getoets om die variansie te stabiliseer en om normaal-verdeelde residue te verkry. Die model wat die beste result ate van die transformasie gel ewer het, is nietemin vir die doel van skattingsmodelle gekies. Dit is gevind dat opstandsdigtheid en ligintensiteit sterk gekorreleer is. Die groei van die vier boomsoorte wat 'ondersoek is, het sterk op die gemanipuleerde ligintensiteit gereageer. Daar was geen aanduidings dat grondbewerking wel 'n invloed op die bogrondse massa gehad het nie. Dit word daaraan toegeskryf dat die grondtoestande in elk geval gunstig vir die ontwikkeling van die, plante was. Die bogrondse biomassa is wel geaffekteer deur die omheinings wat die plante teen wildskade beskerm het. Die silverden het as gevolg van wildskade heeltemaal verdwyn en beskerming teen wildskade deur middel van omheining is absoluut noodsaaklik om die silverden se uitsterwe te voorkom. Die studie het belangrike leidrade vir die bestuur van hierdie bostipe opgelewer en sal daartoe kan lei dat die gemengde bosse behou word en herstelling intree.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/67215
This item appears in the following collections: