'n Ondersoek na die geskiktheid van sillabi vir gehoortoetse in gegradeerde musiekeksamens

Naude, Anna Catharina (1987-12)

Thesis (MMus) -- Stellenbosch University, 1987.

Thesis

VOORWOORD: Gedurende my tydperk as musiekonderwyseres het ek toenemend bewus geword van die belangrikheid van gehooropleiding in die musiekopleidingsprogram enersyds, en die gebrek aan motivering en 'n voldoende metodiek andersyds. Hierdie lewendige belangstelling in gehooropleiding en die probleme wat die vakgebied omring, het aanleiding gegee tot 'n ondersoek na die geskiktheid van die gehoortoetse soos dit voorkom in gegradeerde musiekeksamens. Die hoë standaard van gehooropleiding wat Dr. P.E.O.F. Loeb van Zuilenburg aan die Universiteit van Stellenbosch daargestel het, en die groot hoeveelheid bronne oor die onderwerp wat in die Musiekbiblioteek beskikbaar was, was die hoofredes vir my keuse van hierdie Universiteit vir nagraadse studiedoeleindes.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/65806
This item appears in the following collections: