Integrity assessment procedure for buffer dune systems on the Cape South Coast, South Africa

Barwell, Lauriston (2011-03)

Thesis (MScEng (Civil Engineering))--University of Stellenbosch, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The hypothesis postulated in this research, namely that the effectiveness of natural and constructed buffer dune systems can be assessed by a set of indicators that defines the integrity of the dune system and triggers informed management decisions, was evaluated and proved to be essentially true. Two key objectives, namely (1) the identification of key indicators that define the buffer dune integrity; and (2) the development of a scientifically defendable and practical checklist-based method of gathering qualitative information on the identified key indicators so as to guide decision-making at municipal level formed the core of the study. The six dune integrity indicators that collectively define the risk profile of a particular site along the Southern Cape coastline are (1) the degree of protection from prevailing wave energy, (2) the characteristics of the dominant winds and sand supply during the dry season, (3) the relative height of the foredune, (4) the degree of pressure on the buffer dune due to humans, (5) the vulnerability of the type of coastline to erosion, and (6) the coastline stability considering the prevailing coastal processes. The first two indicators relate to the natural (permanent) characteristics of the site and can be defined by experts and presented in the form of a risk and vulnerability atlas layer for direct use by non-experts. The third and fourth indicators relate directly to the implementation of proactive assessment and appropriate management actions to ensure a high level of buffer dune integrity. The last two indicators allow for management intervention to reduce the vulnerability but may entail costly engineering solutions and require expert input. A conceptual risk profile assessment procedure and a decision support guideline incorporating these indicators were developed and evaluated for relevance and practicality through a series of workshops with municipal officials along the south coast of South Africa. It was seen that although some initial basic training may be required, carrying out rapid assessments of the environmental status of key components of an identified human–nature system, such as a buffer dune, is practical and achievable by non-experts.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hipotese wat in hierdie navorsing gepostuleer is, naamlik dat die doeltreffendheid van natuurlike en geboude bufferduinstelsels geassesseer kan word deur ’n stel aanwysers wat die integriteit van die duinstelsel bepaal en ingeligte bestuursbesluite tot gevolg het, is getoets en bewys hoofsaaklik waar te wees. Twee sleuteldoelwitte, naamlik (1) die identifisering van sleutelaanwysers wat die bufferduinintegriteit bepaal; en (2) die ontwikkeling van ’n praktiese kontrolelys-gebaseerde metode wat wetenskaplik verdedigbaar is om kwalitatiewe inligting oor die geïdentifiseerde sleutelaanwysers in te samel ten einde besluitneming op munisipale vlak te bevorder, vorm die kern van die studie. Die ses duin-integriteitsaanwysers wat gesamentlik die risikoprofiel van ’n bepaalde terrein langs die kuslyn bepaal, is (1) die graad van beskerming teen die heersende golfenergie, (2) die kenmerke van die dominante winde en sandbron gedurende die droë seisoen, (3) die relatiewe hoogte van die voorduin, (4) die graad van druk op die bufferduin as gevolg van mense, (5) die eroderingskwesbaarheid van die soort kuslyn, en (6) die kuslynstabiliteit met inagname van die kusprosesse. Die eerste twee aanwysers het betrekking op die natuurlike (permanente) eienskappe van die terrein en kan deur kundiges bepaal word en in die vorm van ’n kaart in ’n risiko-enkwesbaarheidsatlas aangebied word vir direkte gebruik deur niedeskundiges. Aanwysers 3 en 4 hou direk verband met die implementering van tydige en deurlopende proaktiewe assessering en gepaste bestuursaksies om ’n hoë vlak van bufferduinintegriteit te verseker. Aanwysers 5 en 6 bevorder bestuursaksies om kwesbaarheid te verminder, maar kan moontlik duur ingenieursoplossings inhou en kundige insette benodig. ’n Konseptuele risikoprofielassesseringsprosedure en ’n besluitondersteuningsriglyn wat die aanwysers insluit, is ontwikkel en geëvalueer vir toepaslikheid en uitvoerbaarheid deur ’n reeks werkswinkels met munisipale amptenare aan die suidkus van Suid-Afrika. Hoewel aanvanklike basiese opleiding nodig kan wees, bly dit dat vinnige assessering van die omgewingstatus van sleutelkomponente van ’n geïdentifiseerde mens–natuurstelsel, soos ‘n bufferduin, prakties en haalbaar deur niedeskundiges is.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/6524
This item appears in the following collections: