Die Nama van Gibeon : 'n etnografiese studie met besondere verwysing na sosiaal-ekonomiese aspekte

Du Pisani, Etienne (1976)

Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1976.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel met die onderhawige studie is in ooreenstemming met die breë benadering daarvan, naamlik 'n etnografiese studie van die huidige lewenspatroon van die Nama van die Gibeongebied. Genoemde doelstelling is onses insiens belangrik omdat die bestaande literatuur oor die Nama, met die moontlike uitsondering van die werke van Koernlé en Schapera, deur 'n sterk historiese inslag gekenmerk word. Die kontemporêre lewenspatroon van hierdie mense lê gevolglik wetenskaplik-gesproke grootliks "onontgin". Die vernaamste nadeel van genoemde holistiese benadering wat in hierdie studie gevolg word, is die swak teoretiese verandering van data.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/64347
This item appears in the following collections: