Hottentot-regimente aan die Kaap, 1781 - 1806 : 'n uiteensetting van die ontstaan en ontwikkeling van die eerste Hottentot-regimente en hulle aandeel in die verdediging van die Kaapkolonie
Date
1969
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die geskiedenis van die eerste Hottentot-regimente kan as
'n dee I van die mi I itere tradisie van die kleurl inge van die
twintigste eeu beskou word.
Daar bestaan tot nog toe geen vol ledige geskiedenis van
die eerste Hottentot-regimente aan die Kaap nie. Dit was oorspronkl
ik my plan om die geskiedenis van hierdie regimente tot
1870 in 'n skripsie aan te bied, maar dit was 'n onbegonne taak
om alle argivale materiaal vir so 'n omvattende onderwerp bevredigend
deur te werk. Daarom het ek dit nodig gevind om net die
tydperk tot 1806 deeglik te ondersoek vir hierdie skripsie. Die
jaar 1806 vorm 'n natuurlike afsluitingspunt vir die geskiedenis
van die eerste Hottentot-regimente.
Die voorafgaande kwarteeu was 'n gebeurtenisvolle tydperk
in die Kaapse geskiedenis. Orie verski I lende buitelandse regerings,
t.w. die van Nederland onder die Oranje-vorstehuis,
die Britse lmperiale regering en die Bataafse republikeinse
bewindhebbers, het agtereenvolgens oor die Kaap gesag gevoer.
In al hierdie regeringstye was daar Hottentot-regimente aan die
Kaap. Dit was juis hierdie feit wat my aangespoor het om die
aandeel van die Hottentot-regimente in die mi I itere, pol itieke,
maatskapl fke en ekonomiese struktuur van die Kolonie tussen
1781 en 1806 te probeer vasstel.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1969.
Keywords
Khoikhoi (African people), Cape of Good Hope (South Africa) -- History, Military, Dissertations -- History, UCTD