Sielkundige faktore en beserings by padatlete

Date
1994-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The main purpose of this study was to augment the existing body of knowledge on the relationship between stress and injuries by including a wider spectrum of psychological variables related to sports injuries and at the same time attempt to elimininate the limitations of previous studies in this area. A group of road runners (37 males and 7-females) was monitored throughout a season of competitive road running. A series of questionnaires was completed by the sample which investigated the following variables: motives for participation, competitive anxiety, locus of control, neuroticism, introversion-extroversion, life events, daily hassles, illnesses and injuries. In contrast to findings of other studies no relationship was found between the occurance of important life events and the prevalence of illnesses/injuries. However, athletes who experienced a high incidence of daily stresses over the four-month investigation period were more prone to illness/injury than those athletes who reported fewer daily hassles. In addition, those athletes with higher scores on neuroticism and competitive anxiety were more susceptible to the effect of stress on the incidence of injuries. Although a positive relationship was found between neuroticism and external locus of control as well as daily hassles, these two personality characteristics did not show a positive relationship with the incidence of illnesses/injuries. The results of this study have practical implications regarding the coping skills of competitive sportspersons. The supportive function of the coach, team mates, family and friends is emphasised. Futhermore, the role of the sports psychologist in assisting sportspersons with the acquisition of coping skills is underlined.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoel van hierdie studie was om die bestaande kennis van die verband tussen stres en beserings uit te brer en om 'n meer omvattende spektrum van sielkundige veranderlikes wat verband hou met sportbeserings aan te vul deur die beperkings van vorige studies te probeer uitskakel. 'n Groep atlete (37 mans en 7 dames) is oor 'n seisoen van deelname aan padwedloopkompetisies gemonitor. 'n Reeks vraelyste is op 'n gereelde basis aan die atlete gepos waarmee die volgende veranderlikes ondersoek is: motiewe vir deelname, kompetisie-angs, lokus van kontrole, neurotisisme, introversie-ekstroversie, lewensgebeure, daaglikse irritasies, siektes en beserings. In teenstelling met die bevindinge van ander studies is geen verband tussen die teenwoordigheid van belangrike lewensgebeure en die voorkoms van siektes/beserings gevind nie. Atlete wat egter 'n hoe voorkoms van daaglikse irritasies oor die toetsperiode van ongeveer vier maande ervaar het, was meer geneig tot siekstes en beserings as diegene wat minder daaglikse irritasies gerapporteer het. Verder blyk dit dat atlete met hoer tellings in neurotisisme en kompetisieangs meer vatbaar is vir die invloed van stres op die voorkoms van beserings. Hoewel daar 'n positiewe verband gevind is tussen neurotisisme en 'n eksterne lokus van kontrole asook daaglikse irritasies, het hierdie twee persoonlikheidseienskappe nie 'n beduidende verband getoon met die voorkoms van siektes/beserings nie. Die resultate van hierdie studie hou praktiese implikasies in vir die hanteringsvaardighede van mededingende sportlui. Die ondersteunende rol van die afrigter, spanmaats, gesin en vriende word beklemtoon. Verder wys dit ook op die belangrikheid van sportsielkundige leiding by die aanleer van hanteringsvaardighede deur sportlui.
Description
Tesis (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1994.
Keywords
Athletes -- Psychology, Sports injuries, Dissertations -- Human movement studies
Citation