'n Ondersoek na die faktore wat blanke en kleurling geregistreerde verpleegkundiges in die Republiek van Suid-Afrika beinvloed om uit die verpleegberoep te tree

Date
1981
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die Republiek van Suid-Afrika sowel as in die meeste ontwikkelde lande bestaan daar in mindere of meerdere mate n tekort aan geregistreerde verpleegkundiges. Feitlik elke persoon huldig sy eie mening waarom hierdie tekort bestaan en gevolglik bied elkeen dan ook volgens sy eie oortuigings, oplossings vir die probleem aan. Daar bestaan egter geen kitsoplossings om die getalle geregistreerde verpleegkundiges aan te vul nie. Daar is slegs twee bronne waaruit hierdie getalle aangevul kan word en dit is eerstens om meer jong rekrute vir die beroep te werf en hulle te behou en tweedens deur die nie-praktiserende verpleegkundiges te oorreed om weer tot die verplegingsberoep toe te tree. Daar bestaan bewyse dat die aantal reserweverpleegsters inn gemeenskap sodanig is, dat volgehoue pogings om hulle weer terug te kry in die verpleegberoep, geregverdig is.
Description
Dissertation (DVerpl.) - University of Stellenbosch, 1981.
Keywords
Nurses -- Job satisfaction -- South Africa, Nurses -- Supply and demand -- South Africa, Nursing -- Social aspects -- South Africa, Nursing services -- South Africa -- Personnel management, Dissertations -- Nursing, UCTD
Citation