Fabriekwerksters in Kaapstad : 'n sosiologiese studie van 540 blanke- en kleurlingfabriekwerksters

Theron, Erika (1942)

Proefskrif (D. Phil.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1942.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die toenemende groei van die nywerhede in Suid-Afrika gedurende die afgelope vyftien tot twintig jaar het beteken dat daar 'n vermeerdering van arbeidskanse vir vroulike arbeiders op die gebied moontlik gemaak is. Terwyl daar in 1923-24 in die Unie 7104 blanke en 7136 nie-blanke d.w.s. 'n totaal van 14240 vroulike persone in fabrieke werksaam was, vind ons dat in 1937-38 die getalle gestyg het tot 27483 blanke en 10534 nie-blanke of 'n totaal van 38017 vroulike persone. Die aantal fabriekwerksters in die Unie het dus gedurende daardie veertien jaar meer verdubbel. Wanneer die Kaapse Skiereiland alleen geneem word, vind ons dat in 1923-24 hier 1622 blanke en 4289 nie-blanke of 'n totaal van 5911 vroulike persone in fabireke werksaam was. In 1938 is daar eter volgens persoonlike berekinge ongeveer 'n 10000 vrolike persone weksaam waarvan ongeveer 60% kleurlinge is.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53900
This item appears in the following collections: