Neo-liberalisme, ekonomiese groei, ongelykheid en armoedeverligting in Suid-Afrika : 'n evaluering
Date
2004-04
Authors
Du Toit, Frouwien Reina
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The goal of this thesis was to evaluate the success of neo-liberalism in South Africa, with
specific reference to the capacity of the policy to eradicate poverty and reduce inequality.
The dispute about the aptness of nee-liberalism in South Africa also relates to the broader
debate concerning the success of neo-liberalism in creating economic growth to the
benefit of all members of society. A qualitative analysis of the research and diverging
opinions with regards to neo-liberalism was used to derive an objective framework for
the evaluation of economic policy. This framework was then used as the basis of an
evaluation of the success of neo-liberalism in South Africa.
It was found that neo-liberalism is generally successful in the generation of economic
growth with the capacity to address poverty, and that the implementation of neo-liberal
policies does not necessarily lead to an increase in inequality. It was, however, also
proven that there are specific cases in which neo-liberalism is not successful. It was
therefore argued that the continuation of neo-liberal policies in South Africa cannot be
justified on the grounds of the success of the policy in the global context. Seeing as the
success of the policy seems to be context specific, it was argued that evaluations of the
policy should have the same context specific basis.
Since South Africa's political transition ID 1994, neo-liberalism has gradually been
established as the foundation of economic policy. The success of neo-liberalism in South
Africa was therefore evaluated through an analysis of the changes in the levels of poverty
and inequality in the country since this transition. It was found that very little progress
has been made in the reduction of inequality, that poverty has increased and that South
Africa's Human Development Index (as an indication of the success of development
policy) has decreased since 1994.
It was therefore concluded that neo-liberalism in South-Africa is not successful, and that
it is thus necessary to identify an alternative framework for the eradication of poverty and
reduction of inequality in the country.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie tesis was om die sukses van neo-liberalisme in die verligting van armoede en vermindering van ongelykheid in Suid-Afrika te bepaal. Die debat oor die wenslikheid van neo-liberalisme in Suid-Afrika skakelook in by die breër debat rakende die sukses van neo-liberalisme in die generering van ekonomiese groei tot voordeel van alle lede van die samelewing. Daar is daarom gepoog om deur 'n kwalitatiewe analise van die navorsing en verskillende standpunte oor die onderwerp 'n objektiewe raamwerk vir die evaluering van ekonomiese beleid af te lei. Hierdie raamwerk is gebruik as basis vir 'n evaluering van neo-liberalisme in Suid-Afrika. Daar is bevind dat neo-liberalisme oor die algemeen suksesvol is in die generering van ekonomiese groei ter verligting van armoede, en dat die implementering van neo-liberale ekonomiese beleidsmaatreëls nie noodwendig gepaard gaan met groter ongelykheid nie. Daar is egter ook bewys gelewer van spesifieke gevalle waar neo-liberalisme onsuksesvol is. Daarom word daar geredeneer dat die voortsetting van neo-liberalisme in Suid-Afrika nie op grond van die sukses van die beleid in die globale konteks gemotiveer kan word nie. Die sukses van die beleid blyk konteks-spesifiek te wees, en die evaluering daarvan behoort dus dieselfde konteks-spesifieke basis te hê. Neo-liberalisme is sedert die politieke oorgang in Suid-Afrika in 1994 geleidelik gevestig as die basis van ekonomiese beleid. Die sukses van neo-liberalisme in Suid-Afrika is dus geëvalueer deur 'n analise van die veranderinge in vlakke van armoede en ongelykheid sedert hierdie oorgang. Daar is bevind dat daar min vordering gemaak is met die vermindering van ongelykheid, dat vlakke van armoede verhoog het, en dat Suid-Afrika se Menslike Ontwikkelingsindeks (as aanduiding van sukses van ontwikkelingsbeleid) sedert 1994 afgeneem het. Daar is dus tot die gevolgtrekking gekom dat neo-liberalisme in Suid-Afrika rue suksesvol is nie, en dat dit nodig is om 'n alternatiewe raamwerk vir die verligting van armoede en vermindering van ongelykheid in die land te identifiseer.

Description
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2004.
Keywords
Equality -- South Africa, Poverty -- South Africa, South Africa -- Economic conditions -- 1991-, South Africa -- Politics and government -- 1994-, South Africa -- Social conditions -- 1994-, Dissertations -- Political science, Theses -- Political science