Die rol van aftree-oorde in die behuisingsvoorsiening vir bejaardes in Groter Kaapstad : 'n stedelike geografiese perspektief
Date
2004--04
Authors
Froneman, C. A
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: During the 1990s in South Africa an increasing need for care and housing for the aged
became evident. On the one hand greater longevity created a rapid increase in the
number of aged people of all population groups, and on the other, changes in government
policy foreshadowed a drastic scaling down of the role of the state with regard to the
supply of housing for the aged. In the midst of these changes, one type of housing for the
aged has remained outside the pale of the altering policy scenario: retirement villages.
This then is the main focus of the study.
Taking into account the fact that retirement villages presently focus mainly on a single
elderly group, namely wealthy white persons, and set against the backdrop of the
changing situation regarding policy towards housing for the aged, the question arises
whether in future retirement villages will be capable of providing housing for a greater
percentage of elderly people than at present. The present demand and supply of
retirement villages is critically evaluated within the context of housing for the aged in
general in order to contribute to a future vision for housing for the aged within the new
South Africa. In view of this - and taking into account cultural, financial and age differences
- the housing and care needs, as well as the preferences and perceptions of 228 elderly
persons, are analysed and compared in this respect with the views of relevant interested
parties, namely gerontologists, sociologists, non-governmental organizations and
retirement village developers.
In focusing on 34 retirement villages in the greater Cape Town area, this study fills the gap
that exists within urban geography regarding housing for the aged. An analysis is done of
the location of retirement villages in this area, as well as of the factors that influence the
selection of locations for such housing schemes. Not only are issues of supply and
demand addressed, but also the problems with which the retirement village industry has to
deal, such as service delivery, grading (classification status according to specific
standards) and the spatial placing of villages. In this wayan attempt is made to find a
solution to related problems.
The most important conclusion that arose from this research can be summarized as being
that elderly people show a lack of knowledge regarding the services offered by these facilities. For this reason retirement villages have been classified under four headings,
according to the care services they offer, namely the independent lifestyle village, the
supportive care village, the continuous care village and the care for life village. Retirement
villages can play an ever-increasing role in providing housing and care for the aged. This
will only happen if the various preferences, opinions and perceptions of the different
groups of elderly persons are seriously considered and compared to the views of the
experts in the field.
The basic preferences of the aged can be summarised as: renting residential units instead
of buying them; no luxuries such as therapy services; safety considerations incorporated in
the design of the interior of the units; being able to use their own furniture in the units;
primary health care offered; availability of recreational facilities; good corporate
management and accessibility to essential services (in terms of the location of the village).
In conclusion, experts of retirement village housing should avoid problems that stem from
injudiciously developing complexes that through their inaccessiblity isolate residents from
the rest of the community.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid-Afrika is die negentigerjare van die vorige eeu gekenmerk deur 'n toenemende behoefte aan die versorging van en behuising vir bejaardes. Enersyds het langer lewensverwagting 'n snelle toename in die getal bejaardes onder alle bevolkingsgroepe meegebring en andersyds het veranderings in owerheidsbeleid 'n drastiese afskaling in die rol van die staat met betrekking tot behuisingsvoorsiening aan bejaardes in die vooruitsig gestel. Te midde van die verandering ten opsigte van behuisingsvoorsiening vir bejaardes, is daar egter een tipe behuising vir bejaardes wat buite die veranderde beleidstoneel van die staat staan, naamlik aftree-oorde - wat dan die hooffokus van hierdie ondersoek is. In die lig van die veranderende beleidsomgewing rakende die voorsiening van behuising aan bejaardes ontstaan die vraag of aftree-oorde in die toekoms aan 'n groter persentasie bejaardes as tans behuising kan voorsien, gegee die feit dat aftree-oorde tans veralop 'n enkele groep bejaardes, naamlik welgestelde wit bejaardes, fokus. Die huidige vraag na en aanbod van aftree-oorde word in die lig hiervan krities evalueer teen die agtergrond van behuising vir bejaardes in die algemeen ten einde te help bou aan 'n toekomsvisie vir die behuising vir bejaardes in die nuwe Suid-Afrika. Met die oog hierop word die behuisingsen versorgingsbehoeftes, -voorkeure en -persepsies van 228 bejaardes ontleed (gegee hul kulturele, finansiële en ouderdomsverskille) en dan vergelyk met die menings van tersake rolspelers aan die aanbodkant, naamlik gerontoloë, sosioloë, nieregeringsinstansies en die ontwikkelaars van aftree-oorde. Hierdie studie vul die leemte wat binne stedelike geografie bestaan ten opsigte van bejaardes, deur te fokus op 34 aftree-oorde in Kaapstad en sy soomdistrikte met 'n ontleding van die ligging van oorde in hierdie gebied, asook van faktore wat die plasingskeuse van oorde beïnvloed. In die navorsing word nie net die vraag en aanbod van aftree-oorde aangespreek nie, maar ook die probleme waarmee die aftree-oord industrie te doen het, soos dienslewering, gradering (klassifikasie-status volgens bepaalde maatstawwe) en die ruimtelike plasing van oorde om 'n bydrae tot die oplossing van sodanige probleme te kan lewer. Die belangrikste gevolgtrekkings van hierdie studie kan soos volg opgesom word: Daar is 'n gebrek aan kennis by bejaardes ten opsigte van die dienste wat verskillende aftree- oorde aan die bejaarde bied. Vir hierdie rede is aftree-oorde op grond van hulle versorgingsdienste in vier groepe geklassifiseer, naamlik die onafhanklike lewenstyloord, die ondersteuningsdiensoord, die volgehoue versorgingsoord en die lewenslange versorgingsoord. Aftree-oorde kan 'n al groter rol in die voorsiening van behuising aan en versorging van bejaardes speel mits aandag gegee word aan die verskillende voorkeure, menings en persepsies van die verskillende bejaarde groepe en hoe dit met dié van die deskundiges verskil. Die basiese voorkeure van bejaardes kan opgesom word as: die huur van wooneenhede in plaas van om te koop; geen luukshede soos terapiedienste nie; die veiligheidsbewuste ontwerp van die interieur; die gebruik van eie meubels in die wooneenhede; die voorsiening van primêre gesondheidsorg; die beskikbaarheid van rekreasiefasiliteite; die goeie bestuur van die oord en die geskikte ligging van die oord ten opsigte van die belangrikste dienste. Laastens moet deskundiges van aftree-oord behuising waak teen probleme wat sentreer rondom die plasing van 'n oord asook die isolasie van die aftreeoord inwoners van die gemeenskap.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2004.
Keywords
Retirement communities -- South Africa -- Cape Town Metropolital Area, Older people -- Housing -- South Africa -- Cape Town Metropolitan Area, Dissertations -- Geography and environmental studies, Theses -- Geography and environmental studies