Criteria for a multifunctional, monolingual dictionary in junior secondary education

Louw, Phillipus Adriaan (2004-03)

Dissertation (DLitt)--Stellenbosch University, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The decision to move away from a content-based education system to an outcomes-based system has necessitated a fresh look at the role of dictionaries in the South African classroom. The current metalexicographical literature clearly shows that there are two areas of particular concern. Firstly, the dictionary culture in schools needs to improve. The acquisition of better dictionary skills needs to be aggressively pursued, as dictionaries are not only vital instruments in the classroom but also in the life-long learning process. Teacher training will play an important role in the fulfilment of this vision. There are, however, also serious concerns regarding the user-friendliness of the current school dictionaries and other dictionaries employed in South African classrooms. In this dissertation the structural deficiencies of monolingual dictionaries with English as a treated language and used in the junior secondary learning stage will be discussed. Furthermore, a model for a new monolingual school dictionary that balances innovation with the adherence to dominant procedures and practices will be presented. Such a dictionary must not only be a powerful communicative tool, but will also have important pedagogical functions that, in adherence to the user perspective, shape its typological and structural profiles. Possible typological and structural profiles for the proposed dictionary will be discussed in detail in this dissertation. It is important that the lexicographer ensures that the user reaches the information he/she is looking for, as swiftly as possible. Accordingly, the role of the macrostructure will be discussed cursorily and the role of guide structures and accessory texts in more detail. The focal point of this dissertation will, however, be the role of the microstructure in ensuring both communicative and pedagogical success. The role and value of data on pronunciation and grammar, and pragmatic and etymological data will be discussed, but the transfer of semantic data will be emphasised. More comprehensive microstructural treatment than is found in the current school dictionaries will be pleaded for throughout. In this regard the findings of an empirical probe conducted in three schools will be employed to support some of the assumptions and proposals. The need for more comprehensive items giving the meaning paraphrase is one of the most prominent findings in this probe, and an innovative way of constructing such items scientifically, yet, with the user's needs in mind, will be presented. Ultimately the vision is for a junior secondary school dictionary that can function as a powerful communicative and pedagogical tool to aid in the linguistic empowerment of both mother-tongue and non-mother-tongue learners of English in an OBE-classroom context. An integration of a study of existing literature, analysis of material from the current school dictionaries and data obtained empirically should, however, not only lead to criteria useful for dictionaries with English as treated language. The criteria given in this dissertation also provide valuable guidelines for the broader South African and international pedagogical lexicography.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die besluit om weg te beweeg van 'n inhoudsgebaseerde onderrigstelsel na 'n uitkomsgebaseerde onderrigstelsel noodsaak 'n vernuwende blik op die rol van woordeboeke in die Suid-Afrikaanse klaskamer. Die huidige metaleksikografiese literatuur dui veral op twee probleemareas. Eerstens moet die woordeboekkultuur in skole verbeter. Die verwerwing van beter woordeboekgebruiksvaardighede moet op 'n aggressiewe wyse nagevolg word, want woordeboeke is baie belangrike hulpmiddels in die klaskamer asook in die lewenslange leerproses. Die opleiding van onderwysers sal 'n belangrike rol speel om te verseker dat hierdie visie deurgevoer word. Daar is egter ook ernstige voorbehoude aangaande die gebruikersvriendelikheid van die skool- en ander woordeboeke wat tans in Suid-Afrikaanse klaskamers gebruik word. In hierdie proefskrif word die strukturele tekortkominge van eentalig verklarende woordeboeke met Engels as behandelde taal wat op junior sekondêre vlak gebruik word, bespreek. 'n Model vir 'n nuwe eentalig verklarende skoolwoordeboek wat vernuwing en 'n behoud van dominante prosedures en praktyke met mekaar balanseer, word dan aangebied. So 'n woordeboek moet nie net 'n kragtige kommunikatiewe werktuig wees nie, maar het ook belangrike pedagogiese funksies wat in navolging van die gebruikersperspektief, die tipologiese en struktuurprofiele daarvan bepaal. Moontlike tipologiese en struktuurprofiele van die voorgestelde woordeboek word in detail bespreek in hierdie proefskrif. Dit is belangrik dat die leksikograaf verseker dat die gebruiker so vinnig moontlik die inligting waarvoor gesoek word, bereik. Derhalwe word die rol van die makrostruktuur vlugtig, en die rol van gidsstrukture en hulptekste in detail bespreek. Die fokuspunt van hierdie proefskrif sal egter die rol van die mikrostruktuur in die versekering van kommunikatiewe en pedagogiese sukses wees. Die rol en waarde van uitspraakdata, grammatikale, pragmatiese en etimologiese data sal bespreek word, maar die oordrag van semantiese data sal beklemtoon word. Meer omvattende mikrostrukturele bewerking as wat tans in die skoolwoordeboeke aanwesig is, sal deurgaans bepleit word. In hierdie verband sal die bevindinge van 'n empiriese steekproef wat in drie skole onderneem is, benut word om sekere van die aannames en voorstelle te ondersteun. Die noodsaak vir meer omvattende items wat die betekenisparafrase aanbied, is een van die steekproef se prominentste bevindinge en 'n innoverende manier om sodanige items wetenskaplik saam te stel, sal derhalwe bespreek word. Dié visie is uiteindelik vir 'n junior sekondêre skoolwoordeboek wat beide as 'n kragtige kommunikatiewe en pedagogiese hulpmiddel kan optree om te help met die linguistiese bemagtiging van moedertaal- en niemoedertaalleerders van Engels in 'n UGO-klaskamerkonteks. 'n Integrasie van 'n studie van bestaande literatuur, analise van materiaal uit huidige skoolwoordeboeke en data verkry deur middel van empiriese studie behoort egter nie net te lei tot die vasstel van kriteria wat van nut kan wees vir woordeboeke met Engels as behandelde taal nie. Die kriteria uiteengesit in hierdie tesis bied hopelik ook waardevolle riglyne vir die breër pedagogiese leksikografie in Suid-Afrika en wêreldwyd.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53735
This item appears in the following collections: