Automatic music transcription : an exploratory study

Matthaei, Peter E (2004-04)

Thesis (MScEng) -- University of Stellenbosch, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: In a pioneering project for the University of Stellenbosch, and indeed South Africa, an automatic music transcription system was designed to explore the underlying theory, concepts and problematies of polyphonic music transcription. Automatic music transcription involves knowledge from the fields of acoustics, music theory, digital signal processing and information theory. The key concepts from these contributing fields as they relate to transcription systems are described in overview. A transcription system is then developed which includes components for FFT-based multipitch estimation, basic post-processing, estimation of the degree of polyphony, key determination, note duration quantisation and score output. The operation of the system is explained and tested at the hand of a synthetic polyphonic signal. The system produced usable transcriptions of real monophonic input signals to scores with standard notational symbols. The success of the system (as are the successes of all published polyphonic transcription systems) was limited for real polyphonic music signals. Nonetheless, the initial results are encouraging and indicate that the current implementation can serve as a platform for a more sophisticated and accurate system.

AFRIKAANSE OPSOMMING: In 'n baanbrekersprojek vir die Universiteit van Stellenbosch (en die breër Suid-Afrika) is 'n outomatiese musiek transkripsie stelselontwerp om die onderliggende teorie, konsepte en problematiek van polifoniese musiek transkripsie te ondersoek. Outomatiese musiek transkripsie kombineer kennis uit die navorsingsvelde van akoestiek, musiekteorie, syferseinverwerking en informasieteorie. Die sluitelkonsepte van elkeen van hierdie velde word kortliks weergegee soos dit van toepassing is op transkripsie stelsels. 'n Transkripsie stelsel met modules vir FFT-gebaseerde afskatting van polifoniese toonhoogtes, basiese naverwerking, afskatting van die graad van polifonie, bepaling van die sleutel, nootlengte kwantisering en bladmusiek notasie word aansluitend ontwikkel. Die werkswyse van die stelsel word aan hand van 'n sintetiese polifoniese sein verduidelik en getoets. Die stelsel lewer bruikbare transkripsies van enkelstemmige intreeseine na bladmusiek met standaard musieksimbole. Die sukses van die stelsel is beperk vir polifoniese musiek, soos ook die algemene geval is vir ander gepubliseerde meerstemmige transkripsie stelsels. Tog is die aanvanklike resultate belowend, met aanduidings dat die huidige implementering kan dien as 'n beginpunt vir die ontwikkeling van 'n meer gesofistikeerde en akkurate stelsel.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53727
This item appears in the following collections: