Cosmopolitanism in early Afrikaans music historiography, 1910-1948

Stimie, Annemie (2010-12)

Thesis (MMus (Music))--University of Stellenbosch, 2010.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Current musicological discourses in South Africa seldom engage with Afrikaans content and contributions, even though there is an acknowledged large body of writing on music in Afrikaans. These writings could significantly inform music and general historiographies in South Africa. This study discusses music-related articles in the following Afrikaans magazines and newspapers of the early twentieth century: Die Brandwag (1910-1921), Die Burger (1915-1948), Die Huisgenoot (1916-1948), Die Nuwe Brandwag (1929-1933), Die Brandwag (1937-1948) and Die Transvaler (1937-1948). The subject matter of a large proportion of these music-related articles comprises the history of Western European music. This includes biographies of composers and histories of stylistic periods, genres and instruments. Despite the physical distance between Europe and Africa, Afrikaners‘ attraction to Europe borders at times on a feeling of belonging to this tradition. This cosmopolitan notion of belonging has received little attention compared to themes of race, language and nationalism in twentieth-century South African historiography. A neglected Afrikaans discourse on music, however, presents an opportunity to explore the possibilities of cosmopolitanism in a further interpretation of Afrikaner identity and understanding of South African history. It is for this reason that the current study is primarily concerned with tracing the role of musical discourse in Afrikaner society between 1910 and 1948 by investigating notions of cosmopolitanism. The two theoretical strands of cosmopolitanism that will guide this study concern the work of Friedrich Meinecke (an early twentieth-century German scholar), and Kwame Anthony Appiah (who is still active in the field of philosophy). Meinecke‘s work is mainly concerned with the role cosmopolitan values played in the development of the National State, with specific reference to Germany from the late eighteenth century to the late nineteenth century. What attracts Appiah to cosmopolitanism is the freedom it provides for the individual to create her own identity. To be a citizen of the world need not be a rootless existence, but allows anyone to be a patriot of the country of her own choice. Meinecke‘s and Appiah‘s theories of cosmopolitanism, and their different positioning of the intersecting points between the spheres of the individual, the nation and the globe, will provide two theoretical frameworks informing the present author‘s attempt to interpret some of the materials collated for this study. The present writer believes that cosmopolitanism will prove an appropriate theory to uncover some elements of Afrikaner identity that has hitherto been ignored.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Ten spyte van die omvang van Afrikaanse tekste oor musiek is daar in die hedendaagse tyd min musiekwetenskaplike diskoerse in Suid-Afrika wat bemoeienis maak met inhoude en bydraes wat in Afrikaans gemaak is. Hierdie Afrikaanse tekste besit die potensiaal om nie net musiekhistoriografie nie, maar ook algemene historiografie in Suid-Afrika meer geskakeerd in te klee. Die studie handel oor die musiekartikels in die volgende Afrikaanse tydskrifte en dagblaaie van die vroeg twintigste eeu: Die Brandwag (1910-1921), Die Burger (1915-1948), Die Huisgenoot (1916-1948), Die Nuwe Brandwag (1929-1933), Die Brandwag (1937-1948) en Die Transvaler (1937-1948) 'n Groot gedeelte van hierdie musiekverwante artikels bespreek onderwerpe uit die geskiedenis van Wes-Europese kunsmusiek. Dit sluit onder meer in komponis-biografieë, sowel as geskiedenisse van stilistiese periodes, genres en instrumente. Die Afrikaner se belangstelling in Europa grens soms aan =n gevoel van Europese solidariteit, ten spyte van die fisieke afstand tussen Europa en Afrika. Hierdie kosmopolitiese denkwyse verdwyn dikwels op die agtergrond ten gunste van ander temas soos ras, taal en nasionalisme in twintigste eeuse Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie. 'n Verwaarloosde Afrikaanse diskoers oor musiek bied 'n geleentheid om moontlikhede van kosmopolitisme te ondersoek in 'n verdere interpretasie van Afrikaner identiteit en Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit is om hierdie rede dat die huidige studie idees van kosmopolitisme wil ondersoek ten einde die rol van die musiekdiskoers in die Afrikaner gemeenskap tussen 1910 en 1948 te bepaal. Die huidige studie steun op twee teoretiese modelle van kosmopolitisme soos afgelei uit die werk van Friedriech Meinecke ('n Duitse geskiedkundige van die vroeg twintigste eeu) en Kwame Anthony Appiah (hedendaagse filosoof). Meinecke se werk fokus hoofsaaklik op die rol wat kosmopolitiese waardes gespeel het in die ontwikkeling van die nasie-staat, met spesifieke verwysing na Duitsland van die laat agtiende eeu tot die laat negentiende eeu. Wat Appiah aantrek tot die idee van kosmopolitisme is die vryheid wat dit aan die individu bied om haar eie identiteit te skep. Om 'n wêreldburger te wees dui nie noodwendig op 'n ongewortelde bestaan nie, maar laat enigeen toe om 'n patrioot te wees in die land van haar keuse. Meinecke en Appiah se teorieë van kosmopolitisme, hul onderskeie posisionerings van die individu, die nasie en die wêreld en die snypunte tussen hierdie sfere, bied twee teoretiese raamwerke vir die huidige skrywer se interpretasies van die materiaal wat vir hierdie studie versamel is. Die argument word gemaak dat kosmopolitisme 'n gepasde teorie bied om voorheen geïgnoreerde elemente van Afrikaner identiteit te ontbloot.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/5361
This item appears in the following collections: