Omgewingsvolhoubaarheid met ontwikkeling

Bosch, Johannes Hermanus (2003-03)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The interaction between people and their natural environment, as well as the manner in which it occurs, is of a complex nature. The sustainable use of natural resources should be strived for and our guideline should be sustainable development. A common phenomenon in low cost housing projects in South Africa is the dependency on the natural environment and the over-utilization of resources. Numerous poor rural and urban communities do not have the opportunity to think about this over-utilization, as their first priority is that of survival. Resource allocation in South Africa reflects a pattern of uneven distribution. In housing development the less fortunate are placed in poor ecological areas where the quality of the environment can scarcely maintain the minimum standard of living. This inequality not only hinders the promotion of a stable ecological basis, but also prevents nation-wide sustainable development. Due to this, the connection between poverty and ecology were made an environmental priority. The importance of integrating the environment and development, to achieve environmental sustainability, is acknowledged and therefore greater emphasis is placed on sustainable development. In this study an attempt is made to determine how natural environmental sustainability can be ensured with low cost housing development. In the process an evaluation instrument, consisting of three components, namely the principles of sustainable I development; natural environmental indicators for sustainable low cost housing development; and socio-economic indicators for sustainable low cost housing development, are designed to try to reconcile the natural environment and development through the phenomenon of sustainable development. An extensive literature study of relevant published and unpublished literature was done and forms the basis of this research study. A research survey, done by the University of Stellenbosch about the case study of Wesbank, and of which the researcher was part, is also utilised in this study.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die interaksie tussen mense en hulle natuurlike omgewing, asook die manier waarop dit geskied, is van 'n komplekse aard. Daar moet gestreef word na die volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne, en ons rigsnoer behoort volhoubare ontwikkeling te wees. In talle laekostebehuisingontwikkelings in Suid-Afrika is 'n algemeen waarneembare verskynsel die afhanklikheid op die natuurlike omgewing en die oorbenutting van hulpbronne. Baie arm landelike en stedelike gemeenskappe het nie die geleentheid om oor hierdie oorbenutting na te dink nie, aangesien hul eerste prioriteit dié van oorlewing is. Suid-Afrika se hulpbron-toewysing retklekteer 'n patroon van ongelyke verspreiding. Die minder bevoorregtes word, in behuisingontwikkeling, in ekologiese swak areas geplaas waar die kwaliteit van die omgewing skaars die minimum lewensstandaarde kan volhou. Hierdie ongelykhede bemoeilik nie slegs die bevordering van 'n stabiele ekologiese basis nie, dit verhoed ook landswye volhoubare ontwikkeling, en daarom is die verband tussen armoede en ekologie 'n omgewingsprioriteit. Die noodsaaklikheid daarvan om die omgewing en ontwikkeling te integreer, om omgewingsvolhoubaarheid te verkry, word erken en groter klem word op volhoubare ontwikkeling gelê. In hierdie studie gaan gepoog word om te bepaal hoe natuurlike omgewingsvolhoubaarheid tydens laekostebehuisingontwikkeling verseker kan word. In die proses gaan 'n beoordelingsinstrument bestaande uit drie komponente, naamlik: die beginsels van volhoubare ontwikkeling; natuurlike omgewingsindikatore vir volhoubare laekostebehuisingontwikkeling; en sosio-ekonomiese indikatore vir volhoubare laekostebehuisingontwikkeling, ontwerp word om sodoende te probeer om die natuurlike omgewing en ontwikkeling te versoen deur die verskynsel van volhoubare ontwikkeling. 'n Ekstensiewe literatuurstudie van relevante gepubliseerde en ongepubliseerde literatuur is gedoen en maak die basis van die navorsingstudie uit. Daar word ook gebruik gemaak van 'n navorsingsopname, gedoen deur die Universiteit van Stellenbosch oor die gevalstudie van Wesbank, waarvan die navorser deel was.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53536