Die verhouding tussen geskiedenis en literatuur in post-apartheid Suid-Afrika, met spesifieke verwysing na Verliesfontein deur Karel Schoeman en Op soek na Generaal Mannetjies Mentz deur Christoffel Coetzee

Moon, Jihie (2003-04)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study examines the relationship between history and literature, with specific reference to the Afrikaans novels Verliesfontein (1998) by Karel Schoeman and Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) by Christoffel Coetzee. Both novels are framed against the background of the Anglo Boer War and both take a postmodern approach to that history, amongst other things. First, Chapter 2 reviews the historical background to the relationship between history and literature through the ages (the classical era, and the eighteenth, nineteenth and twentieth centuries), with a view to indicating how this tradition adheres to the postmodern spirit of contemporary times. Thereafter, Chapter 3 presents a theoretical investigation into the postmodern view of historiography and historical fiction. Special reference is made to Hutcheon's theory of historiographic metafiction as an important theoretical point of departure in the discussion of historical fiction. Political and ideological meaning implicit in historiography is discussed. Chapter 4 explores the current trend in South Africa of rereading and reappraising the past, of questioning traditional historiography in a postapartheid South African context (both in Afrikaans fiction and in historical writing). The revisiting of the Anglo Boer War in contemporary South Africa and in Afrikaans fiction is investigated, and an attempt is made to establish the significance of its reappraisal. Against this background the two texts, Verliesfontein and Op soek na generaal Manntjies Mentz, are discussed in Chapter 5. The two novels amply illustrate the possibility for interaction between history and literature, fact and fiction. How may these texts be read in view of postmodern theory? What lessons for present-day South Africans did Schoeman and Coetzee have in mind with their postmodern questioning of traditional historiography and their unconventional reconstruction of the past? Reappraising conventional accounts of history and exploring personal histories as these texts do, Verliesfontein and Op soek na generaal Mannetjies Mentz are part of the dominant discourse that is taking form in the multicultural society of a postapartheid South Africa today.

AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie is 'n ondersoek onderneem na die verhouding tussen geskiedenis en literatuur, met spesifieke verwysing na Karel Schoeman se roman Verliesfontein (1998) en Christoffel Coetzee se roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998). In hierdie twee tekste, wat die Anglo-Boereoorlog as hul raamwerk het, is onder andere 'n postmodernistiese benadering tot die geskiedenis benut. Eerstens word in hoofstuk 2 oorsigtelik gekyk na die historiese agtergrond van die verhouding tussen geskiedenis en literatuur met verloop van die tyd (die klassieke tyd, agtiende eeu, negentiende eeu en twintigste eeu), om aan te dui hoe dié tradisie by die heersende tydsgees van die postmodernisme aansluit. Hierna verskaf hoofstuk 3 'n teoretiese ondersoek na die postmodernistiese manier waarop geskiedskrywing en historiese fiksie gesien word. Die teorie van Hutcheon se historiografiese metafiksie word veral in die bespreking van historiese fiksie betrek as 'n belangrike teoretiese uitgangspunt. Vervolgens kom politieke en ideologiese implikasies in geskiedskrywing onder bespreking. Daarna (hoofstuk 4) word die Suid-Afrikaanse kontemporêre tendens om die verlede te herlees en te herwaardeer uiteengesit, en die ondermyning van die tradisionele geskiedskrywing in die post-apartheid Suid-Afrikaanse konteks (sowel in Afrikaanse fiksie as in geskiedskrywing) word ondersoek. Daar word gefokus op die her-bedenking van die Anglo-Boereoorlog in die hedendaagse Suid-Afrika en in Afrikaanse fiksie, en daar word ook probeer om die betekenis van dié herwaardering te soek. Teen bostaande agtergrond kom die twee tekste, Verliesfontein en Op soek na generaal Manntjies Mentz onder bespreking (hoofstuk 5). Die romans is goeie voorbeelde van die interaksie-moontlikhede tussen geskiedenis en literatuur, feit en fiksie, en daar word ondersoek hoe hierdie twee tekste aan die hand van postmodernistiese teorieë gelees kan word. Uiteindelik word daar besin oor watter lesse Schoeman en Coetzee met die postmodernistiese problematisering van geskiedskrywing en die onkonvensionele rekonstruksie van die verlede aan kontemporêre Suid-Afrikaners wou oordra. Met die herbesinning van die konvensionele weergawe van die geskiedenis en veral deur die verkenning van persoonlike geskiedenisse, vorm Verliesfontein en Op soek na generaal Mannetjies Mentz deel van die heersende diskoers wat vandag in 'n multikulturele samelewing van die post-apartheid Suid-Afrika aan die ontwikkel is.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53390
This item appears in the following collections: