Captive insurance companies : a theoretical and empirical study

Date
2003-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Much research has been done on risk coverage within the field of the traditional insurance market, but the concept of alternative risk transfer is fairly new to the world of risk management. The need for more innovative, multi-faceted approaches to meet possible losses, together with the growing resistance to the cross-subsidisation inherent in traditional insurance, has initiated the development of the captive insurance industry as an alternative risk transfer mechanism. The objective of this research was to study the application of captive insurance as a risk management mechanism for managers. The objective comprised a modelling approach for managers to handle the strategic implications of establishing and operating a captive insurer. The tasks that were required for this assignment were as follows: • The completion of a literature study of the basic theory available on captive insurance as an internal risk financing mechanism for management; • The collection of relevant empirical information on the subject by means of questionnaires, which had to be based on the literature study; • The critical analysis of the collected data; and • The development of a decision-making model based on the outcome of the available information, that could provide a practical guideline for management to decide on the establishment and operation of a captive insurer. Twenty-five questionnaires were sent out during February 2003 to cover all the registered onshore and cell captive insurance companies in South Africa. Offshore insurance companies could not be included in this study due to article 33 of the Reserve Bank's Act no. 90 of 1989 regarding confidential information. Of the 25 captive insurance companies, 21 companies completed the questionnaires, and three respondents declared that they did not perform captive insurance activities anymore. A response rate of over 95 per cent is therefore achieved. The information obtained from the questionnaires was summarised on a SPSS spreadsheet and subjected to a statistical analysis to form the bases for the empirical investigation. The results of the empirical study for onshore and cell captive insurers leads to conclusions regarding the importance of the objectives needed for establishing and operating the captive Insurer. The three most importantfactors which should determine the decision of a holding company to establish an onshore captive insurer were identified as the financial commitment of the holding company, the spreading of the risks of the holding company, and the retention capacity of the holding company. The three most importantfactors which should determine the decision of a holding company to operate an onshore captive insurer are the retention capacity of the holding company, the financial commitment of the holding company, and the management commitment of the holding company. The three most importantfactors which should determine the decision of a holding company to establish a cell captive insurer were identified as the spreading of the risks of the holding company, the retention capacity of the holding company, and the financial commitment of the holding company. The three most importantfactors which should determine the decision of a holding company to operate a cell captive insurer are the financial commitment of the holding company, the spreading of the risks of the holding company, and the management commitment of the holding company. A decision-making model for both onshore and cell captive insurers was developed as a tool for risk managers when deciding on the establishment and operation of a captive insurer as part of their risk management programme. The resulting conclusions and recommendations of this assignment are largely based on the personal viewpoints of the captive insurers active in the South African captive insurance industry. It is therefore recommended that future research also includes the role and views of the holding companies.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Heelwat navorsing is alreeds oor die tradisionele versekeringsmark ten opsigte van risikodekking gedoen, maar die konsep van alternatiewe risiko-oordrag is nog redelik nuut in die vakgebied van die risikobestuur. Die behoefte aan meer innoverende multivlak benaderinge om moontlike verliese te beperk, tesame met die toenemende weerstand teen kruissubsidiëring inherent aan tradisionele versekering, het tot die ontwikkeling van die gebonde (gevange) versekeringsbedryf as 'n wyse van alternatiewe risiko-oordrag gelei. Die doelstelling van hierdie navorsing was om die toepaslikheid van gebonde versekeraars as 'n risikobestuursmeganisme vir bestuurders te bestudeer. Die doelstelling omsluit 'n modelboubenadering vir bestuurders om die strategiese implikasies van die stigting en bedryf van 'n gebonde versekeraar te beheer. Die voortvloeiende take van die werkstuk is soos volg: • Die voltooiing van 'n literatuurstudie van die basiese teorie wat oor gebonde versekering, as 'n wyse van interne risikofinansiering vir bestuur beskikbaar is; • Die versameling van relevante empiriese inligting oor die onderwerp deur middel van vraelyste wat op die literatuurstudie gebaseer is; • 'n Kritiese ontleding van die versamelde inligting; en • Die ontwikkeling van 'n besluitnemingsmodelop grond van die resultate van die beskikbare inligting wat as 'n praktiese gids vir bestuur kan dien met betrekking tot besluitingneming oor die stigting en bedryfvan 'n gebonde versekeraar. Vyf en twintig vraelyste is gedurende Februarie 2003 gepos om al die geregistreerde binnelandse gebonde versekeringsmaatskappye, asook gebonde versekeringsmaatskappye wat uit verskillende selle bestaan ("cell captive insurance companies"), in Suid-Afrika te bereik. Buitelandse gebonde versekeringsmaatskappye kon nie deel van hierdie studie vorm nie vanweë artikel 33 van die Reserwebank se Wet nr. 90 van 1989 insake vertroulike inligting. Van die 25 gebonde versekeringsmaatskappye het 21 maatskappye die vraelyste voltooi en drie respondente het aangedui dat hulle nie meer by die aktiwiteite van gebonde versekering betrokke was nie. 'n Reaksiekoers van meer as 95 persent is gevolglik behaal. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za Die inligting vanuit die vraelyste is opgesom deur middel van 'n SPSS-sigblad en 'n aantal statistiese ontledings is gedoen, wat die basis van die empiriese studie gevorm het. Die resultate van die empiriese studie ten opsigte van binnelandse gebonde versekeraars, asook gebonde versekeraars wat uit verskillende selle bestaan, het tot gevolgtrekkings gelei met betrekking tot die belangrikheid van die verlangde doelstellings vir die stigting en bedryf van gebonde versekeraars. Die drie belangrikste faktore wat die besluitneming van 'n houermaatskappy behoort te beïnvloed om 'n binnelandse gebonde versekeraar te stig, is geïdentifiseer as die finansiële verbintenis van die houermaatskappy, die spreiding van die risiko's van die houermaatskappy en die retensiekapasiteit van die houermaatskappy. Die drie belangrikste faktore wat die besluitneming van 'n houermaatskappy behoort te beïnvloed om 'n binnelandse gebonde versekeraar te bedryf, is geïdentifiseer as die retensiekapasiteit van die houermaatskappy, die finansiële verbintenis van die houermaatskappy en die bestuursverbintenis van die houermaatskappy. Die drie belangrikste faktore wat die besluitneming van 'n houermaatskappy behoort te beïnvloed om 'n gebonde versekeraar wat uit verskillende selle bestaan, te stig, is geïdentifiseer as die spreiding van die risiko's van die houermaatskappy, die retensiekapasiteit van die houermaatskappy en die finansiële verbintenis van die houermaatskappy. Die drie belangrikste faktore wat die besluitneming van 'n houermaatskappy behoort te beïnvloed om 'n gebonde versekeraar wat uit verskillende selle bestaan, te bedryf, is geïdentifiseer as die finansiële verbintenis van die houermaatskappy, die spreiding van die risiko's van die houermaatskappy en die bestuursverbintenis van die houermaatskappy . 'n Besluitnemingsmodel is as hulpmiddel vir risikobestuurders ontwikkel, vrr beide binnelandse gebonde versekeraars asook gebonde versekeraars wat uit veskillende selle bestaan, om met besluitneming ten opsigte van die stigting en bedryf van 'n gebonde versekeraar as deel van hul risikobestuursprogram te help. Die voortvloeiende gevolgtrekkings en aanbevelings van die werkstuk was grootliks gebaseer op die persoonlike menings van die gebonde versekeraars wat aktief in die Suid-Afrikaanse gebonde versekeringsbedryf is. Dit word gevolglik aanbeveel dat toekomstige navorsing ook die rol en menings van die houermaatskappye insluit.
Description
Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Insurance companies -- South Africa -- Captive companies, Dissertations -- Business management
Citation