The changing role and identity of the Nonaligned Movement (1955-1998)

Buhigiro, Jean Leonard (2002-12)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to determine how the role and identity of the Nonaligned Movement (NAM) changed during and after the Cold War. The demise of the Movement in the post-Cold War era, predicted by some scholars, is discussed. This study examines whether the Movement merely offered an alternative grouping during the Cold War. The issue that becomes evident with respect to the Cold War is to show the terror it brought about and how the Third World became the battleground of the Superpowers. The question as to what extent the role played by the Movement defused the Cold War is investigated. It is shown that the Movement sent emissaries to Washington and Moscow to resolve the German Crisis in 1961 and to reduce the arms race. A historical overview of the Movement is offered, which determines the role of Afro- Asianism in the birth of the Nonaligned Movement. It is explained that the 1955 Bandung conference gathered leaders from independent African and Asian states - with different foreign policies - which created energies that in the following years greatly affected Third World politics and the shaping of nonalignment. This study traces also the role of different gatherings of the Movement up to the Durban Summit of 1998. At issue are also participating countries in the 1961 Belgrade Summit, which are described, as well as the growth of the Movement's membership. Different goals of the Movement are examined. Some, like nuclear disarmament, the right to self-determination, peaceful coexistence, and the right for the Palestinians to a homeland, were adopted during the Cold War and still remain valid. Others, like protection of the environment, and the struggle for human rights, were implemented during the post-Cold War era. The détente allowed the Movement to launch a New International Economic Order. An attempt is made to show the failure and success of the Movement in this respect.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om te bepaal hoe die rol en identiteit van die Onverbonde Beweging (NAM) tydens en na die Koue Oorlog verander het. Die ondergang van die Beweging in die na-Koue Oorlogse era soos deur sommige kenners voorspel is, word ook ondersoek. Die studie het probeer vasstelof die Beweging 'n alternatiewe groepering tydens die Koue Oorlog teweeg gebring het. Die kwessie met betrekking tot respect tot die Koue Oorlog bewys dat terreur meegebring word en hoe die Derde Wêreld die slagveld van die Supermoondhede gemaak het. Daar word ook gepoog om vas te stel tot watter mate die Beweging 'n rol gespeel het in die ontlonting van die Koue Oorlog. In die verband word onder andere verwys na die Beweging se pogings om die Duitse Krisis (1961) te ontlont en die wapenwedloop te beëindig deur die stuur van afgevaardigdes na Washington en Moskou. In 'n historiese oorsig van die Beweging word die rol wat 'n Afro-Asiatiese gevoel/gees in die stigting van die Onverbonde Beweging gespeel het, ondersoek. Die studie toon aan hoe die Bandung Konferensie van 1955 leiers van onafhanklike state van Afrika en Asië, wat uiteenlopende buitelandse beleidsrigtings gehad het, bymekaar gebring het. Hierdie uiteenlopendheid het 'n dinamika geskep wat Derde Wêreldse politiek en die aard van onverbondenheid wesenlik beinvloed het in die jare na die Konferensie. Verskeie byeenkomste van die Onverbonde Beweging tot en met die Durbanse spitsberaad (1998) word ontleed. Die samestelling en verloop van die spitsberaad in Belgrado in 1961 en die groei in die lidmaatskap van die Beweging kom onder andere onder die loep. Verskeie van die Beweging se doelwitte wat tydens die Koue Oorlog beslag gekry het en steeds geldig is, word onder die soeklig geplaas. Kernkrag ontwapening, die reg op selfbeskikking, vreedsame naasbestaan en die Palestyne se reg op 'n eie staat/tuisland is voorbeelde in die verband. Ander doelwitte van die beweging wat veral in die na-Koue Oorlogse era geimplementeer is, soos die bewaring en beskerming van die omgewing en die stryd om menseregte, word ook ondersoek. Die loodsing van 'n Nuwe Internasionale Ekonomiese Orde deur die Beweging wat deur die détente van die na-Koue Oorlogse era moontlik gemaak is, word ook bespreek en die sukses en mislukking daarvan geëvalueer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53090
This item appears in the following collections: