'n Verkennende analise van Willow Creek gemeente, Barrington, Illinois

Dick, Ferdinand Herman Bernard (2002-12)

Thesis (MDiv) -- Stellenbosch University, 2002.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: Willow Creek is 'n kerk wat alreeds die afgelope paar jaar die kerk aan die gons het. Ek wil amper sover gaan om die stigting van die Willow Creek model as 'n tweede reformasie te beskou, veral te midde van die drastiese teruggrype na die Nuwe Testamentiese kerk. Nes Martin Luther het Bill Hybels ook 'n stap van geloof geneem, en 'iets nuuts' begin wat anders was as waaraan almal gewoond was, om 'n gemeenskap van gelowiges op te rig wat leef volgens die beginsels waarvolgens die vroee kerk geleef het. Net soos wat Hybels besefhet dat die ongelowiges op 'n sensitiewe manier geevangeliseer moet word, so het Luther ook die opmerking gemaak dat diegene wie se geloof aan dade gekoppel is, teruggelei moet word na die geloof, soos wat jy 'n siek persoon sou begelei, dus baie versigtig. Hy kon maar net sowel die woord 'sensitief gebruik het. Haendler ( 1981 :28) stel dit soos volg: In his "Treatise on good works" Luther declared, "Therefore, we must not despise those of little faith who cling to their ceremonies and perform them as though they were lost in their faith without them. They would gladly do right and learn better, but they are as yet unable to grasp it all. Instead one should blame their ignorant, blind teachers, who have never taught them what faith is, and have led them so deeply into works. " The responsibility for these abuses is therefore that of the ministers rather than the congregation. Luther drew the following pastoral conclusion: "One should gently lead them back to faith in their good time, as one would treat a sick person. " Dus is ek van mening dat beide Hybels en Luther binne hulle konteks bedienaars is en was van die boodskap wat hulle glo en geglo het, relevant vir hulle samelewing is en was. Carron ( 2000:51) beskryfWillow Creek as een van 'n aantal posttradisionele kerke, wat in duidelike kontras teenoor die konvensionele kerke staan. Kenmerke wat Carron aan hierdie posttradisionele kerke toeskryf, stem baie ooreen met Willow Creek t.o.v. sy Soekersensitiewe kerkmodel, en die inligting wat ek daaroor verskaf oorvleuel wel. Carroll stel die kenmerke van 'n posttradisionele kerk soos volg: Groot getalle in vergelyking met die Protestantse kerke Gewilligheid om eeue-oue tradisies prys te gee, met 'n Bybelse uitgangspunt as rede Teologiese konserwatisme, sonder om fundamentalisties te raak Tekort aan denominale bande Sterk, entrepreneuriese leierskap, ondersteun deur opgeleide personeel, met baie klem op leke-oefening van geestelike gawes Het 'n spesifieke doel, vera! t.o.v. die identifisering van maniere om 'n spesifieke gehoor aan te spreek Getrou daaraan om lede te lei tot toegewyde dissipels van Christus Geboue wat geen ooreenkomste toon met tradisionele kerke nie, en wat gelee is om mense van 'n streek te trek, en nie net 'n spesifieke gemeenskap nie. Vermyding van die meeste tradisionele en klassieke vorme van kerkmusiek, om eerder kontemporere musiek in die kerk in te bring. Kleredrag is informeel Dienste is uiters profesioneel, en daar word geen druk op besoekers geplaas nie. Groot klem op kleingroepe. Geleenthede vir lede om betrokk:e te raak by 'n verskeidenheid bedieninge, veral op plaaslike vlak. Verwag 'n hoe vlak van toewyding van diegene wat aansluit, wat gepaard gaan met toewyding aan uitmuntendheid t.o.v. die bedieninge. Wat ek met hierdie studie poog, is om 'n verkennende analise te maak, in sover moontlik volgens die formaat soos deur Hendriks (1992: 134) voorgehou. Die motivering agter hierdie studie is die vraag na werkbare bedieningsvorme binne die N. G Kerk tradisie, omrede daar 'n afname in lidmaat getalle is, en diegene wat nie meer kerk toe gaan nie, terug 'gelok' moet word, sonder om hulle weg te jaag. Juis omrede Willow Creek so suksesvol is om ongelowiges te evangeliseer, en dit 'n taak is waarna die N.G Kerk ernstig sal moet terugkeer, kan daar by Willow Creek geleer word ten opsigte van hulle funksionering. Wat ek dus in hierdie studie doen, is om eerstens te gaan kyk na die geskiedenis van Willow Creek, waar die kerk vandaan kom, en die groeipyne wat die kerk ervaar het. Hierdie afdeling is vir my van uiterste belang, omrede die feit dat jy nie iemand regtig ken indien jy nie weet waarvandaan hy kom nie. Dus, om vir Willow Creek te analiseer, moet jy weet waarvandaan die kerk kom, en wie die kerk is. Die daaropvolgende hoofstuk handel oor die Soekersensitiewe model waarvolgens Willow Creek funksioneer, ingesluit al die areas binne die kerk wat daardeur geaffekteer word, asook die gevare en voordele van hierdie model. In die laaste hoofstuk gee ek die feitelike data en gegewens weer t.o.v. wat Willow Creek hied, en wie die kerk is. Dit sluit in wat die kerk t.o.v. homself se, wie die kerk is en waarvoor die kerk staan, asook alle geleenthede waar lidmate betrokke kan raak. Laastens toon ek die opset en ligging d.m.v. kaarte aan.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52969
This item appears in the following collections: