Land-use transport strategies to cope with suburbanisation

Van Zyl, N. J. W. (2002-12)

Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2002.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Suburbanisation is a world-wide phenomenon and is characterised by the decline of central business districts and accelerated growth of commercial activities in the suburbs. The impact of suburbanisation is wide-spread and multi-dimensional, affecting the whole urban system in terms of its structure, activity and transport patterns. In South Africa, suburbanisation, together with the impact of the former group areas policy, has made suburban developments less accessible to the low-income groups living on the edges of the metropolitan area. Planners have proposed various urban densification strategies for the rather unique problems of the spatially inefficient South African cities, including corridor development along main public transport routes and the development of activity nodes. In order to implement these urban densification strategies successfully, it is important to understand the locational choice behaviour of business managers, and the factors that will attract them to locate in a certain area. This will enable metropolitan authorities to evaluate and implement the best policies to promote development of priority corridors and nodes The research for this dissertation was motivated by the extensive problems of suburbanisation, the lack of knowledge on the relative impact of land-use transport factors on the locational choices of businesses, and the apparent limited application of stated preference (SP) survey techniques and discrete choice models to spatial choices of businesses for urban planning purposes. The main objectives of the research were to determine the locational choice behaviour of retail businesses in strategic spatial terms, and how this knowledge can best be used to manage suburbanisation. The dissertation reviews intemational and South African studies on the planning and policies of the main role players in the urban system relating to retail suburbanisation, i.e. the planning authority, retail firms and consumers. The dissertation discusses the results of the market research that was done among Cape Town retailers located in the CSO, and in low- and high-income suburbs. The survey collected quantitative information regarding the locational choice factors of retail managers, importance ratings of choice factors as well as stated preferences for CSO and suburban locations. The calibration results of various discrete locational choice models are discussed, including elasticities of choice factors obtained from model applications to the SP data. The development of a spreadsheet locational choice model based on typical characteristics of CSO and suburban locations is subsequently discussed. Elasticities of choice factors from the application of the spreadsheet model were determined and the model was also used to test a decentralisation trend scenario and a managed suburbanisation scenario. The dissertation makes conclusions and recommendations regarding the most important locational choice factors of retail managers, and the most effective policies and strategies for metropolitan authorities to manage suburbanisation and promote urban densification. The performance of SP models applied to spatial choices are also evaluated and recommendations are made regarding their application and further research needs.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Stedelike desentralisasie is 'n wêreldwye verskynsel wat gekenmerk word deur die verval van sentrale sakegebiede (SSG) en die snelle groei van handelsbedrywighede in voorstede. Die impak van desentralisasie is verreikend en multi-dimensioneel en beïnvloed die hele stadstelsel in terme van sy struktuur, aktiwiteite and reispatrone. In Suid Afrika het desentralisasie saam met die impak van die voormalige groepsgebiedebeleid voorstedelike ontwikkelings minder toeganklik gemaak vir die lae-inkomstegroepe wat op die rand van die metropolitaanse gebiede woon. Beplanners het verskeie stadsverdigtingstrategieë, insluitende korridorontwikkeling langs hoofvervoerroetes en die ontwikkeling van aktiwiteitsnodusse voorgestelom die unieke probleme van die ruimtelik ondoeltreffende Suid-Afrikaanse stede die hoof te bied. Om hierdie stadsverdigtingstrategieë suksesvol te implementeer, is dit egter belangrik om die liggingskeusegedrag van besigheidsbestuurders, sowel as die faktore wat hulle beweeg om hulle in 'n spesifieke gebied te vestig, te verstaan. Hierdie kennnis sal metropolitaanse owerhede in staat stelom beleid te evalueer en die beste beleidsopsies te implementeer om die ontwikkeling van voorkeurkorridors en nodusse te bevorder. Die navorsing vir hierdie verhandeling is gemotiveer deur die omvattende probleme wat deur stedelike desentralisasie veroorsaak word, die gebrek aan kennis oor die relatiewe impak van grondgebruik-vervoerfaktore op die liggingskeuse van besighede, en die klaarblyklik beperkte toepassing van verklaardevoorkeuropnametegnieke (V V) en diskrete-keusemodelle op die liggingskeuses van besighede vir stadsbeplanningsdoeleindes. Die hoofdoelstellings van die navorsing was om die liggingskeusegedrag van kleinhandelbesighede in strategiese ruimtelike terme te bepaal en vas te stel hoe hierdie kennis gebruik kan word om stedelike desentralisasie te bestuur. In hierdie verhandeling word 'n oorsig gegee van die internasionale en Suid- Afrikaanse studies oor die beplanning en beleid van die belangrikste rolspelers in the stadstelsel wat desentralisasie van kleinhandel betref, naamlik die beplanningsowerheid, kleinhandelfirmas en verbruikers. Die resultate van marknavorsing onder kleinhandelaars vanuit Kaapstad se SSG en lae- en hoë-inkomstevoorstede, word bespreek. Die opname het kwantitatiewe inligting oor die liggingskeusefaktore van kleinhandelaars, die belangrikheid wat hulle aan keusefaktore heg, en hulle verklaarde voorkeure ten opsigte van vestiging in die SSG of die voorstede, ingesamel. Die kalibrasieresultate van verskeie diskretekeusemodelle word bespreek, insluitende die elastisiteite van keusefaktore wat deur die toepassing van die modelop V V-data verkry is. Vervolgens word die ontwikkeling van 'n liggingskeusemodel in 'n spreitabel wat op tipiese kenmerke van SSG- en voorstedelike liggings gebaseer is, bespreek. Elastisteite van die liggingsfaktore is bepaal deur die toepassing van die spreitabelmodel, en die model is ook gebruik om 'n desentraliasietendensscenario en 'n bestuurdedesentralisasiescenario te toets. Ten slotte word daar gevolgtrekkings en aanbevelings gemaak oor die belangrikste liggingskeusefaktore van kleinhandelaars, en die mees effektiewe beleidsopsies en strategieë wat metropolitaanse owerhede kan volg om stedelike desentralisasie te bestuur en stadsverdigting te bevorder. Die werkverrigting van V V-modelle wanneer dit op die liggingskeuse van besighede toegepas word, word ook geëvalueer en aanbevelings word gemaak oor die toepassing daarvan en verdere navorsing wat nodig is

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52913
This item appears in the following collections: