Kerk en onderwys : 'n kerkregtelike studie van artikel 67 van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (1998)

Swart, Francois Johannes,1957- (2002-12)

Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 2002

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study is to determine if the current church order (section 67, 1998) of the Dutch Reformed Church meet the needs of the changing multireligious society in South Africa. Education has always been an instrument to guide and teach people. The Bible is clear about the important role of teaching and education of young people. It is therefore imperative for the Church to have clear guidelines about its role in providing Christian education and religious studies in schools. From the earliest days the Reformed Churches have been involved in education and had described the relationship between the Church and Education in its church orders. The comparatives research is reflected in this study. The implications of the constitutional principles dealing with "Freedom of Religion" within a multi-religious society are explored. A model for religious education is recommended. Within the constitutional provision for "freedom of association" parents have the right to choose in which religion their children be educated. It is suggested that the State should only provide the infrastructure for the education, whereas the different religious communities should have the freedom to determine the content of religious studies. No religious community should have preference/advantage over the other. There are four main roleplayers in the education arena, namely the State as infrastructure provider, the teachers as facilitators of the educational process, the Church as the proclaimer of the Word, and the parents as the primary decisionmakers and educators. In accordance with the new Constitution each roleplayer should have the freedom to express their unique input in the educational process. For the Dutch Reformed Church the ultimate authority lies in the Word of God. Therefore the implications of the Constitution and the Bill of Rights must be tested in the light of the Word of God. If there is not sufficient opportunity to proclaim the Word of God in public. schools, the Church will be obliged to assist their members to establish independent Christian schools. In the light of the changing multi-cultured and relious society, suggestions for the reformulation of church order section 67, 1998, are made.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die vraag of die huidige Kerkordelike bewoording wat die verhouding tussen Kerk en Onderwys beskryf (Kerkorde artikel 67, 1998) aan die vereistes van die tyd voldoen. Die onderwys was nog altyd 'n instrument waarmee menselewens grootliks beinvloed is. 'n Kerk wat nie daarmee rekening hou nie, bewys 'n onguns aan die samelewing, en aan die Koninkryk van God. Daar word heelwat in die Skrif gepraat oor die verantwoordelikheid van opvoeding en onderwys teenoor jongmense. 'n Kerkordelike vergestalting van Skriftuurlike konfessionele en teologiese uitgangspunte aangaande die jeug se opvoeding kan 'n bate wees in die debat oor die verhouding tussen die Kerk en Onderwys. Vir die Kerk as draer van die Woord, bepaalde waardes, etos en norme is dit belangrik om 'n spesifieke kerkorde artikel te he wat riglyne vir godsdiensonderrig en Christelike onderwys in skole bied. In die studie word aangetoon dat die Gereformeerde kerke van die vroegste tye af sterk uitsprake oor die onderwys gemaak het, en dit ook kerkordelik verwoord het. Die grondwetlike beginsel van "Vryheid van Godsdiens" binne 'n multigodsdienstige samelewing soos Suid-Afrika word ook ondersoek. Die slotsom waartoe gekom word, is dat daar in 'n diverse samelewing soos Suid-Afrika 'n veelkantige model van godsdiensonderrig ingestel behoort te word. Die grondwet maak voorsiening vir religieuse studies, maar ook vir die dogmatiese bestudering en beoefening van godsdiens in staatsondersteunde opvoedingsinstansies. Binne die "reg van vrye assosiasie" kan ouers self kies in watter godsdiens sy kind onderrig mag ontvang. Die staat behoort alleenlik die ruimte/geleentheid in staatskole te skep vir sy burgers om in vryheid godsdiens te mag beoefen. Die inhoud en wyse van aanbieding behoort aan die verskillende godsdienstige gemeenskappe oorgelaat te word. Omdat dit die Kerk se taak is om die Woord te verkondig, behoort die kerk te bepaal wat die kurrikulum van godsdiensonderrig is, en watter dogmas/waarheid verkondig moet word. In 'n sekere sin is dit 'n terugkeer na die ou gereformeerde tradisie van die sestiende eeu toe die kategetiese dogmatiese beginsels van die kerk in dagskole geleer is. Die verskil h§ egter daarin dat een godsdiens nie vandag bevoordeel word bo die ander nie, maar dat daar ruimte gemaak word vir aile godsdienste onder die "Vryheid van Godsdiens" beginsel in die grandwet van Suid-Afrika. Die rol van die Staat as ruimte-skepper vir die onderwys, die opvoedkundiges as die fasiliteerders van die onderwysgebeure, die kerk as Woordverkondiger en die ouers as prirnere opvoeders en besluitnemers lewer elkeen In unieke bydrae om die leerder op te voed in sy totale menswees. Die interpretasie van "Vryheid van Godsdiens" in die grondwet mag nie daartoe lei dat bogenoemde vier rolspelers se bydrae op enige manier aan bande gele word nie, maar moet juis aan hulle oorgelaat word. Die insette van elke ralspeler in die onderwysgebeure moet erken en gerespekteer word. Die uitdaging Ie in die hantering en bestuur van In diverse samelewing in een gemeenskaplike opvoedings- of skoolstelsel. As elkeen se rol en bydrae gesamentlik en afsonderlik helder qedefineer word, kan dit net tot voordeel van die religieuse ontwikkeling van die leerders wees. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk buig aileen onder die gesag van Jesus Christus as die Hoof van die Kerk en Koninkryk. Die Bybel is deurslaggewend in sy lewens- en wereldsbeskouinq. Daaram behoort die implikasies van die "Grandwet van Suid-Afrika" en die "Handves van Menseregte" altyd getoets en geweeg te word in die lig van die Woord. Indien dit sou blyk dat daar nie voldoende ruimte vir Christelike opvoeding en onderwys by staatskole bestaan nie, sal dit die kerk noodsaak om sy lidmate by te staan om eie "Christelike skole" op te rig. Op hierdie wyse bly die Nederduits Gereformeerde Kerk getrau aan sy tradisie om In belydende standpunt jeens opvoeding en onderwys te handhaaf. Riglyne word gegee vir die daarstelling van In moontlike hergeformuleerde kerkorde. Sodoende word die kerk en skool se verhouding binne die multireligieuse samelewing nuut beskryf in die lig van die Woord.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52905
This item appears in the following collections: