Henk van Woerden se Een mond vol glas en die skep van 'n kultureel meerstemmige Suid-Afrikaanse geskiedenis
Date
2002-12
Authors
Conradie, Rachelle (Rachelle Willene)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study is to investigate Henk: van Woerden's Een mond vol glas (1998) (A
Mouthful of glass (2000) translated by Dan Jacobson) as a contribution to the creation of
a multi-voiced South African history. Een mond vol glas clearly contributes to such a
project, because it recognises the histories of the Dutch immigrants, die Cape Muslims
and especially the Cape "Coloured" community through the figure of Demitrios
Tsafendas, better known as the murderer of Hendrik Verwoerd. The key concepts in this
study are cultural diversity and a processing of the trauma caused by apartheid.
Postcolonial theory will be used to explain cultural diversity as the result of transference
and to contextualize the growing interest in the transnational histories of migrants in
literature. Een mond vol glas cannot easily be described according to one specific genre
or classification. This study will make use of the description "literature produced in a
context of cultural diversity" to show the problematic nature of two classifications of Een
mond vol glas that is currently being used. Processing the trauma caused by apartheid in
literature, comes down to a resistance to the isolating force of trauma. This study uses
the trauma theory of Judith Herman which states that the healing process or the
processing of traumatic experiences can only take place in the sharing of people's stories
in the connectedness with others. In South Africa this process begins to take place in a
society where cultural multi-voicedness has become possible. In the end I will conclude
that Een mond vol glas proves to be a reconstruction of history that is multi-voiced,
making this part of South African history accessible for a larger audience.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doelstelling met hierdie studie is om ondersoek in te stel na Henk van Woerden se Een mond vol glas en hoe dit bydra tot die skepping van 'n kultureel meerstemmige Suid- Afrikaanse geskiedenis. Een mond vol glas lewer duidelik hierdie bydrae omdat die werk ook erkenning gee aan die geskiedenisse van die Nederlandse immigrante, die Kaapse Moslems en die Kaapse bruin mense in die besonder deur die figuur Demitrios Tsafendas, beter bekend as die moordenaar van Verwoerd. Die sleutelbegrippe in hierdie studie is kulturele meervoudigheid en verwerking van die trauma veroorsaak deur apartheid. Postkoloniale teorie word gebruik om kulturele meervoudigheid te verduidelik as die resultaat van verplasing sowel as om die toenemende fokus op die transnasionale geskiedenisse van migrante in die letterkunde te kontekstualiseer. Een mond vol glas kan nie volgens een erkende genre of klassifikasie beskryf word nie. Hierdie studie hanteer die omskrywing "letterkunde geproduseer in 'n konteks van kulturele meervoudigheid" waarbinne twee reeds erkende klassifikasies van Een mond vol glas geproblematiseer sal word. Die verwerking van die traumatiese gevolge van apartheid in die letterkunde kom neer op die teenwerking van die isolerende uitwerking daarvan. Hierdie studie gebruik die traumateorie van Judith Herman dat verwerking en herstel slegs kan begin deur die vertel van traumatiese verhale in die verbondenheid met ander. In Suid-Afrika het hierdie verwerking en herstel begin plaasvind in 'n samelewing waar kulturele meerstemmigheid moontlik geword het. Ek sal uiteindelik tot die slotsom kom dat Een mond vol glas 'n herkonstruksie van die geskiedenis bied wat kultureel meerstemmig is en ook toelaat dat die hierdie deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis vir 'n groter publiek toeganklik word.

Description
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Woerden, Henk van, -- 1947- -- Criticism and interpretation, Woerden, Henk van, -- 1947- -- Mond vol glas, Politics and literature, Dissertations -- Afrikaans literature, Theses -- Afrikaans literature