Urban greening in South Africa : an analysis of present trends and recommendations for the future

Date
2001-12
Authors
Meyer, Dawid Frederik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The abolishment of Apartheid and the transition to a democratic political dispensation has ushered in a new era for urban development in South Africa. This change implies a range of challenges for managing urban areas which also includes the urban environment. Urban environmental creation (defined as activity to green the urban environment) holds the potential to mitigate the consequences caused by Apartheid to South Africans and in addition, if planned properly and applied sensibly, can contribute significantly towards social and economic prosperity in this country. Relatively few attempts to date have been made to research urban greening within the so-called new South African context. Currently a lack of vision exists regarding strategy development for future urban greening and dissension regarding the objectives of urban greening has been identified as a key problem area. This makes it particularly difficult to take decisions at project execution level. From the outset, the aims of this research were two-fold, namely to measure progress at project co-ordination level and further to conceptualise a theoretical framework for future decision making. The literature review documents the agendas for urban greening, both past and present. An, analysis of various urban planning and design strategies, together with South African central government policies which refer to urban environmental management, has shown that a paradigm shift is occurring within the urban greening discipline. This shift is characterised by a movement away from urban greening which focuses on secondary social needs of people, and a shift towards urban greening which is more sensitive to the primary social and economic needs of cities' inhabitants. This research uses a case study approach to measure progress gained in urban greening practise and to determine the current state of affairs. A sample of projects for analysis was obtained from four organisations. Information gathered was then analysed in terms of selected characteristics. In addition, the execution processes (planning, implementation, construction and maintenance) of four urban greening development projects, which were selected randomly from the sample, are described. The research is concluded with a synthesis of findings and recommendations into a conceptual framework for future decision making.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die beëindiging van Apartheid en die oorgang na 'n demokratiese politieke bestel het 'n nuwe era vir stedelike ontwikkeling in Suid Afrika ingelui. Hierdie verandering hou 'n reeks nuwe uitdagings vir stedelike bestuur in, wat onder andere ook die bestuur van die stedelike omgewing insluit. Stedelike omgewingsskepping, wat gedefinieer kan word as aktiwiteit om die stedelike omgewing te vergroen, besit die potensiaal om skade wat Apartheid aan Suid Afrikaners berokken het te temper en kan voorts, indien dit deurdag beplan en aangewend word, bydra tot sosiale en ekonomiese welvaart in Suid Afrika. Tot hede, is daar nog betreklik min navorsing oor stedelike vergroening binne die sogenaamde Nuwe Suid Afrika konteks onderneem. Daar bestaan tans groot leemtes aangaande die gedaante wat stedelike vergroening binne 'n post-Apartheid konteks behoort te verbeeld, weens twee-spalt wat heers met betrekking tot doelwitte. Gepaardgaande hiermee, bestaan daar ook geen aanvaarbare strategie vir die toekoms nie. Al hierdie probleme tesame bemoeilik sinvolle besluitneming op grondvlak. Hierdie navorsing stel dit dus breedweg as mikpunt om die konteks van stedelike vergroening in Suid-Afrika te bepaal, vordering wat sedert demokratisering in die veld bereik is te meet en verder om 'n raamwerk vir die toekoms daar te stel. Die agendas vir stedelike vergroening (soos wat dit in die verlede was en hoe dit tans uitsien), word in die literatuuroorsig gepeil. 'n Ontleding van 'n verskeidenheid van stadsbeplannings en - ontwerp strategieë tesame met 'n ontleding van Suid Afrikaanse sentrale owerheidsbeleid wat betrekking het op stedelike omgewingsbestuur, bevestig meegaande 'n hipotese wat gestel is, naamlik dat 'n paradigma verskuiwing besig is om plaas te vind in die stedelike vergroenings veld. Hierdie paradigma verskuiwing word gekenmerk deur 'n beweging weg vanaf stedelike vergroening wat gefokus is op die sekondêre sosiale behoeftes van mense en 'n beweging na stedelike vergroening wat fokus op die primêre sosiale en ekonomiese behoeftes van stedelinge. 'n Navorsingsprojek is onderneem ten einde die huidige stand van gekoordineerde stedelike vergroenings ontwikkeling, aldus stedelike vergroening wat spesifiek gemik is op die ontwikkeling van gemeenskappe wat deur die vorige politieke stelsel in Suid Afrika benadeel is, te meet. 'n Steekproef vir analise is verkry, deur 'n vraelys ondersoek te loods onder vier organisasies wat as gevallestudies deel neem. Stedelike vergroenings ontwikkelingsprojekte wat deur hierdie organisasies gelys is (die steekproef elemente) is dan aan die hand van geselekteerdekenmerke en eienskappe vergelyk en ontleed. Gepaardgaande hiermee volg daar ook 'n prosesbeskrywing van vier stedelike vergroenings ontwikkelings projekte wat subjektief uit die vier gevallestudies geselekteer is. Die doel hiervan is om gedetailleerde insae te verskaf tot die wyse hoe stedelike vergroenings ontwikkelings projekte tans tot uitvoering gebring word. Die navorsing word saamgevat deur 'n sintese van bevindings en aanbevelings in 'n teoretiese raamwerk vir toekomstige besluitneming.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2001.
Keywords
Urban beautification -- South Africa, Urban renewal -- South Africa, Urban landscape architecture -- South Africa, Environmental policy -- South Africa, City planning -- Environmental aspects -- South Africa, Urban beautification -- Government policy -- South Africa
Citation