The structural and systemic changes necessary to make the North West provincial administration more effective and efficient
Date
2001-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The introduction of provinces in South Africa since 1994 has not only provided for a new level of
decision making but also a change dynamic generated by the integration of different government
administrations of the second tier of Government. The original integration problems of the
different administrations also extended the inquiry to the importance of greater efficiency and
effectiveness of the Provincial level of Government.
Since the commencement of provinces many questions have been raised such as; why are
provinces unable to provide the requisite services expected of them; why are provinces unable to
succeed in implementation of their aims and objectives; should provinces empower rather than
serve communities; should the public service be driven by mission statements and success!
performance criteria rather than bureaucratic rules; should the provincial government be
anticipatory i.e. strategically focused, rather than reactive and crisis management driven. Are
provincial governments necessary or can the services be provided more cost effectively by
privatisation.
All the above questions raises the central inquiry of what structural and systemic changes are
necessary to make the provincial administration more effective and efficient in delivery of services
and what qualities of leadership will be necessary to enable this to happen.
The study covers six chapters. In chapter one the theoretical basis is discussed in the provincial
context. Chapter two is an Opportunity! Obstruction analysis of the North West Provinces and
reaches the conclusion that transformation will not occur automatically and both structural and
systematic changes will be required. Chapter four looks at the corporate rules of the Provincial
Administration and by white papers, green papers, policy papers and regulations.
Chapter five looks at the way forward. The overwhelming conclusions reached by the study is
that:
• Transformation would require both structural as well as systemic changes.
• Leadership would need to be much more focused to succeed with transformation.
• Efficiency would require a complete mindset change by civil servants. Effectiveness would require much greater co-ordination between budgeting and planning
interfaced at the centre.
Chapter six concludes the study by answering the hypothesis and the questions raised in the
introductory chapter.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die instelling van nege provinsies in Suid-Afrika sedert 1994 het nie alleen 'n nuwe vlak van politieke besluitneming geskep nie, maar ook 'n nuwe veranderingsdinamika gegenereer met die integrasie van verskillende staatsadministrasies op die tweede vlak van regering. Die aanvanklike probleme met die integrasie van verskillende administrasies het ook die soeklig laat val op die noodsaaklikheid van groter effektiwiteit en doelmatigheid van die vlak van regering. Sedert die provinsies begin funksioneer het, is baie vrae oor hulle voortbestaan gevra soos byvoorbeeld: waarom slaag die provinsies nie in hulle diensleweringsfunksies nie; waarom kan die provinsies nie hulle doelwitte en doelstellings implementeer nie; moet die provinsies gemeenskappe bemagtig of dien; moet die provinsies burokratiese reels volg of uitsetgedrewe wees; moet provinsiale adrninistrasies strategies-antisiperend in hulle benadering wees of reaktiefadministratief en is provinsiale administrasies enigsinds nodig, of kan die meeste dienste meer koste-effektief geprivatiseer word? Al die bogenoemde vrae het dus die sentrale vraag laat ontstaan oor wat die strukturele en sisterniese veranderings is wat nodig sal wees om 'n provinsiale administrasie in staat te stel om te voldoen aan groter effektiwiteit en dienslewering en watter leierskapskwaliteite daaraan gekoppel kan word. Die studie ontplooi in ses hoofstukke. In hoofstuk een word die teoretiese uitgangspunte en die provinsiale konteks bespreek. Hoofstuk twee bevat 'n geleentheid-bedreigingsanalise van die Noordwes Provinsie en het tot die gevolgtrekking gekom dat verandering nie vanselfsprekend sal plaasvind nie en dat daar sisterniese en strukturele intervensies sal moet plaasvind. Hoofstuk drie fokus op die strukturele aspekte wat die gang van die Noordwes Provinsie bepaal soos dit manifesteer in onder andere alle tersaaklike wetgewing, witskrifte, groenskrifte, beleid en regulasies. Hoofstuk vier bied 'n sisterniese analise van die Noordwes Provinsiale bedeling en hoofstuk vyf beskryf die moontlike weg vorentoe. Ten slotte word daar 'n gevolgtrekking in hoofstuk ses aangebied. Die oorwoë gevolgtrekking waartoe die studie kom is dat die mees ideale pad vorentoe vir provinsiale bedelings langs vier weë gesoek moet word t.w.: • Daar moet meer aandag aan transformasie gegee word en dit sal beide strukturele en sisterniese veranderinge behels. • Daar moet baie meer op leierskap gefokus word ten einde die transformasieproses te laat slaag. • Om groter effektiwiteit te bereik sal daar 'n verskuiwing in die ingesteldheid (mindset) van staatsamptenare gemaak moet word. • Ten einde groter doelmatigheid in die Noordwes Provinsie te bereik sal daar baie beter integrasie tussen beplanningsfunksies en begrotingsfunksies moet plaasvind.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001.
Keywords
Representative government and representation -- South Africa -- North-West -- Case studies, State governments -- South Africa. -- North-West -- Case studies, Organizational effectiveness -- Case studies, Dissertations -- Value and policy studies, Theses -- Value and policy studies