The role of industries in providing basic life-skills education to unskilled black employees in the Empangeni/Richards Bay industrial areas

Ncube, Thenjiwe Patricia (2001-04)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Historically, the majority of South Africans were denied access to free, compulsory and general education (National Multi-Plan, 1997:1). This means that many citizens did not have access to that educational foundation necessary for further learning, quality employment opportunities or even full and active social and political participation. Various arguments throughout this study imply that the South African education system presented unequal educational opportunities for most of its people. In this case, Black Education failed to produce people with the necessary skills for our economy. To compensate these people, the opportunities for education should be created everywhere in schools, sports clubs, NGOs and more importantly, in workplaces because education is the key for survival. Due to the need for economic growth and the need for skilled workers, large numbers of adults should be provided with extensive adult education. In other words, industries should become educational centres where employees could be equipped with numeracy and literacy programmes which would improve production and basic life-skills necessary to meet the demands of the economy at large. The study sought to find out "what role the two industries play in providing basic life-skills education to unskilled Black employees in the Empangeni/Richards Bay industrial areas". This was an empirical survey involving the target population of unskilled Black employees and facilitators of the adult education programmes of the lllovo Sugar Milling and Spoornet industries. In this study two different types of questionnaires were designed and used to ascertain the respondents' disposition towards adult education programmes. In each industry one questionnaire was administered to the unskilled Black employees and another to the facilitators of adult education progarmnes. The research sample comprised of seven unskilled Black employees from lllovo, twentyfive unskilled Black employees from Spoomet, two facilitators from Illovo and another two facilitators from Spoornet industries. The data collected from the sample attempted to answer the following research questions: ./ What basic day-to- day life-skills are needed by unskilled Black employees in the industries? ./ How effective are these programmes to unskilled Black employees in the industries? ./ How accessible are these programmes to unskilled Black employees? These questions necessitated a literature study and an empirical survey as research tools. It has emerged from the study that adult education is seen as an agent for social change and instrument for social development. The study seeks to assess the extent to which these programmes: .:. Fulfil the day-to-day basic needs of unskilled Black employees, in for example, financial management or identifying and using sources of informatiom like directories and maps . •:. Fulfil the literacy and numeracy needs of unskilled Black employees, in for example, appending signatures, reading newspapers and bank forms . •:. Cultivate good habits in the workplace such as punctuality, time management, safety precautions and proper procedures. The findings reveal that adult education programmes in industries were valuable and useful to employees as they were able to transfer the skills acquired from the programme to the real world situation. These life-skills included counting money, writing names and letters, appending signatures, reading newspapers and safety precautions signs, understanding road signs and making telephone calls. The researcher concludes with a number of recommendations including the following: ~ Each industry should establish a building named a 'college' or 'centre' within its premises where adult education programmes will be presented. ~ Each industry should have its own policy documents regarding the provision of worker life-skills education. ~ All workers have a right to paid education and training leave. This means that skilled, semi-skilled and unskilled workers should be entitled to four or six weeks of paid leave per year for further education throughout their working life.

AFRIKAANSE OPSOMMING: As gevolg van die historiese en politieke ontwikkeling in Suid-Afrika is die meerderheid van die bevolking toegang tot vrye, verpligte en algemene onderwys ontsê (National Multi- Plan, 1997: 1). Dit het tot gevolg gehad dat die meerderheid van die bevolking dus ook nie toegang gehad het tot verdere onderwys en gevolglik ook nie tot goeie werksgeleenthede en dus deelname aan die maatskaplike en politieke lewe ontneem is. In hierdie navorsing word minderwaardige onderwysgeleenthede wat aan die meeste swart mense gegee is uitgewys. Dit het tot gevolg gehad dat swart onderwys nie die opgeleide menslike hulpbronne kon lewer wat die ekonomie nodig gehad het nie. Ekonomiese groei is afhanklik van opgeleide menslike hulpbronne en om dit moontlik te maak behoort onderwysgeleenthede in groot getalle vir volwassenes geskep te word. Daarom behoort skoolfasiliteite, sportklubs, nie-regeringsorganisasies en die werkplek benut te word om onderwys aan die ongeletterde volwassene te gee. Dit impliseer dat nywerhede geleenthede vir geletterdheids- en syfervaardigheidsprogramme vir hulle werkers behoort te skep sodat hulle toegerus kan word met basiese lewensvaardighede en sodoende hulle lewenskwaliteit en produktiwiteit verhoog kan word. Met die navorsing is gepoog om vas te stel watter rol nywerhede in die Empangeni- /Richardsbaai-gebied speel in die verskaffing van onderwys in basiese lewensvaardighede aan hulle ongeskoolde swart werkers. Twee verskillende vraelyste en onderhoude is gebruik om data in te samel by 'n steekproef van die ongeskoolde swart werkers en die fasiliteerders van onderwysprogramme aan volwassenes by Illovo Suikermeule en Spoornet. Daar is gepoog om die respondente se houdings ten opsigte van onderwysprogramme aan volwassenes in dié twee nywerhede vas te stel. Die navorsinsteekproef het sewe ongeskoolde swart werkers en twee fasiliteerders van Illovo Suikermeule en vyf-en-twintig ongeskoolde swart werkers en twee fasiliteerders van Spoornet ingesluit. Met behulp van die ingesamelde data van die steekproef is gepoog om die volgende vrae te beantwoord: - Watter basiese lewensvaardighede benodig die ongeskoolde swart werkers in hierdie twee nywerhede? - Watter onderwysprogramme vir volwassenes is deur die twee nywerhede daargestelom in die onderwysbehoeftes in basiese lewensvaardighede van die ongeskoolde swart werkers te voorsien? Hoe toeganklik is hierdie programme vir die ongeskoolde swart werkers? Hoe effektief is die programme vir ongeskoolde swart werkers in die twee nywerhede? Om die vrae te probeer beantwoord was dit noodsaaklik om 'n literatuurstudie te doen, 'n vraelysopname te onderneem en onderhoude te voer. Die doelstellings met die navorsing was om te bepaal in watter mate die onderwysprogramme vir volwassenes in die twee nywerhede: voorsien in die daaglikse behoeftes van ongeskoolde swart werkers byvoorbeeld om hulle finansies te bestuur en om inligtingsbronne soos gidse en kaarte te identifiseer en te gebruik; voorsien in die geletterdheids - en syfervaardigheidsbehoeftes van ongeskoolde swart werkers soos die gebruik van 'n handtekening, die lees van koerante en die invul van bankvorms; lei tot 'n bewuswording en 'n besef van die belangrikheid van onderwys aan ongeskoolde swart werkers; ongeskoolde swart werkers voorberei om akademiese ondersteuning, soos byvoorbeeld hulpverlening met skoolwerk, aan hulle kinders te voorsien; 'n bewuswording skep van die maatskaplike, politieke, kulturele en ekonomiese verband waarin ongeskoolde swart werkers hulle bevind. Dit sluit die verskaffing van onderwys in basiese lewensvaardighede met betrekking tot vigs, gesinsbeplanning en kiesersopvoeding in; en die aankweek van goeie gewoontes in die werksituasie soos stiptelikheid. tydsbestuur, die toepassing van veiligheidsmaatreëls in die gebruik van korrekte procedures tot gevolg het. Die bevindinge van die navorsing dui daarop dat onderwysprogramme aan volwassenes in die nywerhede waardevol en nuttig vir die ongeskoolde swart werkers is aangesien dit hulle in staat stelom die vaardighede wat hulle aangeleer het na die werklike alledaagse lewenssituasie oor te dra. Hierdie vaardighede sluit onder andere in die tel van geld, die skryf van hulle name en briewe, die gebruik van 'n handtekening vir die ondertekening van dokumente, die lees van koerante en kennisgewings i.v.m. veiligheidsmaatreëls, die verstaan van padtekens en die maak van telefoonoproepe. Dit blyk ook uit die navorsing dat onderwysprogramme aan volwassenes as 'n werktuig van maatskaplike ontwikkeling beskou word. Die aanbevelings wat op grond van die bevindinge van die navorsing gemaak word, sluit onder andere die volgende in: Nywerhede wat groot getalle ongeskoolde swart werkers in diens het, behoort 'n beleid ten opsigte van onderwysprogramme in basiese lewensvaardighede aan werkers te hê. Elke nywerheid behoort fisiese fasiliteite vir die aanbieding van onderwysprogramme aan volwassenes op die perseel te hê. Hierdie fisiese fasiliteit kan 'n "kollege" of ,,s»entrum genoem wor d. Alle werkers behoort die reg te hê op vier tot ses weke betaalde onderwys-en opleidingsverlof per jaar.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52569
This item appears in the following collections: