Tegnologie en gestremdheid : filosofies-etiese perspektiewe

Verhoef, Suna M. (Suna Margaretha) (2001-03)

Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Technology and disability are both terms laden with associations, values, meanings and even myths. This becomes clear in this research when both terms are described in the first part, and the various understandings of the terms are explained. When the two terms are considered in relation to each other, the result is a series of questions and ethical problems. In this assignment the focus is specifically on these questions and ethical problems that arise out of the relationship between technology and disability. The research is not done from a natural science perspective (with regard to technology) and lor a medical perspective (with regards to disability), but from a philosophical-ethical perspective. The main aim of this research is to think about what the role of technology is in the life of the disabled in general and what ethical questions arise from it. To form a philosophical-ethical perspective the question is asked: should technology be accepted unequivocally as something that always contributes to the humanization of the disabled? More specifically the assignment focuses on the issue: does cochlear implants contribute to the humanization of the deaf? The potential problematic relationship between the concepts is clear from the separate discussions. The limitations and problems of cochlear implants as an example of technology is shown when it is placed within the framework of a humanizing relationship. It is clear that technology can not be accepted unequivocally as something that always contributes to the humanization of the disabled. The research emphasizes that disability is much more than physical limitations and that compensating for the limitations through technology does not always address all the aspects of a disabled person's life - and can consequently have a dehumanizing effect. A more holistic approach is considered - one in which all the aspects of being human is addressed. The unique challenges of the South African context is discussed shortly and in conclusion the necessity of an "ethics of responsibility" is shown. Reflection on technology and disability is in the end reflection on life and the mysteries of life. Disability that reminds us of our limitations and shortcomings, also reminds us that life is not in our control and that a big part of living is an unsolvable riddle, a mystery.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Tegnologie en gestremdheid is twee gelade terme. Beide verwys na 'n omvangryke wêreld en potensiële probleme. Dit word duidelik in hierdie ondersoek wanneer beide terme omskryf word in die eerste afdeling, en die verskillende verstaansmoontlikhede van die terme uitgewys word. Waar die twee terme in verband met mekaar gebring word, ontstaan daar uiteindelik 'n hele string vrae en etiese probleme. In hierdie skripsie word daar spesifiek op hierdie vrae en etiese probleme, wat ontstaan uit die verhouding tussen tegnologie en gestremdheid, gefokus. Die ondersoek vind nie plaas vanuit 'n suiwer natuurwetenskaplike perspektief (mbt tegnologie) en/of mediese perspektief (mbt gestremdheid) nie, maar vanuit 'n filosofies-etiese perspektief. Om 'n filosofies-etiese perspektief te vorm, word die vraag gevra: moet tegnologie ongekwalifiseerd aanvaar word as iets wat altyd bydra tot die humanisering van die gestremdes? Meer spesifiek word dan ondersoek ingestel na die vraag: dra kogleêre inplantings by tot die humanisering van die dowe? Die vernaamste doel met hierdie ondersoek is dus om na te dink oor wat die rol van tegnologie in die lewe van gestremdes in die algemeen is en watter etiese kwessies dit oproep. Die problematiek rondom dowes en kogleêre inplantings gaan as 'n spesifieke voorbeeld bekyk word. Die begrippe tegnologie en gestremdheid word eers omskryf in die ondersoek. Die potensiële problematiek tussen die verhouding tussen die twee terme (en wêrelde) blyk reeds uit die afsonderlike bespreking van die terme. Die verhouding waarin tegnologie en gestremdheid tot mekaar staan word uitgelig deur sekere voorbeelde te noem, en dan word daar spesifiek op kogleêre inplantings gefokus. Die beperkings en problematiek van kogleêre inplantings as spesifieke tegnologie word duidelik wanneer dit binne die raamwerk van die vraag gestel word of dit 'n humaniserende verhouding is. Dit is duidelik dat tegnologie nie ongekwalifiseerd aanvaar kan word as iets wat altyd bydra tot die humanisering van die gestremdes nie. Die ondersoek beklemtoon uiteindelik dat gestremdheid veel meer behels as blote liggaamlike gebreke en dat die kompensasie daarvoor deur tegnologie nie altyd as humaniserend ervaar word nie. 'n Meer holistiese benadering word bepleit - een waarin alle fasette van die mens (gestremde) se behoeftes aangespreek word. Die unieke uitdagings wat dit inhou vir ons Suid-Afrikaanse konteks word kortliks bespreek en ten slotte word daar gewys op die noodsaaklikheid van 'n letiek van verantwoordelikheid'. Nadenke oor tegnologie en gestremdheid is uiteindelik nadenke oor die lewe en oor die geheimenisse daarvan. Gestremdheid wat ons herinner aan ons tekortkominge en beperkinge, herinner ons ook daaraan dat die lewe 'n misterie is.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52478
This item appears in the following collections: