Sprekers vir die digter : die personae by Horatius, Odes : boek 1
Date
2001-12
Authors
Grove, Chantal
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In his Odes, Horace pays particular attention not only to the subject in hand, but also
to the reader as his audience, or the addressee, who is usually mentioned at the
beginning of the poem. As this kind of communication draws the poet into his own
creation, it is useful to refer to him in that context, as the speaker. It is evident from
the manner of communication with the addressee that Horace conveys the message of
each poem not solely by means of statements, but by implying certain facts, through
this interaction between speaker and addressee. The specific addressee for each ode -
to whom the speaker's attitude is a reaction - is therefore chosen with great care, in
order to underline a specific subject or support a point of view. Just as each ode is
different, and contains a variety of differing emotions, Horace's speakers display a
myriad of different attitudes. His deeper sentiments do however remain constant.
This brings one to the realisation that Horace applies a number of "roles", in order to
obtain the desired effect in each poem. Eventually the interaction is not between the
speaker and the addressee, but between the poet and the reader.
Some of the poems do not give the names of addressees, only the roles Horace plays
as the speaker. These roles are termed personae, and represent the poet on a number
of realistic and super-realistic planes. In this study, a selection of personae was
analysed and the effects examined, in order to establish in what way the persona
might influence the interpretation of the poem. Initially a collective overview of
several personae was planned, for the purpose of a synthesis of those personae,
possibly leading to the discovery of a central Horatian persona. It was however,
found, in the complex perfection of his work, that that central person is Horace: the
poet.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In Horatius se Odes, gee hy dikwels spesifieke aandag nie net aan die onderwerp nie, maar ook aan die leser as sy gehoor, of die aangesproke persoon, wat dikwels in die begin van die gedig genoem word: Omdat so 'n kommunikasie die digter in sy eie skepping intrek, is dit sinvol om na hom in daardie konteks as die spreker te verwys. In die wyse waarop daar dan met die aangesprokene gekommunikeer word, word dit duidelik dat Horatius die boodskap van sy gedig nie slegs deur middel van stellings oordra nie, maar dat hy ook deur middel van die wisselwerking tussen die aangesprokene en die spreker, sekere feite impliseer. Die aangesproke persoon, waarop die spreker se houding dan'n reaksie is, word dus vir elke ode gekies om 'n sekere onderwerp of siening te ondersteun. Soos wat elke ode dus verskil, en'n verskeidenheid emosies bevat, verskil Horatius se houdings teenoor sy aangesprokenes drasties. Sy dieper oortuigings bly egter dieselfde. Dit lei die leser tot die besef dat Horatius 'n verskeidenheid "rolle" aanwend om in elke gedig die gewensde effek te verkry. Die werklike wisselwerking is nie tussen die spreker en die aangesprokene nie, maar tussen die digter en die leser. Sommige gedigte bevat geen name van aangesprokenes nie; slegs die rolle wat Horatius as die spreker gebruik. Hierdie rolle word personae genoem en verteenwoordig die digter op 'n aantal realistiese en bo-realistiese vlakke. Die effekte van 'n seleksie personae word in hierdie studie deur middel van analise ondersoek om vas te stel hoe die toepassing van die persona die interpretasie van die gedig beïnvloed. 'n Gesamentlike beskouing van 'n aantal digterlike personae is aanvanklik beplan, met die oog op 'n sintese van die personae, wat moontlik tot die ontdekking van 'n sentrale persona by Horatius sou kon lei. Daar is egter bevind dat die sentrale persoon wat in die komplekse perfeksie van sy werk self sit, dié is van Horatius as digter.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001.
Keywords
Horace -- Carmina, Horace -- Criticism and interpretation, Horace -- Characters, Horace -- Carmina -- Liber 1, Dissertations -- Latin literature, Theses -- Latin literature